@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Twee eienskappe wat God verlang

02-god-van-baie-kanse
TWEE EIENSKAPPE WAT GOD VERLANG
God het twee eienskappe by Sy volk gesoek in die dae van Jeremia:
ERKENTLIKHEID
Jer. 2:6 – “En hulle het nie gesê nie: Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ‘n land van wildernis en kuile, in ‘n land van droogte en doodskaduwee, in ‘n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?”

Die Here wou so graag hê dat Sy volk sou erken dat dit Hý was wat hulle deur die lang reis deur die woestyn gelei het en in hulle behoeftes voorsien het. Maar hulle het dit nie gedoen nie. Inteendeel hulle het gedoen wat Jer. 2:5 sê: “Hulle het ver van die Here afgewyk en agter nietige afgode aan geloop.” Met die gevolge sê die Woord dat hulle “self nietig geword het.”

Hoe is dit met jou gesteld? Wanneer jy iets bereik het, gee jy erkenning aan die Here deur dit hardop te bely of dit prontuit vir ander te vertel:

  • “O, die Here is so goed! Kyk net hoe het die Here my gehelp!”
  • “Kyk net hoe het die Here my geseën!”
  • “Dis nét die Here, Hy kry ál die eer.”
Of bly jy net stil en spreek geen erkentlikheid teenoor die Here uit nie. Jy dink in jou hart: “Kyk net hoe wonderlik is ek! Ek is darem maar slim. Ek wil dit nou nie so hardop sê nie, maar as dit nie vir mý was nie ...”

DANKBAARHEID

Jer 2:7 – “En Ek het julle gebring in ‘n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis ‘n gruwel gemaak.”

Nadat die Here Sy volk Israel in die beloofde land ingebring het, sou ‘n mens verwag dat daar ten minste dankbaarheid en waardering in hulle hart sou wees. Dat hulle sou raaksien al die mooi dinge waarin God hulle ingelaat het. Maar helaas, geen dankbaarheid. Alles is maar net vanselfsprekend aanvaar. God is nie gedank nie!

As jy die Here se hart wil roer in hierdie dag, gee erkenning aan die Here se goedheid vir elke klein dingetjie en dank Hom die heeldag deur:

Daarom wil, ek U nou eer

U lof besing o Heer.

Verewig aan U Sy,

O Heer, ek kan dit nie beter kry!

Piet Smit

073 447 2902

(K) 022-4872200

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Twee eienskappe wat God verlang
schoemans-chartered-accountants die-courant