@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Sodat jy ook kan weet

02-god-van-baie-kanse
SODAT JY OOK KAN WEET
Daar is die eeue oue vraag wat deur die meeste, indien nie alle mense in die beskaafde wêreld, gevra word: Waar het die seuns van Adam en Eva vroue gekry? Ek onthou dat ek ook dié vraag vir die dominee gevra het as skoolseun toe ons deur die katkisasie klasse gegaan het. ‘n Bevredigende antwoord het my maar altyd uitgebly.

MOONTLIKE OPLOSSING  

Dalk het God nóg mense op die aarde iewers geskape behalwe vir Adam en Eva en ook ‘n geslag uit hulle begin en het die twee groep later by mekaar uit gekom. Die antwoord op dié moontlikheid, lees ons in Hand. 17:26 – “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon.” So, dis baie duidelik dat ons is almal familie op hierdie aarde van mekaar van Adam se kant af. Niemand se bloed is slegter of beter as ‘n ander. God tref net een onderskeid tussen mense en dis op ‘n geestelike vlak. Voor God is jy òf ‘n gelowige òf ‘n ongelowige. Jy’s òf gered òf ongered. Mal. 3:18 – “Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.”

BAKEN

  • Gen. 5:3 – “Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek ... en hom Set genoem.”
  • Gen. 5:4 – “En hy (Adam het seuns en dogters gehad.”
Vers 4 is ‘n baken waaruit ons baie afleidinge kan maak. Vir die eerste keer hoor ons dat daar ook dogters was van die eerste mensepaar. Maar slegs die seuns se name word genoem in die Bybel sodat na 130 jaar daar slegs 3 name is: Kain, Abel en Set. Hoekom so min? Ons moet onthou dat die Bybel stel veral belang in die bloedlyn van Christus en daarom word ander name nie genoem nie.

Nog ‘n baken voordat ons afleidinge gaan maak is Gen. 1:28 – “En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde,” Hierdie eerste mense van Genesis was hoogs vrugbare mense met sterk stamselle. Hulle sou kon aanteel soos konyntjies; selfs tweelinge en vierlinge ...

GEVOLGTREKKING
  • Adam en Eva kan onmoontlik die opdrag gehad het om vrugbaar te wees en na 130 jaar net drie kinders gehad het. Daar moes al baie gewees het.
  • Dake’s Kommentaar maak die stelling dat na 130 jaar daar al maklik 500 000 mense op aarde kon wees.
  • Hulle moes dus met mekaar getrou het. Voor die wet, was daar geen beperkinge op ondertrou nie. Eers in Lev. 18 met die koms van die wet lees ons van hierdie beperkinge. So bv. stuur Abraham vir sy dienskneg om vir seun Isak ‘n vrou te gaan soek uit sy eie familie (Gen. 24:3,4). Ook Isak  gee aan sy seun Jakob dieselfde opdrag (Gen. 28:1, 2):  Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie. … gaan haal vir jou … ‘n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.”
TEKSTE WAT DUI OP BAIE MENSE
  • In Gen. 4:14 sê Kain: Elkeen wat my kry sal my doodslaan.” Hy verwys na die baie mense wat reeds op die aarde is benewens Adam en Eva (sy broer Abel is nou dood).
  • Ons lees in Gen. 4:16 dat Kain gaan woon het aan die ooste kant van Eden. Vers 17: “En Kain het sy vrou beken.” Nie gekry! “Beken” beteken; seksuele gemeenskap. Hy het dus reeds ‘n vrou gehad. Daar is nou ‘n kind verwek.
  • Gen. 4:17(b) – “Daarna bou hy ‘n stad ...” ‘n Stad is groter as ‘n dorp en spreek van baie mense.
God se Woord is wonderlik, al die antwoorde is daar! Buig jou hart voor die God van die Woord!

Piet Smit

073 447 2902

(K) 022-4872200

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

 

You are here: Church Sodat jy ook kan weet
schoemans-chartered-accountants die-courant