@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 6 Junie 2010

swartland-ng-kerk
PROGRAM VIR DIE WEEK
SONDAG 6 JUNIE 2010
09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh
09:30 Kinderkerk – Kerksentrum
Modkats direk na erediens tot 11:30
Sin. Deurkollekte: Jeugwerk

18:30: Bybelskool – Prof Bosman Onderwerp “ Hoe onlangse Archeologiese ontdekkings ons help om die Ou Testament beter te verstaan”  Opbrengs Aandskemering: R1139.10

Volgende Sondag 13 Junie 2010

09:30 Doopdiens– Ds Gert Hattingh

Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds

Biddag vir Jeug en Kategese

Woensdag 9 Junie

SKOLE SLUIT

19:00 JB-Groep – Jeuglokaal

Vrydag 11 Junie

Doopregistrasie vir 4 Julie kan telefonies of by die Kerkkantoor gemaak word.

Besoekers

Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.

Lidmaatskap ontvang:

Elizabeth Wilhelmina Loubser (nou Dreyer) en Casper Becker Dreyer, Aandskemering, voorheen van Swartland-Noord. Baie welkom in ons gemeente.

Projekte

Persone neem in die wintermaande ‘n geleentheid om op Woensdae tussen 11:30 en 12:30 vir haweloses sop te bedien.

Mei & Junie: Swartland-Noord

Julie & Aug: ACVV

Sept & Okt: Moedergemeente

Enige hulp is baie welkom!!!

Die Klerebank is Maandae middae tussen 14:00 en 16:00 oop en op Woensdae oggende tussen 10:00 en 12:00. Daar is ‘n behoefte aan persone om die Klerebank te beman. Indien u belangstel, skakel asb die Kerkkantoor.

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmale kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas.

Ook by Pick & Pay en Raimondi’s

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

Lidmate wat bejaardes wil besoek, voorlees en ondersteun in Aandskemering kan vir mev Saayman kontak by 022 48-21466

Tekste vir die week 6 Junie tot 12 Junie

Fokusteks:   Ps 30

Ander tekste: 1Kon 17:8-16;  Ps 146;  Gal 1:11-24;  Luk 7:11-17

Fokusteks vir 13 Junie:  Gal 2:15-21

Die Mannekamp in samewerking met NG Darling vind nie meer van 4-6 Junie 2010 plaas nie, maar van 13-15 Augustus 2010 te Swartbergsvlei. Belangstellendes moet asb. nou alreeds hulle name aan Ds. Claassen gee.

GEBEDSBLAD

Ons dink aan die wêreld

  • Ons doen voorbidding. Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.

Ons dink aan Suid-Afrika

  • Ons bid vir almal wat op die pad gaan hierdie vakansie. Mag almal veilig ry en veilig by hul bestemming aankom.

  • Ons bid vir ons president wat al hierdie belangrike besluite vir ons land moet neem.

·         Bid vir die veiligheid in ons land

Ons dink aan ons omgewing

  • Bid vir die haweloses. Mag hulle ook ‘n plekkie vind teen die koue winteraande.

Ons dink aan ons gemeenskap

  • Ons bid vir Mev Anita Thiart, Rainierstr 27. Haar gesondheid is nie na wense nie.

  • Mariana Bloem gaan Maandag vir ‘n operasie, Durbanville Medi Kliniek

  • Tannie Doreen Visser, Gordonshof, is ongesteld

  • Tannie Martie Weyers, Moorreesstr, sterk tuis aan na operasie.

  • Voorbidding vir Mariette Malan, Hofstr 1

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Magriet van Zyl, Elmarhof nr15, verjaar vandag.

Mev Coo du Plessis, Aandskemering, verjaar 9 Junie

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

Die Kerkbodes van 4 Junie 2010, is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Die Boodskappers is vandag beskikbaar vir al die Kerkraadslede. Teken asb op die lys aan die hoeveelheid wat u neem. Baie dankie

Sokkerwêreldbeker

Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:

Japan

Gebeds versoeke:  Populasie: 127 miljoen

Persentasie Christene: Christene 2%,   Evangeliese Christene 0,4%,  Boeddhiste/Shinto’s 83,9%

Drie gebedsversoeke:

  • Dat sokkerspelers en ondersteuners wat na die WB toe kom, Jesus Chistus sal ontmoet en Hom as hulle Heer en Verlosser sal volg

  • Bid vir meer sendelinge in Japan. Die taal, skrif en kultuur van Japan is moeilik om aan te leer en die invloed van die wêreld is ’n uitdaging

  • Bid vir die sendelinge in Japan wat dikwels ontmoedig voel. Lewenskoste is ook baie hoog en dis moeilik vir die gemiddelde sendeling om daarmee ’n bestaan te maak.

Slowenië

Gebeds versoeke:  Populasie:  2 miljoen

Persentasie Christene: RKK 58%, Ortodoks 2,3%, Protestante 1,1%, Islam 2,4%.

Drie gebedsversoeke:

  • Dat sokkerspelers en ondersteuners wat na die WB toe kom, Jesus Chistus sal ontmoet en Hom as hulle Heer en Verlosser sal volg.

  • Dat die selfmoord en aborsie syfers sal daal.

  • Vir geestelike vrug onder die Sloweniërs.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 6 Junie 2010
schoemans-chartered-accountants die-courant