In Deut. 8 waar die volk Israel deur Moses toegespreek word op die vooraand van hulle intog in Kanaän, word die woord “vergeet” drie keer genoem. Die Here waarsku hulle deur Sy spreekbuis Moses, om nie die Here te vergeet nie:
- Vers 11 – “Neem jou in ag dat jy die Here jou God nie vergeet ...”
- Vers 14 – “Dat jy nie die Here jou God vergeet ...”
- Vers 19 – “Maar as jy nogtans die Here jou God vergeet ...”
As ons verder lees, dan sien ons wat sê die Here sal die gevolge wees wanneer Israel in hul land kom en hulle, hulle God vergeet:
- Vers 17 – “En jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.”
Dis so aan die orde van die dag, dat mense vergeet dat die Here hulle gebring het waar hulle is. Dat dit die Here is wat hulle gebede verhoor het en hulle aan alles gehelp het wat hulle in die lewe bereik het.
Dis baie sleg as ‘n mens jou self op die skouer begin klop en dink dat dit jý is wat so “grand” en so wonderlik was wat hoogtes bereik het. Gee God altyd al die eer, en Hy sal jou in oorwinning hou!Vers 19 – “En agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig”
In moderne terme: Die Here en die dinge van die Here is later nie meer so belangrik nie. Ander dinge kom in die plek van die Here en Sy dinge. Die dag van die Here is nie meer so belangrik nie. In plaas daarvan dat mense die samekomste onderhou, word dit die sport dag, die uitry dag, die ontspannings dag en ‘n gewone werksdag. Vergete is die Here, wat jou gebring het waar jy is en beskik het wat jy verwerf het. (Toets u eie hart of dit dalk die toestand is waarin jou jouself bevind.)
Maar wat sê die Here, hoe kan ons voorkom dat ons vergeet en dat ons wegdrywe van die Here met aaklige gevolge ...?DINK VOORTDUREND AAN DIE HERE
- Vers 2 – “En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou ... gelei het.”
- Vers 18 – “Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe.”
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it



