@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Wat gebeur wanneer jy sterwe?

02-god-van-baie-kanse
WAT GEBEUR WANNEER JY STERWE?
VRAAG:
Wat gebeur wanneer ‘n mens sterwe? Waar gaan jy heen en wat word van jou siel? Ek soek net ‘n kort antwoord.

ANTWOORD:

Job 19:25 – “Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.”

God sal die laaste sê, sê oor elke mens wat stof is. Ook vir my en jou kom daar ‘n dag. God is die Regter van die ganse aarde.

Die wat in Christus sterf se gees en siel (innerlike mens of jou geestelike deel) gaan dadelik hemel toe (Fil. 1:21, 23) om daar te wag vir die dag waarvan 1 Thess. 4:16 praat wanneer “Jesus Self van die hemel sal neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het sal eerste opstaan.”

Christus sal dan die geeste van die ontslape heiliges saam bring en hulle word hier op aarde herenig met die reste van die liggaam wat oorgebly het en kry ‘n verheerlikte liggaam. Of iemand nou begrawe, veras of in die see verdrink het of deur ‘n leeu opgevreet is; iewers is daardie materie wat nie vernietig kan word nie. Die verheerlikte liggaam sal iets soortgelyk wees van die opstandingsliggaam van Jesus.

1 Thess. 4:17 – “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”

Maar as iemand volhard in die sonde en weier om Jesus aan te neem as sy of haar persoonlike Saligmaker, waar Hy jou sal was met Sy bloed van sondesmet en Sy Gees jou sal wederbaar tot ‘n nuwe skepsel, sterf die mens ongered en gaan die geestelike deel na die doderyk (na die kant van die ongereddes – Luk. 16:23). Daardie persoon sal nie opstaan wanneer Jesus gaan kom op die wolke vir Sy bruidsheiliges nie. Open. 20:5 sê: ”En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig is nie.”

Daarna sal hierdie persone verskyn voor die Groot Wit Troon vir die eindoordeel (Open. 20:11). Open 20:15 verklaar: “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.” Dit is die hel.

Kom na Jesus! Neem Hom aan! Gee jou hart vir Jesus, nog vandag!

GEBED (Oorgawe)

Here Jesus ek bepaal my keuse op U as my Redder. Vergewe al my sonde. Kom woon op die troon van my hart deur U Gees! Amen!

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Wat gebeur wanneer jy sterwe?
schoemans-chartered-accountants die-courant