Daar is min dinge so wonderlik op hierdie aarde vir enige mens as om te kom by daardie plekkie waarvan Paulus praat in Fil. 4:11
Agab, het alles wat sy hart kan begeer: Koningskap, rykdom, die eer en die mag wat die troon posisie hom bied. Sy eie landerye en wingerde moes seker dié van Nabot, by vere oortref het. Maar tog is daar, daardie één ding wat hy naarstiglik begeer nl. die wingerd van Nabot wat teenaan sy paleis lê (1 Kon. 21: 1). Hy het al vir Nabot aanbiedinge gemaak: ‘n Beter wingerd of die koopprys in silwer (vers 2). Maar Nabot hou eenvoudig vol dat hy nie sy erfdeel mag afstaan nie.
Die onvergenoegdheid van daardie één ding wat Agab nie kan bekom nie pynig en grief hom so, dat hy voel hy kan iets oorkom ...Moontlik bevind jy jou ook vandag in ‘n soortgelyke situasie. Jy is onvergenoegd met jou omstandighede ... Dit mag wees dat jy ook ‘n “één ding” het, wat jy begeer, wat buite jou bereik is. Jy verknies jou daaroor vele kere en dit maak jou hele lewe diep ongelukkig.
Dink daaraan; Paulus is tevrede in ‘n tronk en Agab is onvergenoegd in die paleis. Agab, het alle denkbare aardse dinge en tog is hy diep ongelukkig. Paulus, het omtrent geen aardse besittings nie, en tog is hy gelukkig. Maar wat hy wel het (Agab nie), is die Here Jesus as Sy Redder! En Hý is die grootste Faktor in sy hele lewe en bestaan. Dis ál wat vir hom regtig saak maak. Nie wingerde, grond, silwer of erfporsies nie. Hy praat en dink nie in sulke terme nie en hy is baie gelukkig! In sy Filippense brief wat ook vanuit die tronk van Rome geskryf is, praat hy 14 keer van blydskap! Jy sien, aardse rykdom bepaal nie ons blydskap of tevredenheid nie.My en jou blydskap en vergenoegdheid lê net in één Persoon nl. die Here Jesus Christus. Om Hom te ken (Fil. 3:10)! Daarom, kyk doelbewus weg van die “een begeerlike ding” op aarde en kyk doelbewus na “die heerlikheid van onse Here Jesus Christus” (2 Thess. 2:14)!!!
Hy bied my verlossing, hoe goed is die Heer ...Hy bied my genesing, hoe goed is die Heer ...
Ja, nooit sal ek vergeet hoe goed is Hy vir my!
GEBED
Here Jesus, verlos my van aardse begeerlikhede wat tog net tydelik is en versadig my met Uself!
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



