VRAAG:
Hoe eg is die skyndode wat vele deesdae beleef en dan beweer hulle was in die hemel of in die hel?
Almal wat die skynbare ondervindinge gehad het se verhale en getuienis verskil van mekaar, wat klaar vir jou iets sê van die betroubaarheid daarvan. Almal het gewoonlik ‘n storie van ‘n tonnel waardeur hulle gaan en dan kom daar lig. Maar daarna verskil almal se stories oor hoe die hemel of die hel werklik lyk. Ek dink dis bloot hallusinasies (die meeste) wat die mense sien en dit dan later oorvertel en meen dit was ‘n werklikheid.
Daniël (Dan. 12:4) en Paulus (2 Kor. 12:4) en Johannes (Open. 10:4) moes van die goed wat hulle gesien het, geheim hou. Maar hierdie mense hardloop onmiddellik na die media en blaas dit op of skryf ‘n boek en probeer geld daaruit maak.
Hoekom sal die Here dan hierdie goed net vir seker mense wys en dan wil hulle geld daaruit maak? Hoekom sal die Here net seker mense so voortrek?
Die Bybel is genoegsaam vir ons en niks meer is nodig nie. Ek lees in Luk. 16: 29, 31 waar Abraham die ryk man antwoord: “Hulle het Moses en die Profete; (d.w.s. die Ou Testament – vir ons vandag beteken dit, die hele Bybel) laat hulle na dié luister. As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word, al sou iemand uit die dode opstaan.”
Daar het ons dit; nét die Woord en niks meer nie! Soveel het deur die jare gekom en beweer dat hulle eg is en dan later moes ons uitvind hulle is vals (1 Joh. 4:1). Ons kan nie mense se woorde en ervaringe bokant die Woord van God stel nie.
Ek persoonlik glo weinig van die skyndode wat mense gehad het en dan beweer dat hulle was in die hel of in die hemel.
So terloops, daar is nog niemand in die hel nie. Die goddelose dode gaan op hierdie stadium na die doderyk na die ongeredde kant (Luk.16:23). Eers later by die Groot Wit Troon Oordeel sal die goddelose in die hel gewerp word (Open. 20:11-15).
GEBED
Here ek glo U Woord. U Woord leer my daar is lewe aan die anderkant. U Woord leer my dat ek my in hierdie lewe tot U moet bekeer. Daarom buig ek my hart voor U, die lewende God en verklaar ek dat die bloed van Jesus Christus koop my en was my en maak my U eiendom! Amen!
PietSmit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



