@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Waaaaar is die manne

02-god-van-baie-kanse
WAAAAAR IS DIE MANNE?
Seker tien keer moes ek die afgelope week hoor hoe lamsakkig en afwesig die manne in hulle huise is as dit kom by die geestelike dinge.

As die vrou nie voorloop en die huisgesin aanmoedig om die Here te dien nie, sal daar niks gebeur nie. Sý moet die kinders by die kerk op ‘n Sondag kry en by die kerk se Jeugaktiwiteite besorg.

Maar vir my is die ergste dat die ongeestelike man sy toegewyde vrou verbied om geestelike byeenkomste by te woon.

o   “Ek brand om die aanddienste by te woon. Maar daar is ‘n bul by die huis. Kom ek na die kerkdiens by die huis, dan wil die bul stoot en is al die seën daarmee heen.”

o   “Ek kan nie dat my vrou julle dienste bywoon nie, want dan weet ek sal sy daar wil bly en ek kan mos nie dit toe laat nie. So, ek verbied haar om na julle dienste te gaan.”

HOND IN DIE VOERKRIP

Dis nou wat ek noem; hond in die voer krip. Die hond kan nie die voer eet en geniet wat in die krip lê nie. Maar nou knor hy vir die perd wat nader staan om dit te vreet.

Die Here roep die man op om die priester in die huis te wees. Wat beteken:

o   Die man is in sy huis soos die predikant in die gemeente.

o   Hy is verantwoordelik vir die geestelike heil en versorging van sy gesin.

o   Hy trek die Bybel nader om na ete vir sy gesin daaruit te lees.

o   Hy bid en waak oor sy gesin en stel in alles die voorbeeld.

o   Hy roep die gesin byeen en herinner hulle dat Sondagmôre begin die kerk om 09:30 en om 09:00 is almal reg om te ry. Slapenstyd is 22:30 Saterdagaand sodat almal die volgende oggend vars is vir kerk.

o   As iemand in die gesin siek is, kom hy as hoof van die gesin en bid vir die sieke. Hy salf sy vrou met olie en lê vir haar die hande op (Jak. 5:14). (As ek by hierdie gedeelte kom in voorhuwelikse berading, kan ek sien die dametjie wens eintlik sy kan sommer siek word, dat haar toekomende man vir haar kan kom bid.)

Hoe trots kan ‘n pa voel as sy dogter vir hom kom sê: “Pappa, soveel maatjies by die skool kom sê vir my dat hulle wens hulle het so ‘n pa soos Pappa gehad, wat vir hulle van die Bybel leer.”

MANNE BID ASB.

Here, maak my ‘n man wat in my huis kan voorloop as dit by die geestelike dinge kom, want U hou my daarvoor verantwoordelik. Amen.

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Waaaaar is die manne
schoemans-chartered-accountants die-courant