Oggend:
09:00 : Doopdiens : Ds Gert Hattingh
09:00 : Kinderkerk Gr 1-6
Modkats direk na die erediens
Aand:
Die Ringsitting vir die Ring van Swartland - vanmiddag en môre by Swartland gemeente
18:30 : Tekkiediens vir almal – oud en jonk!
Tema: Emosionele Intelligensie en die Wil van die Here
Leraar: Ds Pierre Goosen
Vandag: Nasionale Biddag vir Dowes
2. Vanoggend Sinodale deuroffer vir die Instituut vir Dowes. Aanstaande Sondag ‘n Sinodale Deuroffer vir die Teologiese Kweekskool. Die Kweekskool vorm die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1859 word predikante van die NG Kerk-familie hier opgelei. U voorbidding word gevra vir die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, veral hulle wat met hulle gemeentejaar besig is. Die dekaan, dosente en personeel moet ook aan God opgedra word, sowel as die nuwe studente wat tot die bediening geroep mag word.
Opbrengs vir VCSV R991.50. Dankie hiervoor.
3.Orreluitvoering deur Winand Grundling en Johann Enslin
Winand Grundling en Johann Enslin is twee baie vaardige orreliste by onderskeidelik die Wellington-Oos en Wellington-Noord gemeentes. Hierdie twee jong manne kom hou ‘n orreluitvoering op ons orrel op 20 September 2009 om 16:30. Daar gaan ook ‘n kort voorprogram aangebied word deur van ons plaaslike talent. Die kaartjies is R30 en is beskikbaar by die kerkkantoor 022 48-22411 en by Carina Zöllner – 083 560 9849.
4. Almal wat belangstel om na ‘n besige kwartaal weg te breek: ‘n Gemeente in die Kaap, nooi ons uit om saam op die Oranjerivier te roei 27 Sept – 2 Okt. Skakel asb ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.
5.LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Beatrix Basson (Aandskemering) 6 September
Mev Lenie Kruger (Meulstr 3) 7 September
Mev Rita Coetzee (Aandskemering) 7 September
Mnr Louis van Aarde en Mev Grace Lambrechts (Aandsk) albei op 12 Sept
Voorbidding:
Mnr Johan Döman, Pleinstraat 18, is in Paarl Medikliniek
Mev Comien Smit,Aandskemering is in Paarl Medikliniek vir ‘n operasie
Mnr Jan Louw, Soutpan is in Paarl Medikliniek.
Leraars wat Sondag 13 September die eredienste waarneem:
Oggenddiens: Ds Friedrich Claassen
Diens –Aandsk: Ds Friedrich Claassen
Let op: Die Bybelskool van 13 Sept, is afgestel
6. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 7 Sept 19:00 Kooroefening
Wyksbidure
Woensdag 9 Sept
Weswyk 18:00 Wes 4 (Oudl Brits) by Mnr&Mev Willie du Preez,Moorreesstr 23
Suidwyk 19:00 Suid 12/13 (Oudl Retief) by Mnr & Mev Philip Lock, Kloofstr 4
Ooswyk 19:00 Oos 5/6/7 (Oudl Matthee) by Mnr&Mev Doppies Ackermann, Vredestr 8
Sentraalwyk 19:00 Sen 05 (Oudl Dürr) by Mnr & Mev Wilhelm Dürr, Rainierstr 5
19:00 JB-Groep
Vrydag 11 Sept 09:00 Gebedsgroep – Skoolstr 35
18:30 Koffiekroeg
7. Ons benodig dringend ‘n stofsuier vir die Kerk. Indien iemand hiermee behulpsaam kan wees, kontak asb die Kerkkantoor by 022 48-22411. Baie dankie.
8. Indien u ou tydskrifte of enige geestelike leesstof het wat u wil weggooi, kontak asb vir mev Anna Lesch by 073 171 4421.
9. Die AVONTUURKAMP vir G.10 en 11-leerders vind o.l.v. Ds Friedrich Claassen vanaf 23 – 28 September by die Biedouw-Vallei plaas. ‘n Kamp van ‘n leeftyd. Luilekker ontspan, vriende maak, kuier tot laatnag, praat oor die lewe, avontuur, swem, stap, sing, speel en vele meer.
Inskrywingsgelde - R500 pp en sluit alle kostes in. Plekke is beperk – 40 kinders. Skryf in voor 11 September 2009 om jou plek te verseker. Vir navrae kontak Ds Friedrich Claassen by 087 807 7770.
10. Finalejaar Katkisante kamp
Vanjaar se kamp vind plaas 16-18 Oktober 2009. Ons benodig nog vleis, melk, vrugte, groente of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.
11. Beradingskursus : Opvolg
Al die lidmate wat die afgelope 3 jaar reeds die eerste kursus “Beradings-vaardighede: vaardighede vir die vertel en herskryf van verhale” bygewoon het, word uitgenooi na die opvolgkursus, Module 3: Nagedink oor God in mense se lewensverhale
Die doel van hierdie module is:
v Om na te dink oor God in Lyding:
v Om 'n openheid vir verskillende godsbeelde te ontwikkel en uit te bou
v Om na te dink oor eie godsbeelde
v Om blokkasies in mense se verhouding met God te verstaan
v Om nuut ontdekte godsbeelde deel te maak van my verhaal
v Om beraders te help om saam met mense te soek na God in hulle lyding.
Die koste beloop slegs R20 vir die materiaal.
Datum: 19 Sept 2009 om 8:00 to 13:00 in die kerksaal.
Skryf asb in voor die 16 September 2009 by die kerkkantoor, of skakel vir Ds Gert of Anita Hattingh by 022 487 1539.
12. WOEKERPROJEK
Ons begin ‘n WOEKERPROJEK t.b.v ons Oortrokke Bankrekening. Ons nooi almal om deel te neem, saam te werk en saam te gesels. U kry ‘n koevert met R10 in waarmee u moet woeker. U moet dan ASB!! R200 of MEER terugbring na die Kerkkantoor voor 30 November 2009
Koeverte is vandag beskikbaar in die Moederskamer en vanaf môre by die kerkkantoor.
13. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 6 Sept – 12 Sept
Fokusteks: Mark 7:24-37
Ander tekste: Spr 1:20-33; Ps 19; Jes 50:4-9a; Ps 116:1-9; Jak 3:1-12
14. Ons is dringend opsoek na werk vir een van ons vroue lidmate. Indien u dalk weet van ‘n administrasie pos, kontak asb. vir Ds Friedrich by 082 521 4211 of tuis by 087 807 7770.
15. Borg ‘n toebroodjie
Ons beleef tans een van die moeilikste ekonomiese tye sedert 1970. Voedselnood raak ‘n al groter realiteit. Die gevolge hiervan word al meer sigbaar en as Kerk van Christus kan ons nie toe kyk sonder om ‘n verskil te probeer maak nie. Dit het onder ons aandag gekom dat daar soms nie brood in ‘n huis is om vir ‘n kind ‘n toebroodjie skool toe in te sit nie. Hier kan ons ‘n verskil maak! As jy kan, wil jy nie asb vir jou kind ‘n ekstra toebroodjie in sit skool toe nie? Op hierdie manier kan jou kind vir ‘n maatjie, wat nie ‘n toebroodjie het nie, ‘n toebroodjie aanbied. Kom ons maak ‘n wêreldse verskil vir iemand!! Indien u self of u weet van iemand wat nood het, kontak asb. een van die leraars. DIT SAL VERTROULIK HANTEER WORD. Dankie.
16. EREDIENSTYE vanaf 1 Januarie 2010
Die Kerkraad het op Donderdag 20 Augustus 2009 die volgende besluit geneem:
Die Eredienstye van 2009 wat om 09:00 begin het, was slegs vir ‘n proeftyd van ‘n jaar. Na evaluering van die tyd het die Kerkraad besluit dat Eredienstye vanaf 1 Januarie 2010 na 09:30 verander. Die Kerkraad is van mening dat 09:30 vir NG Gemeente Swartland en die gemeenskap van Malmesbury, die mees geskikte tyd is.
Om in die proses na Lidmate te luister, word daar aan lidmate die geleentheid gegee om per brief te reageer op besluite van die Kerkraad. Hulle kan alle korrespondensie aan die Voorsitter van die Kerkraad rig.
Baie dankie vir u begrip en volgehoue ondersteuning. SAAM WERK ONS GRAAG IN GOD SE OESLAND, om as ‘n Geesvervulde gemeente die wil van die Here ten volle uit te leef en om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
17. PASTORALE SPREEKKAMER: Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak. Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak. Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.
18. Borgskappe vir kalender van 2010: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R750,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring. Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde van September by die kerkkantoor ingedien word.



