(Chris Huisamen)
1. Dit was aand en dit was more die sesde dag
Adam het nog op sy vrou gewag
Toe vind hy dat sy een ribbebeen kort
Hy soek toe hier en hy soek toe daar
Totdat hy iemand in die tuin gewaar
Dit is ‘n vrou!, mooi lank en skraal
Hy herken sy rib en hy gaan haar haal
2. Solank hulle nog kaal kon loop was alles reg
Want klere was skaarse en dure goed
Totdat die slang eendag vir Eva bel
En vir haar; ‘n ander storie vertel
Van die boom van Kennis van Goed en Kwaad
En hoe die vrug, haar lewe sou baat
Sy moet net sorg dat Adam genoeg daarvan eet
Sodat hy ook van al die nuwe dinge kan weet
3. Dit was ook nie lank nie, of Eva se klerekas was vol,
Vyeblare, slangvelle en truie van wol,
Van toe af moes Adam die tuin bewerk,
Want Sondae gaan hulle saam na die Kerk
Eva in haar beste en duurste rok
Wat Adam natuurlik voor op moes dok
Kain en Abel moes velbroeke dra
Want Pep Stores was mos toe nog nie daar nie
4. Maar al die humor nou agterweë gelaat
Die goed word al minder en al meer die kwaad
Die mens se siel die gaan ten gronde
Van al die boosheid en die sonde
Maar uit liefde het God ‘n plan gemaak
Hy stuur Sy Seun vir hierdie taak
Uit die maagd Maria, geseënde vrou,
Word die verlosser gebore vir my en vir jou
5. Die eerste Adam was ‘n lewende siel geweesDie tweede Adam ‘n lewenmakende Gees
Die eerste Adam het maar net sy rib verloor
Die tweede Adam was met spykers deurboor
Sy liggaam deur die kats geskeur
Sy moeder wat dit diep betreur
So het hy met Sy bloed betaal
Terwyl hy sterf aan ‘n folterpaal
6. Helaas! ‘n dure prys was op Golgota betaal
Ons sonde en krankhede op die kruis vasgenael
Die voorhangsel het in twee geskeur
Die Heiligdom, word nou ‘n ope deur
Sy laaste woorde; “Dit is volbring”
Het deur die duisternis gedring
Die dood en graf, kon Hom nie hou
Hy’t opgestaan vir my en vir jou
7. O! Vader, kom reinig my duistere gemoed
Kom was my in U Seun se Bloed
Ek kniel hier voor U nederig neer
Om my van sonde te bekeer
Kom neem nou my gedagtes gevange
Kom luister na my smeking en lofsange
Wil U my gees met U Woord verryk
Om siele te wen vir U Koninkryk
Piet Smit073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



