@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Simone Mulder

05-simone-mulder
Liewe familie-maatjies in Jesus

Dit is met 'n baie seer hart dat ek hierdie briefie vandag skryf. My vriend Petrus het vandag seker die ergste nuus wat 'n ouer kan ontvang gekry. Na Simoné se operasie bietjie meer as 'n week gelede het hy vanoggend die laaste uitslag waarvoor gewag is ontvang. Drie gewasse is uit haar linker long gehaal.

Al drie kanker. 'n Gewas op haar linkerblad wat binne 'n maand in grootte vervierdubbel het, is toe ook kanker - nadat hulle gedink het dit is nie. Die Dr het vanoggend erken hulle staan met hul rug teen die muur. Geen behandeling kan meer gedoen word nie. Elke ses weke 'n scan en dan moontlik, soos met die vorige vier scans wat drie maandeliks gedoen is 'n operasie wat volg. Die klein maer lyfie is reeds so opgesny.

Simonétjie is die moedigste, borrelendste maar ook "diepste" sewentienjarige wat ek ken. Stil stil gaan sy om en maak 'n verskil. "Ek sal nie moed opgee nie tannie ek wil vir ander wat nie so sterk is nie moed
gee".

Vir bietjie meer as twee jaar nadat Simoné se kanker teruggekeer het en sy haar mamma ook verloor het agv kanker, veg sy, leef sy, oorleef sy. Behalwe vir Jesus wat haar Hoop is, is Petrus die een persoon aan wie sy vasklou vir moed, vir ondersteuning, vir liefde (soos ek nog nooit tussen 'n pappa en sy dogter gesien het nie), vir oorlewing, vir koestering. Petrus se lewe het gaan stil staan. Sodra hy dink hy kan dit hervat is die volgende gewasse en operasies daar. Hierdie twee mense het ons nodig. Het ons gebede nodig. Het die liefde wat ons van ons Verlosser ontvang het, nodig soos nog nooit tevore nie.

Baie mense om ons leef met kanker. Baie mense om ons se omstandighede is baie sleg. Baie mense om ons, jy is dalk een van hulle, kry finansiël swaar agv die ekonomie. Maar help my asseblief om in hierdie twee mense se lewens 'n verskil te maak. So baie van julle het betrokke gebly en bly ondersteun die afgelope twee jaar, so baie dankies kom julle toe. Maar alle eer kom eerste ons Vader toe vir Sy genade in elkeen van ons lewens ook in die van Simoné en Petrus.

Wat vra ek nou eintlik?

1. Eerstens en die heel belangrikste dat elkeen wat hierdie mail ontvang vir Simoné, Petrus en Cornette ( Simoné se ouer sus wat binnekort beide haar boste sal verloor ook agv kanker) op julle gebedslysie sal sit en werklik vir hulle sal intree by ons Hemelse Vader. Saam met my ons Vader sal herrinner aan Sy beloftes maar ook sal vra vir Sy volmaakte wil en krag vir hierdie gesin. Daagliks doen ons Vader wonderwerke in mense se lewens - vertrou saam met my vir 'n wonderwerk in hierdie mense sin.

2. Petrus se selnr is 076 795 2438 - stuur vir hom 'n bemoedigende sms dat hy weet dat mense nog omgee. Dat hy Jesus se liefde kan ervaar deur ons as Sy hande en voete hier op aarde.

3. Simoné gebruik natuurlike medikasie vandat sy onder behandeling van dr Helen Muir is. Helen is 'n algemene praktisyn wat jare lank navorsing op kanker gedoen het en glo dat daar natuurlike alternatiewe is vir die stryd teen kanker. Omdat Simoné nie meer chemo of bestraling kan kry nie glo ons dat die medikasie wat sy die afgelope paar maande gebruik tog gehelp het dat kanker nie verder versprei het nie. Hierdie medikasie is baie duur en ons het maandeliks 'n borg nodig vir R1500.

4. Het iemand dalk plek vir Calypso - Simoné se perd. Te danke aan die Landbougenootskap van Malmesbury wat haar perd gratis verblyf by hul stalle gee en 'n weldoener wat die perd daagliks versorg, was dit tot nou nie 'n probleem. Maar Petrus kan nie meer die perd se kos bekostig nie. Die perd word ook bema rk deur Gumtree as enige persoon belangstel om die perd te koop.

5. Petrus wil sy motor 'n wit Renault Senic 1600, jaartal 2000 met 211 000km verkoop. Die prys R30 000 onka. Indien u weet van iemand wat moontlik sal belangstel stuur asb Petrus se selnr aan of kontak hom.

6. En dan vertrou ek dat die Heilige Gees elkeen van julle sal lei om prakties jul liefde op hierdie gesin uit te stort. In 'n tyd waar almal rondhardloop is daar min tyd vir omgee vir ander. Maar mag jy, al is dit net
een maal, tog uitreik na Petrus en Simoné.

Indien jy 'n finansiële bydrae wil maak, kan fondse in die Simone Mulder Kankerfonds inbetaal word. Hierdie fonds is gestig twee jaar gelede om geld intesamel vir die prostese wat sy toe moes ontvang. En te danke aan die goedhartigheid van baie mense is die operasie en alle behandeling daarna betaal.

Bank: FNB Malmesbury, Rekeningnr: 62229889269, Takkode: 200507,
Rekeningnaam: Simone Mulder Kankerfonds

Dankie dat ek die vrymoedigheid kan hê om hierdie mail vir jou te stuur.
Liefdetjies
Brenda van der Vyver
Sel: 082 444 3757

 

You are here: Home
schoemans-chartered-accountants die-courant
atbellville atblaauwberg atbrackenfell atdarling atdurbanville atgordonsbay  atmalmesbury
atmoorreesburg atmosselbay atpaarl atpiketberg  atporterville atriebeekvalley  atsimonstown 
atsomersetwest atstellenbosch atstrand attulbagh atwesterncape atyzerfontein