Gen. 40:23 – “En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.”
‘n Mens voel sommer om jou te vererg vir die voorman van die skinkers wat uit die tronk gelaat is en toe van Josef vergeet het. In die tronk het Josef sy droom uitgelê toe hy baie bekommerd was nadat hy die nag ‘n ontstellende droom gehad het.
DRIE GEDAGTES
Josef Was Sensitief
Josef was sensitief genoeg vir ander se nood selfs terwyl hy al vir 11 jaar onskuldig in die tronk was en gesmag het om vrygelaat te word. Maar hy sien ander se nood raak ondanks sy eie ongelukkige omstandighede.
Laat ons ook sensitief wees vir ander se innerlike nood, seer, behoeftes en ongelukkigheid. Al het ons self behoefte aan troos en bemoediging.Ons Vergeet Ander Se Nood Sodra Dit Met Ons Goed Gaan
Ons vergeet tog so gou ander se nood en stryd wanneer dit met ons goed gaan. Daar is ‘n stuk vleeslike selfsug in die hart van die mens, en dit maak dat mense normaalweg net aan hulle eie behoeftes dink en die nood van ander vergeet. Mense sê maklik:
- “As ek ooit weer werk kry, sal ek verseker nie ander sommer so leë hand wegstuur wat nie het nie.”
- “As ek eendag ‘n huis het, sal my deur altyd vir almal en alles oopstaan.”
Ons Vergeet Die Here
Ons veroordeel die voorman van die skinkers se ondankbaarheid teenoor Josef nadat hy hom so mooi in die tronk bedien het. Maar doen ons nie maar dieselfde teenoor die Here nie. Ons vergeet dikwels hoedat Jesus vir ons op die kruishout gesterf het en met Sy bloed vir ons sonde betaal het en swig voor versoekinge ...
Vergeet my siel dan nooit die Here, want nooit vergeet die Here my!Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272



