“O, is dit hoe mense voel wat nie gereeld oefening doen nie,” sê ek vir myself na ek vir ‘n week lank nie kon draf na my operasie.
Die Bybel wil hê:
- Rom. 12:1 – “ … dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.”
- Dat ons sal onthou ons liggame is die tempel van die Heilige Gees (1 Kor. 6:19) en nie die kerkgebou nie.
Moenie sê:
- “Ek is te besig, ek het nie tyd nie.” Dan moet jy ook nie eet nie, want om jou liggaam aan God te wy is net so belangrik as jou ete.
- “My omstandighede is van so ‘n aard dat dis net vir my onmoontlik om ‘n bietjie te oefen.” Waar ‘n wil is is ‘n weg, waar nie ‘n wil is nie, ... is daar altyd ‘n verskoning. As jy gesond is, is daar iewers ‘n paar minute deur die dag wat ‘n mens iets kan doen. Dis beter as glad niks nie.
- “Dis te duur om by die gimnasium aan te sluit.” Jy hoef nie. Stap of draf op jou eie of saam met ander. Improviseer: Trappies, stoele, bankies kan wonderlike aparte word om mee te oefen. Jy het elk geval geen oefen apparaat nodig nie. My LO onderwyser het destyds gesê: “Jy het net ‘n spasietjie van 2 meter by 2 meter nodig om jou fiks te oefen.”
BEGIN NET
Ja, begin net, is die maklikste manier om iets gedoen te kry. Begin klein. Ander het klein begin maar met God se krag het hulle oorwin! Daar is die getuienis van die dame wat altyd op skool deur die ander gespot is as vet. Sy was altyd skaam om voor ander te oefen, omdat sy bang was hulle haar sou spot. Na skool het die ander dames hulle liggame verwaarloos maar Petronella (denkbeeldige naam) het snags wanneer dit donker was en niemand haar kon sien nie, begin oefen en kort voor lank het haar agterstand haar bate geword. Toe daar 10 jaar later ‘n skole reünie gehou word, raai wie is toe verleë en wie kon Haar kop optel met dank teenoor die Here!?
Maak jou oefen tyd, ook jou bid tyd.
GEBED
Vader, ek het ‘n opdrag uit die Woord om my liggaam, U tempel, nie te verwaarloos nie. Motiveer my o Heilige Gees in die najaging daarvan. Amen!
PietSmit
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook



