09:00 : Erediens : Ds Friedrich Claassen
09:00 : Kinderkerk – Gr 1-6
Modkats direk na erediens
18:00 : Diens by Aandskemering : Ds Gert Hattingh
18:30 : Tekkiediens : Ds Friedrich Claassen
Tema : Egskeiding - Help! My pa en ma gaan skei
2. Sinodale Deuroffer vanoggend vir Badisa. Badisa is die NG- en VG Kerk se gesamentlike bediening vir barmhartigheid wat voorheen as CMR en Diakonale Dienste bekend was. Deur lidmate se bydraes help die gemeente dat onder andere kinders en gesinne, bejaardes, gestremdes en vroue in nood versorg word.
Aanstaande Sondag ‘n sinodale deuroffer vir Zimbabwe, Malawi, Mosambiek. Opbrengs van die Restourasiefonds vir Goeie Vrydag en Paas Sondag - R2014.40. Baie dankie hiervoor.
Die BYWONINGSYFER van verlede week : Goeie Vrydag : 336
Paas Sondag : 189
3. Ds Friedrich Claassen is vanaf 23 April-3 Mei met verlof. Kontak Ds Hattingh of Ds O’Kennedy indien daar krisisse of siekes is. Baie dankie
4. KOMMISSIE-VERGADERINGS vind die week van 4de en 11de Mei plaas:
Maandag 4 Mei:
Leer en Toerusting 18:00 Kleinsaal
Versorging: 18:00 Ontspanningsaal
Jeug 19:00 Grootsaal
Dinsdag 5 Mei:
Getuienis 18:00 Kleinsaal
Erediens en Sang 19:00 Ontspanningsaal
Donderdag 7 Mei:
Finansiële Kom. 18:00 Kerkkantoor se Kantoor
Maandag 11 Mei:
Eiendomme: 19:00 Kleinsaal
* Agendas vir kommissie-voorsitters is in die konsistorie beskikbaar.
5. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 20 April 19:00 Kooroefening
Woensdag 22 April Wyksbidure
Weswyk 19:45 Wes 1 (Diensw Lamprecht) by
Mnr & Mev Johan Lamprecht, Vosstr 3
by Mnr & Mev Ludolf Lochner,
Innidippi w/s 8
Sentraalwyk Biduur van Sen 1 is geskuif na vlg
week saam met Sen 2 (29 April)
19:00 JB-Groep
Donderdag 23 Apr 19:30 Droëvleiwyk (Oudl van Blerk) by
Mnr en Mev Lothar Buhr, Helderfontein
Vrydag 24 April 09:00 Gebedsgroep – Skoolstraat 35
6. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Margie Rust (Aandsk) 23 April
Baie geluk!! Seënwense en ‘n goeie lewensjaar word u toegebid.
Voorbidding:
Mnr Greville Mallet (Roodstr 14) sterk tuis aan na sy operasie
Mnr Eddie Pienaar (Rainierstr 26) ontvang nog behandeling
Mev Hannelie van Reenen (Twisfontein) se swaer is in ‘n skietvoorval oorlede.
Ons innige meegevoel aan hierdie gesin. Ons bid vir vrede en kalmte.
Leraar wat aanstaande Sondag die erediens waarneem:
Erediens: Ds Gert Hattingh
7. Die GEBEDSGROEP begin weer op 17 April om 09:00 by Skoolstraat 35 aan huis van mev Sus Hagen.
Almal is welkom en gebedsversoeke kan ook ingehandig word.
ONS PROGRAM IS SOOS VOLG:
17 April : Hindernisse oppad na beantwoorde gebede. Sus Hagen
24 April : Hindernisse oppad na beantwoorde gebede. Wilma van Zyl
01 Mei : Geen byeenkoms - Werkersdag
08 Mei : Hindernisse oppad na beantwoorde
gebede – vervolg Janet van Zyl
15 Mei : Hindernisse oppad na beantwoorde gebede. Tertia O’Kennedy
22 Mei : Hindernisse oppad na beantwoorde
gebede – vervolg Marianna vd Spuy
29 Mei : GEBED Johann Nel
05 Jun. : Hindernisse oppad na beantwoorde gebede. Annette Frank
12 Jun : UITSTAPPIE!! - SKOLE SLUIT
8. ‘n Huweliksbevestiging vind op Saterdag 25 April in ons Gemeente plaas van Arendi Moller, jongdogter van J.M Landgoed, Malmesbury en
Graham Peter Willers, jongman van Eikelaan Landgoed, Malmesbury.
Ons wens vir jul ‘n baie geseënde huwelikslewe toe.
9. Die Gebedskamer is weeksdae vanaf 08:00-13:00 en 14:00-17:00 oop indien iemand ‘n plekkie soek om stil te raak. Kontak mev Ria Engelbrecht by 072 233 9680 vir die oopsluit van die kamer. Die Gebedskamer gaan tot na Pinkster oop wees om te bepaal of daar ‘n behoefte is om dit oop te hou.
10. NAGSKUILING – NUUS!!!
Ons het ‘n vrywilliger wat help met die opleiding van kombuispersoneel. Daar is ook ‘n dringende behoefte aan ou vatlappe en ook handdoeke, wat as lappe gebruik kan word. Ook ander kombuisware is baie welkom. Kontak Tertia O’Kennedy by 022 48-21231
11. GELETTERDHEIDSKURSUS:
KEN JY IEMAND WAT NIE KAN LEES OF SKRYF NIE. (Dalk u huishulp, plaas- of tuinwerker….) Maak asb kontak, dat reëlings getref kan word. Daar is vrywilligers wat help met die geletterdheidskursus. Kontakpersoon: Tertia O’Kennedy – 022 48-21231.
12. Indeling van wyke in Weswyk by ons ander leraars:
Ds Johan O`Kennedy : Wes 1 en 2 en Droëvleiwyk
Ds Friedrich Claassen : Wes 3&4 en Tierfontien-en Kalbaskraalwyke
Ds Gert Hattingh : Wes 5 en 6 en Preekstoelwyk
13. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 19 April – 25 April
Fokusteks: Hand 4:32-35
Ander tekste: Ps 133; 1Joh 1:1,2:2; Joh 20:19-31
14. Lidmaatbewyse ontvang:
Johannes Lombard Walters en Leatitia Brundyn (nou Walters)(La Dauphine) voorheen van Stellenberg.
Baie welkom hier in ons Gemeente!!!
15. NG Kerk Riebeek Kasteel - Kunsuitstalling
Ongeveer 25 Visuele Kunstenaars van die Weskaap en omgeweing bring d.m.v hul kunswerke, ‘n offer van Lof aan ons Hemelse Vader vir skeppende gawes! Openingsaand: Vrydag 24 April om 19:00 (kaartjies @ R25pp beskikbaar by die kerkkantoor) Vir verder navrae skakel Hettie Swanepoel by 022 448 1388 (kantoorure 09:00-12:00)
16. Die Beheerraad van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes soek dringend vrywilligers om op die Raad te dien. Kontak asb 022 48-23651 indien u belangstel.
Hand 4:32-35



