@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Sal jou naam gevind word

02-god-van-baie-kanse
SAL JOU NAAM GEVIND WORD
“Net gou die Ouetehuis in Riebeek Wes se nr. in die telefoonboek opsoek om te vergewis ek kom nie weer daar tydens die etenstyd aan nie.”  Bergsig, is die naam van die Ouetehuis.

Vinnig gly my oë langs die letter b af, maar daar is nie ‘n Bergsig nie. “Wel, miskien is dit onder Tehuis vir Bejaardes.” Ek blaai na die t’s, maar ook daar is nie so iets nie. “Ag, dis seker maar onder, Ouetehuis.” Maar by die o’s vind ek dit ook nie. “Wag so bietjie, miskien is dit onder, Huis Bergsig. Nóú, sal ek dit kry.” Ook nie. Geen Bergsig onder die b’s. “Nou ja, dis nou maar nie daar nie,” laat vaar ek die opsoekery gelate.

Op daardie oomblik kom ‘n ander toneel by my op. By die groot wit troon oordeel sal iets soortgelyk plaasvind:

  • Open. 20:12 – “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen.”
  • Open. 20:15 – “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”

Sien nou die prentjie voor jou oë afspeel. Daar staan Koos van Staden (denkbeeldige naam) voor die troon en sy naam word gesoek in die boek van die lewe.

“Kyk onder k vir Koos. My naam moet daar wees, want ek het darem baie kerk toe gegaan.”

“Hiers nie so ‘n naam en van nie.”

“My naam is eintlik Jakobus. So, kyk asb. onder j. Onthou, ek het groot bedrae geld vir die kerk gegee. My naam sál daar wees.”

“Hier is nie so ‘n naam en van nie. Hier is baie Koosse en Jakobusse maar nie ‘n Koos of ‘n Jakobus van Staden  van Malmesbury nie.”

Nóú weet ek wat’s fout! Kyk asb. onder my van. Kyk onder v. Dis die hele ding. Kyk tog onder v vir Van Staden. Nóú sal my naam gevind word. Hoe dan anders, my pa was ‘n bekende dominee vir jare op die dorp. En ek self het elke weeksoggend die geestelike epos boodskappie gelees van Piet Smit en dit aan vele gestuur.”

Wat ‘n konsternasie sal dit nie wees in daardie dag, wanneer mense met diepe hartseer en groot ontnugtering moet kennis neem dat bloot goeie werke nie jou naam verseker in die boek van die lewe nie. Paulus het gepraat van (Fil. 4:3) “medearbeiders wie se name in die boek van die lewe is.” Hulle was almal bloedgewaste kinders van God. Mense wat hulle sonde bely en laat staan het en die Here Jesus aangeneem en gevolg het.

GEBED

Vader, was my in die bloed van die Lam. Ek neem U Seun, Jesus Christus aan as my persoonlike Verlosser. Skryf my naam in die boek van die lewe. Ek bid dit Vader, in Jesus se Naam. Amen!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.  Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Sal jou naam gevind word
schoemans-chartered-accountants die-courant