@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

Nog 'n getuienis

02-god-van-baie-kanse
NOG ‘N GETUIENIS
(Jacques Swart)
Ek wil ook graag my getuienis deel, want ek weet soveel mense het nodig om te hoor watse amazing God ons dien.

Ek was 5 jaar werksaam by my vorige werkgewer, dinge het baie goed gegaan (uit vleeslike oog), ek het genoeg verdien sodat my vrou nie hoef te werk nie.  Toe kry ek die skielike nuus dat die besigheid gaan sluit weens die ekonomiese druk.  Dit was chaos, ek was depressief, bitter, platgeslaan.  Tydens die storm verstaan mens mos nie hoekom dit met jou moet gebeur nie.  Die bootjie was oppad rotse toe, ek het gevrees ek gaan als verloor, my vrou, my huis...  Die eerste groot blessing, was dat my vrou ‘n afloswerk gekry het, en met ‘n wonderwerk het sy 6 maande later ‘n permanente aanstelling gekry.  Dit het ons aan die gang gehou.  Toe begin die Here met my werk, ek het altyd gedink wat Christenskap aanbetref is ek orait, ek sal darem seker die hemel haal.  Maar die Here het my kom wys ek is ver van die pad af, hy het my skoon gemaak, stap vir stap.  Ek het 8 maande lank werk gesoek, maar ek kon niks kry nie, tot op ‘n dag gebeur nog ‘n wonderwerk, ek kry ‘n werk, heeltemal uit my rigting, maar ek het ‘n werk!

Eers as jy deur die storm is en terug kyk, verstaan jy hoekom dinge so gebeur het, hoekom jy so groot storm moes deurmaak.  Die Here het my kom red, ek sou verlore gegaan het as dit nie was vir die alles waardeur Hy my getoets het nie.  Onthou altyd, as jy ‘n gelowige is, beteken dit nie jou bootjie gaan die storms vryspring nie, maar solank as wat Jesus jou stuurman is, sal jou bootjie nie sink nie!  Indien ek net 3 maande sonder werk sou wees, sou ek nooit so gegroei het in my geloof nie, ek MOES 8 maande wag vir my nuwe werk.  Daarom weet ek God is altyd in beheer, hy weet presies hoe lank en wat moet gebeur.

Ek het baie details uitgelaat, maar ter opsomming wil ek graag noem dat mense moet asseblief nie wag tot jy als begin verloor nie, jy hoof nie te wag vir die storms om gedwing te word tot op jou knieë nie.  Maak jou verhouding reg met jou hemelse Vader, Hy wil net die beste vir jou hê.  En glo my, as jy eers jou hart vir die Here gegee het, dan begin die skool, dit gebeur nie oornag nie, jy moet leer, toets skryf, groei, leer, toets skryf, groei.  Ek sien hoe die Here werk met mense rondom my, as hulle maar net wou luister na Sy roepstem...

Ons vertrou tans die Here vir ‘n groot wonderwerk, iets wat die wêreld sê ons nie kan kry nie, maar iets wat moontlik is vir ons God.

Amen! Ek loof en prys Hom, ek is sooooo dankbaar!  Tyd is min mense, Jesus wag vir jou!

 Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

You are here: Church Nog 'n getuienis
schoemans-chartered-accountants die-courant