Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 8 Mei 2011
09:30 Erediens - Ds Johan O’Kennedy
Gr 7-11 Kategese na erediens tot 11:30
18:30 Tekkiediens - Swl-Noord
Spes Sin Deurkollekte: Ramot
Opbrengs: Kinderhuise: R1341.00
Maandag 9 Mei
19:00 kooroefening
Woensdag 11 MeiGeen bidure a.g.v. Sinode sitting
JB-Groep om 19:00 KerksentrumVolgende Sondag 15 Mei
09:30 Erediens - Ds Friedrich Claassen
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum
Gr 7-11 Kategese na erediens tot 11:30
AAND: HUISKERK
Spes. Deurkollekte: Radio Kansel
Vigsherdenkingsondag
Nuwe IntrekkersBaie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.
Dankoffer-inbetalings
Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?Hier volg ons bankbesonderhede:
NG Kerk Swartland
ABSA-Malmesbury
Tjekrek: 380 580 039
Taknr: 632005
Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.
Gebedsgroep - Vrydae om 09:00 by die Kerksentrum Almal is baie welkom om dit by te woon!!
ProjekteIndien u belangstel om diens te doen by die klank in die kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411. Dit sal baie waardeer word
Kom toer saam: DV 7-17 Okt 2011 Ons toer na Sun City vir die Huisgenoot Skouspel. Hierna rus ons in die Kruger Wildtuin en met die terugkom besoek ons die bekende Ludwig’s Roses.Kostes: R7 985 pp.(ingesl Skouspel toegangskaartjie, reis- en verblyfkostes asook alle etes)
Kontak Eunice v.d Merwe by ACVV Dienssentrum Worcester, 023-3420624 vir meer besonderhede
My pa dink hy’s Elvis met Ben Kruger en Viljé Maritz -Woensdag 1 Junie - De Bron Teater
“Teen die agtergrond van ‘n kastige “drab Elvis show” op die platteland raak “My pa dink hy’s Elvis” meer kwessies aan as op die oog af. Dit, en Elvis die “impersonator” beloof vir goeie drama en vermaak!TIENERBEDIENING
Ons benodig nog kleingroepleiers. Hierdie is nie alleen ‘n bedienings-geleentheid nie, maar ook ‘n geleentheid om geestelike te groei. Kom word deel van ‘n span wat ons tieners begelei om Jesus as Verlosser te ontdek, aan te neem en voluit vir Hom te lewe. Persone wat betrokke wil raak by die Tienerbediening op Sondae na kerk kan vir Ds Friedrich kontak (082 521 4211).
Ester konferensie aangebied deur NG Kerk Moedergemeente Vredenburg en AkkerdykGOD MAAK JOU BEKOORLIK, VIR HOM!
Datum: 17-18 Junie 2011Tyd: Vanaf 17:00 (Vrydag - 17de)
08:00 - 16:30 (Saterdag - 18de)
Kostes: R180 p.p (sluit etes en konferensiemateriaal in)Plek: NG Moedergemeente,Vredenburg
Inskywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.Vir navrae skakel Renette, 082 877 5313 of Ronel, 082 873 3757
GEBEDSBLADOns dink aan ons gemeente
-
Mnr Fanie Weyers, Moorreesstr 19 - in Durbanville Medi-kliniek
-
Mnr Willie Bestbier, Botriviervlei - Paarl Medi-kliniek vir operasie
Voorbidding vir ondergenoemde persone in Aandskemering se gesondheid.
-
Mev Louise Euvrard
-
Mev Johanna van Aarde
-
Mnr Deon van den Heever - kankerafdeling
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
Mnr Andries Strydom, Loedolfstr 21, 8 MeiMev Anna Bester, Aandsk, 10 Mei
Mev Minah Engelbrecht, Aandsk, 11 Mei
Mev Lettie Woest, Aandsk, 14 Mei
Seënwense word u toegewens. Baie geluk
Bybelskool geleentheid word aangebied op Sondag 22 Mei om 18:30 in die Kerksentrum.Prof Hendrik Bosman van Stellenbosch se Kweekskool kom gesels oor die tema “Raar maar waar”. Dit handel oor die eerste 11 hoofstukke van die boek Genesis. Dit beloof om insiggewend en baie interessant te wees.
Tekste vir die week:8 Mei 2011 - 14 Mei 2011
Fokusteks: Ps 116:1-4, 12-19
Ander tekste: Hand 2:14a, 36-41; 1Pet 1:17-23; Luk 24:13-35
Fokusteks - 15 Mei: Joh 10:1-10
‘n Kunsuitstalling met die tema: “Wat die hart van vol is…..” word aangebied deur bekende kunstenaars van die Wes-Kaap en omgewing.
Wanneer: 30 April tot 13 Mei
Waar:NG Kerksaal, Riebeek-Kasteel
Besigtingstye: 09:00 tot 17:00
Toegang: Gratis
Verversings word tydens die uitstalling te koop aangebied
Elise Bosch: Stories van hoop van Hillbrow. Donderdag 19 Mei om 19:00 by die NG Kerk Wellington-OosKom kuier lekker saam met ‘n koppie sop daarna. Enige navrae, skakel vir Karen van As by 082 446 7002
Rond-om-Talie-klerekasDit raak weer winter en die navrae by die klerekas vir 2de handse goedere is groot. Ons benodig nog warm klere, komberse en skoene. Bogenoemde kan by die kerkkantoor afgegee word. Dit word baie waardeer. Baie dankie
NG Vrouelidmate: Sinodale Vrouedag!Die vrouelidmate se sinodale byeenkoms/vrouedag vind plaas op 18 Mei by die Eensgezindonthaalsaal (op die Klipheuwelpad) buite Durbanville.
Gassprekers: Elise Bosch, Jeanne Els (rubriekskrywers van LIG). Gaskunstenaar: Heinz Winckler.
Registrasie vanaf 08:30. ‘n Heerlike ontbyt word voorsien vanaf 09:00. Vir meer besonderhede skakel Esther by 021 957 7190.Kostes: R150 p/p
RAMOT BEHANDELINSENTRUM VIR ALKOHOL- EN ANDER DWELMVERSLAWINGRamot is die NG kerk se behandelingsentrum vir alkohol – en ander dwelmverslawing en bestaan reeds vir 45 jaar. Gedurende hierdie tyd het meer as 160 000 mense direk of indirek hulp ontvang met verslawing aan alkohol en ander dwelms. Alkohol is egter steeds die grootste probleem en kan met reg 'n wolf in skaapsklere genoem word.
Ramot bied 'n omvattende behandelingsprogram aan met onder meer sielkundiges, 'n pastorale konsultant, ’n dieetkundige, ’n biokinetikus, mediese personeel en ’n kreatiwiteitsbeampte as deel van die span. Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag. Die kerk kan met reg trots wees op Ramot. Verslaafdes is om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Niemand wil hulle hê nie en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die verslaafde. Help ons asseblief om aan verslaafde mense ’n tweede kans te gee. Die kans van ’n nuwe lewe in Jesus Christus. U kan ons help deur te bid vir genade en wysheid asook deur bedrae te maak om meer mense te help teen bekostigbare pryse.



