@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Waarheen? (2)

02-god-van-baie-kanse
WAARHEEN? (2)
Te wees soos Jesus,
Te wees soos Hy.
Ek verlang te wees soos Hy.

So rein en heilig,

So sag en ned’rig.

Ek verlang te wees soos Hy.

Ek glo as gelowige, hou jy ook van die woorde van bogenoemde lied. Maar snaaks, wanneer die Here begin werk in ons lewens en veral wanneer Hy Sy agente stuur en gebruik om hierdie doel in ons lewens te bereik, dan skop ons ‘n vreeslike bohaai op en steek ons viervoetig vas.

Kom ons skep die scenario: Jy is getroud en daar is drie kinders in die huis. Jou skoonma bly ook saam met julle. Toe jy die woordjie “skoonma” lees, toe weet jy hier kom ‘n ding: Ja, sy meng in in jou huwelik, sy kritiseer jou vrou / man en vind fout met die opvoeding van die kinders. Met die gevolg, daar is gedurig konflik en argumente. Jy voel as hulle maar net:

  • Die Here wou dien soos jy;
  • Sag en inskiklik wou wees soos jy;
  • Verdraagsaam wou wees soos jy - dan sou dit soveel makliker gegaan het in die huis.

Wat doen ons? Ons plaas die blaam vir die ongelukkigheid in die huis totaal en al op die skouers van die ander – dis hulle skuld. Ons vra selfs vir mede-gelowiges om saam te bid dat die Here tog vir skoonma en die moeilike vrou / man sal verander.

Soveel kere gaan ons gebede rondom die “moeilike mense” in ons lewe: Húlle moet verander sodat húlle dit vir mý makliker kan maak. Nooit sal ek vir een oomblik daaraan dink:

  • Dat dit dalk ék is wat moet verander!
  • Die Here is besig om vir skoonma en my moeilike vrou / man te gebruik as Sy werktuie om mý te skaaf en te skuur sodat ék kan word soos die lied hier bo se woorde lui.

GEBED:

Ag Here, hoe swaar dit ook al mag wees; gebruik net wie U wil om my aan U beeldnis gelykvormig te maak. Amen!

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.  Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

Dierbare Vriende

Hierdie is my laaste skrywe van die jaar. Ons gaan so twee weke rus (probeer) voordat ons weer met nuwe ywer inval.

Mag jou tyd met familie en vriende baie kosbaar wees tydens die Feesgety.

Mag die Here oor jou waak ooreenkomstig Sy belofte!

Piet Smit

You are here: Church Waarheen? (2)
schoemans-chartered-accountants die-courant