@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Kerk Swartland 22 Mrt 09

swartland-ng-kerk
1. EREDIENSTE:09:00 : Erediens : Ds Friedrich Claassen09:00 : Kinderkerk Gr 1-6Modkats direk na die erediens – Gr 7-1118:30 : Tekkiediens : Ds Friedrich Claassen

Tema : Kies reg! Keuses

2. Sinodale Deuroffer vanoggend vir Gemeente Ontwikkeling. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale deuroffer Eljada Sentrum (Oudtshoorn) vir intellektueel erg gestremde persone. Alle kulture word die beste geleentheid gegee om volgens sy/haar unieke vermoë en teen sy/haar eie tempo te ontwikkel. Dié wat kan, doen wel funksionele lees en wiskunde en leer skryf – funksioneel in dié sin dat hulle dít leer wat hulle in die alledaagse lewe nodig het om oor die weg te kom, soos tyd lees, geld hanteer, tekens ken, bv damestoilet, uitgang, ens.) Vaardighede soos selfversorging, sosiaal aanvaarbare gedrag, kommunikasie en produktiewe vaardighede (mandjievlegwerk, borduur, koekies bak, tuinwerk) word baie beklemtoon.Die nasorgsentrum maak voorsiening vir volwassenes. Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van ‘n maatskaplike werker en arbeidsterapeute.Opbrengs van verlede Sondag vir die Murray Kinderhuis 1787,05.Baie dankie hiervoor. Die BYWONINGSYFER van verlede week: Ogg: 379 3. HULP MET KLANK TYDENS EREDIENSTE: Ons doen ‘n vriendelike maar dringende beroep op lidmate wat kennis van klanktoerusting het, om asb u hulp aan te bied met bogenoemde tydens eredienste. Indien u belangstel, kontak asb vir Ds Gert Hattingh 022 48-71539 of Frans Treurnicht by 084 482 4267. 4. PROGRAM VIR DIE WEEK … Maandag 23 Mrt: 19:00 KooroefeningWoensdag 25 Mrt: WYK-en PLAASWYK BIDURE Weswyk Biduur in Wes 5 het verskuif na 1 April Suidwyk 18:30 Suid 1/2/3 (Oudl Burger, de Jager) by Mnr & Mev Len Geldenhuys, Dagbreekstraat 520:00 Vlakfonteinwyk (Oudl Visser)Mnr&Mev Hennie Eksteen, Droëvlei Ooswyk 19:00 Oos 8/9/10 (Oudl Frank, Retief en Faassen) by Mnr&Mev Hoffie Retief, Reservoirstr 6Sentraalwyk 19:00 Sen 05 (Oudl Wilhelm Dürr) byMe Hester Stofberg, Rainierstr 319:00 JB-GroepVrydag 27 Mrt: 09:00 Gebedsgroep – Mev Sus Hagen, Skoolstr 3518:30 Koffiekroeg 5. LIEF EN LEED ...Verjaardae van ons mees senior lidmate: Mev Elsa van Wyk (Amandelrug oord nr 16) 22 MaartMev Lenie Vorster (Gordonshof nr 9) 23 MaartMev Raï Cronje (Pleinstraat 13) 27 Maart

Baie geluk. Goeie gesondheid word u toegebid.

Voorbidding:Leraars wat aanstaande Sondag die dienste waarneem: Erediens: Ds Johan O’Kennedy

Aanddiens:Aandsk:: Ds Johan O’Kennedy

Bybelskool: Ds Gert Hattingh6. KOMMISSIE-MARKDAG en 2de HANDSE VERKOPINGVrydag 27 Maart 2009 vanaf 09:00-14:00 – KerksentrumAlmal is welkom om deel te neem! – om te help verkoop, om bydraes te maak. Kontak asb een van die sameroepers:Sameroeper: Alet Hamman 083 698 3405Wegneem-etes Sigrid Truter 022 48-22077(Etekaartjies-R25 vooraf by kerkkantoor beskikbaar)Poedings: Suzanne Loubser 022 48-23159Teekafee: Mia de Beer 022 48-22532Gebak: Pasteie Selma Swart 022 48-21947Kleinkoekies Ousus Baard 022 48-22412Grootkoeke Annalie Botha 022 48-22187Groentes Charles Hamman 083 698 3405Bonttafels Anita Hattingh 022 48-71539

Luda Retief 022 48-72004

Tertia O’Kennedy 022 48-21231Wit Olifante Mari Roux 083 230 50222de Handse Goedere Annette Frank 022 48-22592

7. NG Gemeente Swartland - Kinderbediening - Graad 6-ouers

Graag nooi ons julle uit om Sondag 29 Maart 2009 om 08:45 - 10:00 die Senior kinderkerk te kom besoek. Kom kyk wat maak ons elke Sondag en kom geniet die belewenis van kinderkerk. Trek gemaklik aan en kom deel hierdie uur saam met jou kind. Vir enige navrae kontak Erika Meintjies by 022 48-72977.8. Lidmaatskapbewyse ontvang.Heinri Pieter Spannenberg en Philippina Lourenscia Delport (nou Spannenberg) (Loedolfstraat 32) voorheen van Malelane.Gideon Johannes Jacobus van Zyl en Joline Elizabeth Claassen (nou van Zyl)(Langekloof-plaas) voorheen van Wierdapark-Suid.Anna Catharina Basson (nou Louw)(Aandskemering) vanaf Parow-NuutbeginBaie hartlik welkom in ons gemeente!!9. GELETTERDHEIDSKURSUS:Help asb geletterdheid bevorder!! Vrywilligers word weer vanjaar gesoek om te help om ongeletterdes in die Malmesbury-gemeenskap te leer lees en skryf. ‘n Onderwys-agtergrond is nie nodig nie. Die kursus-materiaal is baie volledig. Indien u ‘n huishulp, plaas- of tuinwerker het wat die kursus wil loop, maak asb kontak, dat reëlings getref kan word. Kontakpersoon: Tertia O’Kennedy – 022/48-21231.10. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 22 Maart - 28 MaartFokusteks: Ps 107:1-3, 17-22Ander tekste: Num 21:4-9, 17-22; Ef 2:1-10; Joh 3:14-2111. Indeling van wyke in Weswyk by ons ander leraars:Ds Johan O`Kennedy: Wes 1 en 2 en DroëvleiwykDs Friedrich Claassen: Wes 3&4 en Tierfontien-en KalbaskraalwykeDs Gert Hattingh: Wes 5 en 6 en Preekstoelwyk12. Praatjie oor Geestesgesondheid by Stikland Hospitaal

Onderwerp: Persoonlikheid – wat is dit? Abnormale persoonlikheid-

hoe word dit hanteer?Spreker: Prof Willie PienaarDatum: Donderdag 26 Maart 2009Plek: Opleidingsentrum (Kollege) by Stikland HospitaalTyd: 18:00 – 19:00Navrae: Madeleine Swart 021 940 4591 of 082 4347377
You are here: Church NG Kerk Swartland 22 Mrt 09
schoemans-chartered-accountants die-courant