09:00: Erediens :Ds Johan O’Kennedy
Bevestiging van Kerkraadslede
09:00: Kinderkerk Gr 1-6
Uitnodiging van Gr 6 Ouers – 08:45 tot 10:00
Modkats direk na die erediens – Gr 7-11
18:00: Diens by Aandsk :Ds Johan O’Kennedy
18:30: Bybelskool Ds Gert Hattingh
Tema :Emosionele, geestelike gesondheid
2. Spesiale Deuroffer vanoggend vir Eljada Sentrum (Oudtshoorn). Aanstaande Sondag ‘n spesiale deuroffer vir Hugenote Kollege Ontwikkelingsfonds. Opbrengs van verlede Sondag vir die Gemeente-ontwikkeling: R1263.60. Dankie hiervoor.
Die BYWONINGSYFER van verlede week: Ogg: 415 Tekkiediens: 43
Die Huiskerk-geleentheid van 15 Mrt: 75
3. Bybelskool: Emosionele geestelike gesondheid
Op ons geestelike reis saam met die Here, is daar baie uitdagings en ook terugslae. Soms kom die goed waarmee ons sukkel maar elke keer weer tevoorskyn in ons lewe. Ons kry dit nie reg om dit af te skud nie. Waar lê die fout? By die emosionele of by die geestelike dimensie? Of dalk by beide? Kom luister na verrykende perspektiewe uit die boek van Peter Scazzero: Emotional Healthy Spirituality. Dit kan jou lewe verander....
Vanaand om 18:30 in die Kerksentrum.
4. NAGSKUILING – NUUS!!!
Ons het ‘n vrywilliger wat help met die opleiding van kombuispersoneel. Daar is ook ‘n dringende behoefte aan ou vatlappe en ook handdoeke, wat as lappe gebruik kan word. Ook ander kombuisware is welkom. Kontak Tertia O’Kennedy by 022 48-21231
5. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 30 Mrt: 19:00 Kooroefening
Woensdag 01 April: WYKSBIDURE
Weswyk 19:00 Wes 5/6 (Oudl Hofmeyr, Diak Kotze)
Soos gereël in wyke deur Pieter Kotze
Suidwyk 15:30 Suid 6/7 (Diaks Von Wielligh en
Binneman) by Mev Frances de Wet, Houtstr 19
19:00 Suid 4/5 (Oudle vd Mescht, Smith)
by Me Annette Smith, Bon Heur w/s nr 10
Ooswyk 19:00 Oos 11 (Oudl Faasen) by
Mnr&Mev Gerrie Thiart, Rainierstr 27
19:00 JB-Groep
Vrydag 3 April: Skole Sluit
Mannekamp 3-5 April
(saam met Ds Claassen)
6. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Lennie Laing (Aandsk) 30 Maart ‘n Baie spesiale verjaardag
Mev Susan Gouws (Immelmanstr 9) 30 Maart
Mev Ella Spannenberg (Reservoirstr 32) 1 April
Mej Isa Naudé (Gordonhof nr 5) 4 April
Mev Margie Heunis (Aandsk) 4 April
Ons bid vir u die Here se vrede toe. Baie geluk
Voorbidding:
Mnr Johan du Toit snr (Rothmanstr) gaan na spesialis vir toetse.
Leraar wat aanstaande Sondag die diens waarneem:
Doopdiens: Ds Johan O’Kennedy
Aanstaande Sondag: Dag van Danksegging en Verootmoediging
7. GELETTERDHEIDSKURSUS:
KEN JY IEMAND WAT NIE KAN LEES OF SKRYF NIE. (Dalk u huishulp, plaas- of tuinwerker….) Maak asb kontak, dat reëlings getref kan word. Daar is vrywilligers wat help met die geletterdheidskursus. Kontakpersoon: Tertia O’Kennedy – 022 48-21231.
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 29 Maart – 4 April
Fokusteks: Jer 31:31-34
Ander tekste: Ps 51:1-12, 119:9-16; Hebr 5:5-10; Joh 12:20-33
9. Indeling van wyke in Weswyk by ons ander leraars:
Ds Johan O`Kennedy: Wes 1 en 2 en Droëvleiwyk
Ds Friedrich Claassen: Wes 3&4 en Tierfontien-en Kalbaskraalwyke
Ds Gert Hattingh: Wes 5 en 6 en Preekstoelwyk
10. ‘n Nuwe koerantjie “Die Nuwe Hart” is beskikbaar in die vakkies vir lidmate wat belangstel om te lees.
11. HULP MET KLANK TYDENS EREDIENSTE:
Ons doen ‘n vriendelike maar dringende beroep op lidmate wat kennis van klanktoerusting het, om asb u hulp aan te bied met bogenoemde tydens eredienste. Indien u belangstel, kontak asb vir Ds Gert Hattingh 022 48-71539 of Frans Treurnicht by 084 482 4267.
12. Houtkruis die “Musical”
Hierdie uitmuntende stuk word aangebied in die Artscape Teater in Kaapstad, Saterdae en Sondae (14:00 en 19:30) tot die 4de April 2009: “Dis die jaar 1522, in ’n afgeleë gemeenskap op die Duitse platteland. ’n Jong monnik lees van Martin Luther se publikasies en voeg homself by die groeiende groep mense met ’n nuwe wêreldbeskouing – hulle rebelleer teen die korrupsie van die Katolieke sisteem en smag na godsdienstige en politiese vryheid. Die jonk monnik se lewe is getransformeer, maar hierdie nuwe insigte wat hy verkondig stel sy lewe in gevaar...” . Bespreek by Computicket.
“Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:”
-Psalm 139:14



