@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Sondeval en God se voorkennis

02-god-van-baie-kanse
SONDEVAL EN GOD SE VOORKENNIS
VRAAG:
As die Here dan ook alles weet wat in die verre toekoms gaan gebeur, sou die Here ook die dag toe hy vir Adam gemaak het, geweet het dat Adam Hom gaan teleurstel.

Toe Hy gesê het moenie van die vrug eet nie, het Hy dan geweet hulle gaan dit eet? Die Here weet dan ook elke dag as Hy 'n sondaar skape, dat hulle voorland die hel sal wees ... So asof Hy 'n persoon skape om hel toe gaan ... dit kan mos nie wees nie!!!

ANTWOORD:

Die Here is almagtig, alwetend en alomteenwoordig. God kan nie verras of onkant gevang word deur enigiets nie. Dus, was die Here nie verras deur die sondeval nie. Hy moes dit geweet het en het reeds sy reddingsplan in plek gehad. Ons lees iets daarvan in:

Ps. 2:7 – “Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.”

Ps. 2:8 – “Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.”

Omdat God alwetend is, het Hy wat ons noem, voorkennis. D.w.s Hy staan aan die begin van die skepping en kyk dwarsdeur die ganse geskiedenis / toekoms gebeure tot aan die einde. Hy weet van elkeen se besluit vír Jesus of selfs téén Jesus.

Maar Sy voorkennis beïnvloed nie die mens as individu se keuse vír of téén Christus nie. Dit het niks te make met mense wat self ‘n keuse uitoefen nie. Nee, die mens het ‘n vrye keuse en hy kies self of hy die kruisboodskap sal aanneem of verwerp.

  • Josia het die volk van Israel voor ‘n keuse gestel: Jos 24:15 – “Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ... maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”
  • Elia het ‘n soortgelyk keuse aan die volk gestel: 1Kon. 18:21 – “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.”

Die Here se Gees help die mens daarin om die goeie nuus van Jesus se koms en versoeningsdood aan te neem (Joh. 16:8). Dus, die persoon wat dit nie kies nie sit homself as’t ware teë vir God se groot liefdesaanbod in Christus. Hy of sy kies dus self om verlore te gaan.

GEBED

Here, U het die wêreld so lief gehad dat U vir Jesus gestuur het, om in die gevalle mens se plek te kom sterf. Mag U deur die Heilige Gees werking voortgaan om elke mens te oortuig om te kom na die kruis en U Seun aan te neem as die enigste weg tot redding. Amen.

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Sondeval en God se voorkennis
schoemans-chartered-accountants die-courant