@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Volg Hulle Voorbeeld

02-god-van-baie-kanse

VOLG HULLE VOORBEELD

Bevind jy jou in ‘n uiters benarde toestand? Dis al vir weke wat jy gebuk gaan onder hierdie las en jy weet nie herwaarts of derwaarts nie. Jy het al omtrent alles probeer om uit die ding te kom, maar voorwaar, daar kom nie beterskap nie. Vanuit ‘n menslike oogpunt is daar ook nie ‘n uitkoms nie.

Jy voel jy kan werklik nie meer nie. Jy’s by daardie plek waar Dawid was toe hy na God geroep het en dringend gesmeek het (Ps. 22:20): “Maak tog gou om my te help!want anders weet jy nie so mooi nie. Nog 4 ander plekke bid hy omtrent dieselfde woorde:

  • Ps. 38:23 – “Maak tog gou om my te help, Here, my heil!”
  • Ps. 40:14 – “Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!”
  • Ps. 70:2 – “o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help!”
  • Ps. 71:12 – “o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!”

Met rûe stukkend geslaan met stokke. Moeg en uitgeput na gees siel en liggaam, sit Paulus en sy medearbeider in die gevangenis in die tronk van Filippi (Hand. 16:23-40). Daar is geen manier hoe hulle daar kan uitkom nie. Ver van hulle landsgenote. Hulle het geen ambassadeur om hulle saak by die owerheid te bepleit en geen kommunikasie met die buitewêreld nie.

Maar wat doen hulle? Hand. 16:25 – “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.” Toe dinge op sy ergste was met geen uitkoms, toe begin hulle God te prys en te eer met lofliedere so wat hulle kan. Dis darem geloof en oorgawe aan God! Sien jý kans om dit te doen?

Maar die gevolge is wat ons lees in Hand. 16:26 – “En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.” Selfs die mede gevangenes se boeie het los gegaan, wat wil sê dat Paulus en Silas het met sulke oorgawe gesing en God geprys dat ook hulle was aangeraak!

As dit vir jou voel jy is ook in ‘n gevangenis met jou probleme, doen dan presies dieselfde was wat die twee gelowige prisoniers in Hand. 16 gedoen het. Met dieselfde passie en oorgawe en begeerte om God groot te maak, prys jou God! Prys Hom dat Hy groter is as jou probleem. Prys Hom in geloof dat Hy is wat Hy is en kan doen wat die Woord sê Hy kan doen. 

Ook Dawid kon aan die einde sê (2 Sa 22:1): “En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande.”

Jy het nou die resep. Nou net: Doen!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Volg Hulle Voorbeeld
schoemans-chartered-accountants die-courant