Oggend:
09:00 : Oggenddiens: Ds Gert Hattingh
Geen Kategeseklasse en aandbyeenkoms
Dit is vandag Nasionale Vrouedag
2. Spesiale deuroffer vir die Magdalenahuis. Aanstaande Sondag ‘n Sinodale deuroffer vir die Bediening aan Dowes. Die Nasionale Instituut vir Dowes het sy ontstaan in 1881 te danke aan die behoefte van die Kerk om die Dowes ook ontvanklik te maak vir die evangelie. Die ontstaan van die twee gemeentes vir Dowes in die Wes-Kaap (De la Batgemeente Bellville in 1976 en die Worcester-De la Batgemeente in 1987) het uit die NID gegroei en is in ‘n sekere sin die verwesentliking van die ideal om die evangelie binne die bereik van die Dowes te bring.
Opbrengs vir KANSA – R1989.30. Baie dankie hiervoor.
3. Die Interskole diens vind volgende Sondag 16 Aug om 18:30 by Swartland-Noord Gemeente plaas.
4. PASTORALE SPREEKKAMER: Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak. Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak. Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.
5. ‘n KERKRAADSVERGADERING word gehou op 20 Aug 2009 in die Kerksentrum. Die gesamentlike vergadering van die Wyksrade en Kerkraad vind om 19:00 (teebediening 18:45) in die grootsaal plaas, waarná die Wyksrade verdaag en die Kerkraad met hul vergadering in die kleinsaal voortgaan.
6.LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Babs le Roux (Amandelrug nr 9) 12 Aug
Mnr George Thysse (Weltevrede) 12 Aug ‘n spesiale verjaardag
Mev Elize Walters (Aandskemering) 12 Aug
Mev Anso Steyn (Uitsigstr 7) 14 Aug
Mev Anna Joubert (Aandskemering) 15 Aug ‘n spesiale verjaardag
Ons bid vir julle seën en vrede toe. Baie geluk!
Voorbidding:
Mev Jeanette Kirstein (Wandelstr 1) is in die hospitaal vir ‘n heupoperasie
Mnr Clyde Smit (Du Toitstr 5) sterk tans by die huis aan na ‘n operasie
Mev Rina Benade (Lippizanerstr 2)
Leraars wat Sondag 16 Augustus die eredienste waarneem:
Nagmaal - Kerk: Ds Johan O’Kennedy
Nagmaal - Aandsk: Ds Friedrich Claassen
Huiskerkgeleentheid – soos gereël in die wyke
7. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Geen kooroefening nie, maar wel Dinsdag aand.
Woensdag 12 Aug Wyksbidure
Weswyk 19:00 Kalbaskraalwyk (Oudl Hamman) by
Mnr & Mev Charles Hamman, Uitspan
Suidwyk 19:00 Doornfonteinwyk (Oudl Heyns) by
Mnr & Mev Radie Heyns, Arnaud
Ooswyk 19:30 Riebeecksrivierwyk (Oudl Walters) by
Mnr & Mev Bertie Walters, Klawervlei
Sentraalwyk 19:00 Babylonstorenwyk (Oudl Basson)by
Mnr & Mev Kobus Basson, Nooitgedacht
19:00 JB-Groep
Vrydag 14 Aug 09:00 Gebedsgroep – Skoolstr 35 18:30 Koffiekroeg
8.Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 9 Aug – 15 Aug
Fokusteks: Joh 6:35, 41-51
Ander tekste: 2 Sam 18:5-9, 15, 31-33; Ps 130; 1Kon 19:4-8; Ps 34:1-8; Ef 4:25
Ef 5:2
9.Die KERKBODE van 7Aug. is in die vakkies by die deure beskikbaar.
10. GEMEENTEBASAAR : SATERDAG 29 AUG : KERKSENTRUM
Konvenors:
Sameroepers: Charles en Alet Hamman 083-698-3405
Vleis: Kobus Smit 48-22053
Groente: Louw Benade 083-298-0951
Koeke en Terte: Anneli Botha 48-22187
Brood en Beskuit: Mariaan du Plessis 083-457-8456
Klein koekies: Ousus Baard 48-22412
Poeding: Wilma Rossouw 48-65831
Allerlei: Mariana Barnard 48-24298
Handwerk: Annette Frank 48-22592
Wit Olifant: Marí Roux 48-22676
Pannekoek: Mariëtte Malan 48-21207
Tee en Koffie: Mia de Beer 082-325-9330
Speelgoed: Paula Basson 084-734-5107
Wegneem-etes: Marietha Bester 48-22086
Sigrid Truter 48-22077
Alet Hamman 083-698-3405
Veeveiling: Du Toit Dürr 082-454-6801
Verwerkte produkte Rina Lock 082-225-6823
Kerkraadslede word versoek om asb voor of op die 14de Aug hul basaarlyste in te dien. Die produkste kan vanaf die 17de ingehandig word, sodat konvenors hul beplanning kan doen. Baie dankie.
11. Huiskerk geleentheid, vind op 16 Augustus 2009 plaas, soos in die wyke gereël. Kontak u ouderling of diaken in die wyk indien u nie in kennis gestel is waar die Huiskerk gehou gaan word nie.
12. Leiersklas vir Huiskerk – Sondagoggend 16 Aug na die Erediens
Vir ouderlinge en diakens, wat die Huiskerk die aand gaan lei, is daar ‘n leiersklas direk na die erediens in die gebedskamer. Die inhoud van die Huiskerk sal kortliks behandel word.
13. Bedanking – 2de Handse verkoping
Ons wil graag aan almal dankie sê wat bydraes gegee het vir die 2de Handse verkoping, wat op 1 Augustus plaasgevind het. Ook baie dankie aan almal wat betrokke was en gehelp het tydens die verkoping. Dit word opreg waardeer.
14. Lentewerkswinkels 12 September 2009
Verryking en Bemagtiging van Vrouelidmate en belangstellendes. Verryk of rus jouself toe vir groter diensbaarheid in die gemeente en gemeenskap.
Plek en koste: Ng Kerk Citrusdal 08:45 – 15:00
R70 per persoon
Inskrywings is beskikbaar by ons kerkkantoor of vir verdere inligting kontak Esther by 021 957 7190. Inskrywings sluit 1 September ’09
15. Die Skrywer en berader, Anne Cawood kom gesels oor haar boek “Tieners moet grense hê” op 12 Augustus. Kaartjies is beskikbaar by Laer- en Hoërskool Swartland asook CK Signs. Haar praatjie sal hoofsaaklik wentel oor hedendaagse dinge waarmee tieners gekonfronteer word.
Plek: Laerskool Swartland
Tyd: 12 Augustus om 19:00
Koste: R60p/p (sluit sop en broodjie in)
Vir verdere inligting kontak Marinda Blake by 082 922 6162/022 48-73203
(Die Barracuda Swemklub hou ‘n fondsinsameling t.b.v. Simone Mulder)
16. ‘n Omgee groep, met 3 lede vergader Dinsdae-aande om 19:30. Hulle is opsoek na nog lede of groepe om by aan te sluit. Kontak asb vir Jacky by 082 485 7154.
17.Neem Kennis: Verwantevergadering
Doel: Organisasie van OPEDAG-BASAAR
Datum: 11 Aug 2009
Tyd: 16:00 (4nm)
Plek: AANDSKEMERING
Die datum van die opedag-basaar is 30 Oktober 2009 om 09:30
18. T.b.v die Kerkbode-Kersfonds
Die wêreldbekende Tygerberg-Kinderkoor het ingestem om op Saterdag,
15 Augustus, ‘n spesiale uitvoering ten bate van die Kerkbode-kersfonds te gee. Kom luister na hemelse musiek deur die beste kinderstemme in die Wes-Kaap.
Plek: Hugo Lambrechts-Ouditorium, Parow
Tyd: 20:00
Koste: R60 elk
Om te bespreek, stuur ‘n epos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 021 864-8304



