@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 9 Mei 2010

swartland-ng-kerk
Program van die week
Sondag 9 Mei
09:30 Ogg.diens – Ds Gert Hattingh
09:30 Kinderkerk.
Modkats direk na erediens
Spes. Deurkollekte: Ramot
Opbrengs: Kinderhuise – R1937.15

Vanoggend: Bid- en Dankdag vir Oeste

18:30 Lofprysingsaand: Alwena v.d Vyver

Volgende Sondag 16 Mei 2010

09:30 Oggenddiens– Ds Johan O’Kennedy

09:30 Kinderkerk.

Modkats direk na erediens

Spes Deurkollekte: CLF

18:45 Pinkster-biduur: Samesang

Maandag 10 Mei 2010

19:00 - Kooroefening

19:00 – Jeugkommissie vergadering

Woensdag 12 Mei 2010

JB-Groep in Jeuglokaal om 19:00

Donderdag 13 Mei 2010

Hemelvaartdiens om 19:00

Ds Friedrich Claassen

Die Kerkkantoor is ook gesluit.

Besoekers

Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.

Vrydag 14 Mei 2010

Gebedsgroep by 

Mev Sus Hagen om 09:00

Besoeker: Pieter Liebenberg – gesels oor Sinethemba broodprojek

Matt 10:42 en Jer 17:10

Projekte

Pinkster Gemeente-ete vind plaas op 23 Mei om 12:00.

Buffet –ete. R75 per volwassene en R50 per Laerskoolkind. Voorskoolse Kinders gratis. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor.

Ons benodig die volgende bestanddele vir die gemeente ete.

Indien enige iemand 'n bydra kan maak, kontak asb.vir Elrika Lesch by 083 414 7023

Benodighede vir 120 persone  :

10 Skaapboude           10 kg Maalvleis

3 Blomkool                   6 Butternuts

10 Uie                           3 X Butro

6 Red Peppers            5 L Vla

6 pk Potato Bake        2L Vars Room

5 kg Broodmeel

3 kg Patat

4 X 410g Tamatie uie smoor

6 Rolle Today deeg

4 Gebakte Poedings

10 kg Aartappels

5 L Vars Melk

2,5kg Suiker                  120 Servette

30 L Groentesop            3kg Kaas

6 pk Baby Marrows        4 X Konfyt

6 pk Vars Sampioene

Vars produkte moet teen Vrydag 21 Mei by die Kerkkantoor se kombuis afgelewer word.

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas en ook by

Pick & Pay en Raimondi’s

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

Byeenkoms Mighty Men en Daniël Konferensie. Woensdag, 12 Mei om 19:00 in die Saal

Swartland-Noord gemeente wil graag ‘n byeenkoms reël waar die manne van die Mighty Men en die Daniël Konferensie terugvoer gee oor hul belewenis daar. Almal is welkom om saam te kom luister. Enige belangstellendes - kontak asb. Swl-Noord Kerkkantoor by 022 482 1407 voor 10 Mei.

Tekste vir die week 9 Mei – 15 Mei

Fokusteks:   Joh 14:23-29,  5:1-9

Ander tekste: Handl 16:9-15;  Ps 67;

Openb 21:10,  21:22,  22:5

Fokusteks vir 16 Mei:  Joh 17:20-26

‘n Groot dankie aan almal wat reeds begin reageer het op die Tehuis se herwinningsprojek. Dankie aan almal wat ook voortaan papier, karton, plastiek, glasbottels ens gaan verskaf.  Kontak Aandskemering vir enige navrae. Baie dankie – Vivian Saayman

GEBEDSBLAD
Ons dink aan die wêreld
  • Ons doen voorbidding vir Ghana en Paraguay. Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.
Ons dink aan Suid-Afrika
  • Ons bid vir ons land se welstand en regering
  • Ons bid vir Helen Ziller se deursettingsvermoë en geloofwaardigheid
Ons dink aan ons omgewing
  • Ons bid vir die ACVV se noodleningsprojek. Ons is dankbaar vir die hulp van ons gemeente en bydraes deur lidmate

Ons dink aan ons gemeenskap

  • Johan en Marilyn Conradie, Wolwedans, se seun Johan is ernstig siek en is in Durbanville Medi-Kliniek
  • Johan Esterhuysen, Auctionstr 15, gaan vir ‘n operasie
  • Chris Hunsinger, Baroccastr 12, is in Durbanville Medi-Kliniek
  • Doppies Ackermann herstel na ‘n skouer operasie.
In die brand in Dunoon is 122 “shacks” heeltemal vernietig, en het die mense alles verloor.  Daar woon gemiddeld 2-3 gesinne per shack, en die nood is groot.  As iemand dit in hul hart voel om iets uit hul huise by te dra om die nood te verlig (ou linne, hand-doeke, gordyne, breekgoed, klere, ENIGIETS), kan hulle dit by die ACVV kantore afgee (merk dit net: DUNOON).

Baie dankie, Elize Weyers

DIENSSENTRUMBESTUURDER

Ons volgende Wyksraads- en Kerkraadsvergadering word gehou op Donderdag 27 Mei om 19:00 in die Kerksentrum.  Koffie/tee om 18:45.

Saamsing by Gawie en Sus Hagen, Skoolstr 36

‘n Behoefte het ontstaan deur gemeentelede om weer, soos in die verlede, saam te sing.  Ons sing uit die Liedboek, Halleluja ens. Die eerste byeenkoms is 23 Mei om 19:00. Klavierbegeleiding is Sunette Botha. Ander instrumente kan ook saam gebring word. Kom en geniet ‘n heerlike saamsing aand!!!

Aandskemering – Ons neem die vrymoedigheid om te vra vir oorskiet wol. Mev Lizzie de Clerq het lappies gehekel, wat deur vrywilligers aanmekaar gewerk word vir knie kombersies.  Kontak Vivian Saayman by Aandskemering

Sokkerwêreldbeker

Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:

Ghana: Populasie: 23,887,812

Persentasie Christene: Christene 68.8%  Moslem 15.9%,

Tradisionele 8.5%, ander 0.7%, geen 6.1%

Drie gebedsversoeke:

1. Bid vir ’n aansienlike breuk met okkultisme bande en dat die ware vryheid in Christus mag deurbreek 

2. Bid vir die Christene wat woon tussen die Islam inwoners in die noorde van die land. Baie van hulle word vervolg

3. Bid dat Ghanese vroue verlos sal word van slawerny en mishandeling

Paraguay:    Populasie: 6,995,655

Persentasie Christene: Roomse Katoliek 89.6%,

Protestant 6.2%, ander Christelike gelowe 1.1%,

ander 1.9%, geen 1.1%

Drie gebedsversoeke:

1. Bid vir nuwe toewyding van die immigrante groepe wat die meeste van die protestante kerke verteenwoordig

2. Loof God vir werk tussen die Indiane minderheid

3. Bid vir jong kerke en dat meer stamlede bereik mag word

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Anna Bester, Aandskemering, 10 Mei

Mev Minah Engelbrecht, Aandskemering, 11 Mei

Mev Aletta Keyser, Piet Retiefstraat, 13 Mei

Mev Aletta Woest, Aandskemering, 14 Mei

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

Die Kerkbode van 7 Mei is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Lidmaatskap ontvang:Maria Catharina Fouché(nou Hanekom) Gordonshof nr 6

voorheen van Swartland-Noord gemeente.

Baie welkom in ons gemeente!!!

 

You are here: Church NG Gemeente Swartland 9 Mei 2010
schoemans-chartered-accountants die-courant