Vir die gewone ou, die man op straat, is die mense wat hemel toe gaan die goeie mense wat baie hard werk om daar te kom.
Dis min of meer met hierdie benadering dat ook die Jode na Jesus gekom het in Joh. 6 en Hom ‘n vraag gevra het. Hulle wat ‘n lang tradisie en agtergrond het van “doen godsdiens.” Dit was nét werke, en doen en heilige dae en gebooie van die môre tot die aand waarmee hulle opgevoed en groot gemaak is. As jy God wil behaag, moet jy die voorskrifte van die wet volmaak onderhou!
Sien die prentjie. Hier kom die Jode en vra vir Jesus hulle vraag (Joh. 6:28): “Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?” Hulle wou darem net honderd present seker maak by Jesus hulle is reg opgevoed en hulle werke sal hulle in die hemel bring. Maar o my aarde hier kry hulle ook ‘n blokhamer teen die kop, want hoor wat antwoord Jesus (Joh. 6:29): “Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.”
Glo! Net glo?! Nee, nee, nee, dit kan nie wees nie! Dis te maklik! Dit kan nie reg wees nie! Ons sweet moet tap en ons wil op ons tande kners om die hemel te maak! Ons wil dat aan ons lywe voel!
Kom ons kwalifiseer net hierdie “glo”. LW dit is nie net “glo” in enigiets nie. Dis glo in Hom, Jesus! Glo in Jesus! Glo in Jesus!Dis ‘n “glo” wat jou aangryp en Jesus omhels as die Enigste Verlosser! Die Een wat op die kruis jou plek geneem het! Wat die brug vir jou oorsteek van die aarde na die hemel! Dis ‘n “glo” wat jou so aangryp dat jy vanuit hierdie “glo” alles sal doen wat Hy van jou vra!
Glo jy ook só in Jesus?
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



