(‘n Jongman aan tik verslaaf, worstel met vrae in sy hart. Ek is gevra om die rol van die engel Gabriël te speel en daarop te antwoord.)
1. Wat het my besiel om dit te doen?
Almal op hierdie aarde vra hierdie vraag een of ander tyd as hulle droog gemaak het. Dit wys net, spyt kom altyd te laat!
2. Hoekom met my, want dis nie hoe my ouers my groot gemaak het nie?
Jou ouers het jou goed groot gemaak, maar dis jý wat ‘n bose besluit geneem het om af te wyk van jou ouers se voorbeeld en goeie opvoeding.
3. Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?
Die Bybel sê (Gal. 6:9): “Wat jy saai, sal jy maai.” Jy het gesaai toe jy die tik begin gebruik het en nou maai jy eenvoudig die gevolge.
4. Sielkundiges sê dis my ouers se skuld. Wie kan mens deesdae glo?
Jy moet besef alle mense is onvolmaak. Dus, kan jy niemand glo nie. Jy kan nét mense glo, wanneer hulle in ooreenstemming met die Bybel praat. Slegs die Bybel is God se waarheid. In jou geval, sal jy eendag voor God alleen staan en sal jou ouers nie vir jou rekenskap gee oor jou gebruik van tik nie.
5. Hoe kan dit verkeerd wees, dis dan so lekker?
Lekker maak nie dat dinge noodwendig reg is nie. Die duiwel maak dat sonde gewoonlik baie lekker lyk en is. Maar op die ou end bring dit die dood van die hel mee. Spr. 14:12 – “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” Dis dalk vir ‘n oomblik lekker, maar mediese feite bewys dat dit jou liggaam aftakel tot die punt dat jy ‘n vroeë dood sal sterf.
6. Ek kan dit hanteer. Ek het niemand se hulp nodig nie.
Dis maar net ‘n manier van praat en dink om jou self te regverdig en aan te hou met die verkeerde. Die feite is: As jy nie dringend hulp kry nie, gaan jou hele lewe en toekoms daarmee heen wees. Jy kan jouself nie help om uit die wurggreep van tik te kom nie.
7. Daar is niks fout met my nie. Los my uit.
Met jou as mens is daar nie fout nie. God het jou mooi en goed geskape, maar die tik maak jou lelik.
GEBED
Here, wees genadig oor elkeen wat worstel met ‘n afhanklikheids probleem. Breek die bande wat hulle bind in Jesus Naam! Amen!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook
VRAE EN ANTWOORDE DEUR ENGEL GABRIËL (2)
(‘n Jongman aan tik verslaaf, worstel met vrae in sy hart. Ek is gevra om die rol van die engel Gabriël te speel en daarop te antwoord.)
8. My ouers verdien nie dit nie. Hoekom het jy my gekies?
Voorwaar, jou ouers verdien dit nie. Die duiwel kies almal maar hy slaag net met hulle wat vir hom “ja” sê.
9. Hoe kan dit my lewe opmors?
Deur aan te hou om tik of ander verdowingsmiddels te gebruik en jou hart toe te sluit vir die Here Jesus.
10. Hoe gaan ek ooit weer normaal aanpas in die samelewing?
Begin om na ‘n klein omgee groepie te gaan soos jou kerk se Selgroepe of die CAD (Christelike Afhanklikheid Diens) en op klein skaal weer opgeneem te word in die samelewing.
11. Wat gaan die mense van my dink?
Dis belangriker om te vra: “Wat gaan God van my dink?” Dus, reik uit na die Here en vergeet eers van die mense.
12. Gaan ek nog vriende hê?
Daar is baie ander soos jy in soortgelyke omstandighede, wat jou vriende sal wil wees. Maar benewens hulle is daar opregte Christene wat graag jou vriende sal wil wees soos by die Selgroep of die CAD.
13. Gaan mense na aan my, my kan vergewe?
God se vergifnis is in die eerste plek belangriker, maar die mense sal jou ook vergewe as daar by jou ware berou en omkeer is.
14. Hoe gaan ek weer ‘n normale gesprek voer met mense?
Wanneer jy ingeskakel is by ‘n klein groep, sal jy vinnig weer leer om met mense normaal te gesels.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



