Familie en vriende spanne kan ook inskryf om hierdie unieke geleentheid by te woon.
Lumenaria sakke sal te koop wees teen R10 per sak. Daar sal ook 'n Shavathon gehou word, spuitverf jou hare teen slegs R10.
Die RFL komitee versoek die publiek om leë plastiek 2L koeldrank bottels te bring na die bewusmaking, wat gebruik sal word tydens die lumenaria seremonie.
KANSA se opwindende deurnag gebeurtenis, Relay For Life, vind plaas op 17 & 18 Maart 2012.
Hierdie jaar sal die funksie gehou word by die Hoërskool Swartland se A-veld, i.p.v. die Malmesbury Skougronde.
Om spanne in te skryf of vir verdere inligting, kontak Herman Aucamp (RFL Voorsitter) by 0835199575, Hester Smit (KANSA) by 073 509 9221 of die KANSA kantoor by 0224821111.



