Werklike gevalle:
* “Ek soek ‘n kerk waar dit lekker is.”
* “My man soek ‘n kerk waar hy gemaklik voel.”
* “Ons sal nou deur die dorp gaan van kerk tot kerk tot ons by ‘n kerk kom waar dit die lekkerste is en dan sal ons daar aansluit.”
Sy is inderdaad reg, want die Bybel spel dit vir ons in geen onduidelik taal uit:
- 2 Tim. 3:1 – “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.”
- 2 Tim. 3:2 – “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees,”
- 2 Tim. 3:4 – “... meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;”
- 2 Tim. 3:4 (Message) – “addicted to lust, and allergic to God.” (Verslaaf aan presier maar allergies vir God.)
Nog ‘n broer in die gemeente noem dit “roomys godsdiens.” Vir sommige moet dit net altyd lekker wees, anders het hulle nie deel daaraan nie. Die lekkergeloof. So terloops, die woord “lekker” kom nie eens een keer voor in die Nuwe Testament nie (1953 Vertaling).
Bogenoemdes het nog nie ‘n enkele treetjie agter Jesus aangeloop nie. Hulle het nie die vaagste idee van wat sê Jesus oor dissipelskap nie – wat dit beteken om ware volgelinge van Jesus te wees nie:- Luk. 14:26 – “As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.” Jesus moet belangriker wees as jou familie en selfs jou eie wil.
- Luk. 14:27 – “En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.” “Kruis dra” beteken die noodwendige stryd wat jou deel word wanneer jy die Here Jesus voluit volg.
- Luk. 14:33 – “So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.” Jy moet Jesus liewer hê as al jou besittings.
- Joh. 13:35 – “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” Om uit te hou saam met moeilike mense (gelowiges) met eienaardige gewoontes en hulle selfs lief te hê in een gemeente of selgroep! Jou nie van hulle af te skei of ‘n nuwe kerk te gaan stig nie.
Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



