@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Selfregverdiging

02-god-van-baie-kanse

SELFREGVERDIGING
Luk. 10:29 – “Maar hy wou homself regverdig ...”
Dis net opmerklik hoedat mense wat nie geregverdig is in Christus Jesus, trag om hulleself te regverdig. In hulle praatjies en daadjies staan dit uit. Hulle probeer ander te oortuig met hulle baie godsdienstige aktiwiteite en rituele en “diepsinnige” gesprekke. Tot selfs in hulle gebede. Ons het so ‘n voorbeeld in die Bybel waar die Fariseër  opgegaan het na die tempel om te bid:

Luk. 18:11 – “En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.”

Luk. 18:12 – “Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.”

Dis baie swaar as ‘n mens jouself moet geregverdig kry met jou eie prestasies, want hoe harder jy probeer, hoe meer kom ‘n mens net agter dat jy is nie daartoe in staat om God volkome te behaag met jou eie dade nie. Elke keer faal jy net en besef jy net hoe ver skiet jy te kort aan God se standaard van volmaaktheid.

Daarom is dit so wonderlik en bevrydend wanneer ‘n mens tot die grootste openbaring van jou lewe kom en jy as WEERGEBORENE besef:

  • Nie my werke maar Syne red my. Tit 3:5 – ‘nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.”
  • Jesus het klaar vir my gely en in my plek gesterf. 1 Kor. 15:3 – “Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
  • Geloof in Sy kruisdood maak my volkome voor God die Vader. 2 Kor. 5:21  “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
  • Kyk weg van jouself en kyk na die Lam aan die kruis. Joh. 1:29 – “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”

Hoe treffend en mooi die woorde van die ou Hallelujalied:

Deur te sien op die kruis is daar lewe en heil,

Is daar lewe vir jou en vir my;

Sien gelowig op Hom, word gereinig en leef,

Want verlossing bied Jesus jou vry.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Selfregverdiging
schoemans-chartered-accountants die-courant