@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Saambly voor huwelik

Meer en meer paartjies bly deesdae saam en gaan deur baie liefdes verhoudinge voordat hulle trou. Dit mag die moderne tendens wees, maar dit is beslis nie beter as die Bybelse model nie.

SKEI MAKLIKER

Volgens ‘n program op die Hope TV kanaal, is daar volgens opnames bevind dat paartjies wat saamgebly het voor die huwelik, makliker skei en in groter getalle skei, terwyl daar bevind is dat diegene wat volgens Bybelse standaarde, rein die huwelik ingaan, nie so maklik skei nie.

GENIET NIE DIE INTIEME LEWE

Verder is dit bevind dat paartjies wat saam geslaap het voor die huwelik, ook nie die intieme liefdeslewe so geniet soos die wat rein die huwelik ingaan. Dit wil skyn asof eersgenoemdes met skuld gevoelens sukkel. Iemand het by geleentheid gesê: “As jy God se wette breek, breek daardie selfde wette later vir jou.”

HEGTINGS MOEG

(Hier bedoel ek paartjies wat deur baie verhoudings is.) Elke keer wat ‘n verhouding opbreek, bly daar ietsie agter van jou “hegtings materiaal.” Gevolglik word dit al moeiliker om weer te vertrou, jou hart oop te maak en weer te heg met ‘n ander maat.

Die ideaal is dus dat jongmense biddend moet soek na die pasmaat wat die Here vir hom of haar in gedagte het (Gen. 24:14; Ps. 47:5a). En eers dan kan hofmakery begin en uiteindelik gaan hierdie twee mense saam die huwelik in. Ek wil glo dat dit ‘n huwelik is wat in die hemel gemaak is en wat op aarde sal uitwerk.

VERGELYK VOORTDUREND

Hoe moet dit voel om getroud te wees met iemand wat jou vergelyk met die klomp ander bedmaats wat die persoon vantevore gehad het!?

..............

Iets in teenstelling met die Bybel, kan nooit beter wees nie. Daarom wil ek glo dat paartjies wat mekaar vind soos die Woord leer “in heiligheid en eer” (1 Thess. 4:4) en “hulle onthou van hoerery” (1 Thess. 4:3) is baie gelukkiger, meer gesond, leef langer enhet die seën van die Here op hulle verhouding (Spr. 10:22)!

Epos Inval Gedagte Bediening
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Ook in Engels beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

You are here: Church Saambly voor huwelik
schoemans-chartered-accountants die-courant