@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 6 Des 09

swartland-ng-kerk
1.   EREDIENSTE:
Oggend:
09:00 : Doopdiens : Ds Johan O’Kennedy
09:00  : Kinderkerk-Afsluiting in Kerksentrum
Modkats-Afsluiting na die erediens
19:00 : Gesam.Huiskerk-Afsluiting met Poppespel van Laerskool Swartland in Kerksentrum.
Daarna word Kersliedere in Aandskemering gesing- Almal is welkom!!!

2.  Vanoggend ‘n Spesiale deurkollekte vir ons Restourasiefonds. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale deurkollekte vir ons Restourasiefonds.

Opbrengs vir die Instituut vir Blindes R1232.90 en opbrengs vir die Kerssangdiens – R3895.55. Baie dankie hiervoor.

3.  Die Kerkkantoor sluit Dinsdag 15 Desember 2009 om 17:00.  ’n Vriendelike versoek dat Kerkraadslede asb voor of op die 15de kom inbetaal. Baie dankie

4.  Die volgende lidmate is as Jeugdiakens verkies by die Kerkraadsvergadering van 12 November 2009

Basson, Stephan us Gerhardus     (Stéphan)                     

Bergh, Donwynne                                                                               

Bruwer, Bianca                                                                                      

Geldenhuys, Johannes Nicolaas  (Nic)

Sprong, William

Stassen, Chrislene Vivien  (Chrislene)

Terblanche, Carla-Mart

5.  ACVV – Kos vir Kersfees

Die ACVV gee reeds jaarliks net voor Kersfees kospakkies aan 55 behoeftige gesinne en bejaardes in ons gemeenskap.  Ons benodig o.a blikkies kos, vrugte en groente asook vleisprodukte vir die doel.  Indien u ons behulpsaam kan wees in die verband, sal ons dit baie waardeer. Vir enige bydraes en navrae, kontak die ACVV by 022 48-22245 of 022 48-23328       

6.  LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate

Mev Annie Ritter, Aandskemering,  10 Desember

Baie hartlik geluk en seën word u toegebid!!

Voorbidding:

Mev Elsa van Wyk, Amandelrug, se swaer is ernstig siek in Durbanville Medi-kliniek.

Mev Linette Geldenhuys, Auctionstr 10a, is in die hospitaal vir ‘n operasie.

Mev Mariaan Bader, De Molen nr 4, se skoonma is oorlede

Ons innige meegevoel aan die familie.

Leraars wat Sondag 13 Desember en 16 Desember die eredienste waarneem:

Spes.Doopdiens: Ds Friedrich Claassen

Versoeningsdiens: Ds Gert Hattingh (Spes Deurkollekte: Makhatini Sending)     

 7.         PROGRAM VIR DIE WEEK …                                                         

Maandag 7 Des        19:00   Kooroefening

Woensdag 9 Des     19:00  JB-Groep

Vrydag 11 Des         Skole Sluit                                                                                                                                           

8.   Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 6 Des tot 12 Des

Fokusteks vir 6 Des: Maleagi 3:1-4 

Ander tekste: Luk 1:68-79; Fil 1:3-11; Luk 3:1-6   

Fokusteks vir 13 DesSefanja 3:14-20

9.    PASTORALE SPREEKKAMER:  Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak.  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak.  Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.

10.    AANDSKEMERING ACVV TEHUIS VIR BEJAARDES      

 Aandskemering benodig die dienste van ‘n geregistreerde Verpleegkundige. Ons vra die gemeente vir voorbidding vir hierdie saak, dat die Here sal sorg dat ‘n bekwame persoon sal aansoek doen. 

Mev V Saayman, Hoof van Aandskemering.

11.    Die ACVV benodig die dienste van ‘n Dienssentrum Bestuurder (5/8ste pos). Vir navrae skakel Magdaleen Buitenhuis 022 48-24007  083 703 3292

12.   Huweliksbevestiging vind in ons gemeente plaas op Saterdag 12 Desember 2009 van:

Simoné Senekal, jongdogter van Bordeaux Plaas, Malmesbury en

Ian Booysen, jongman ook van Bordeaux Plaas, Malmesbury.

Ons wens vir julle ‘n geseënde huwelikslewe toe.

 13.    Die ACVV Dienssentrum sê baie baie dankie aan elke Bybelstudiegroep, wyk en vrywilliger wat gratis mobiele etes op Woensdae regdeur die jaar verskaf het.  U hulp vervul in ’n baie groot behoefte by behoeftige bejaardes.  Ons sien raak dat u ekstra moeite gedoen het en waardeer dit opreg.  Baie dankie.

14.   Baie baie dankie aan almal wat betrokke was met die Woekerprojek,  die Kunsveiling,orreluitvoering en al die bydraes wat gegee is vir die 2de Handse verkopings deur die jaar.  Daar is soveel waarvoor elkeen van ons dankbaar moet wees soos om ons talente te gebruik en uit te deel aan minder bevoorregdes.  Elke bydrae wat gelewer is om ons Kerk se oortrokke rekening af te werk, sê ons dankie voor.  Sonder julle hulp en ondersteuning, was dit nie moontlik nie.

Bedrae ingesamel is soos volg:

Orreluitvoering:                                                         R 4 820.00

Woekerprojek:                                                          R21 736.00

2de Handse verkopings:                                           R 8 670.00

Kunsveiling:                                                                R15 000.00

Totale bedrag                                                           R50 226.00

15.    Die Kerkbode van 4 Desember is beskikbaar in die vakkies by die deure.

16.    ‘n Musiekaand sonder grense!!  Die Afrikaanse Idol, Dewald Louw en C2C, gaan oud en jonk vermaak met bekende treffers en hope persoonlikheid!

Waar:  Wellington-Oos Kerksaal

Wanneer: 10 Desember 2009

Tyd: 19:30

Bespreek kaartjies by The Write Shoppe (021) 873 5667 – R60p/p

17.       ROEI OP DIE ORANJE - 2010

 Almal wat belangstel om 5-10 April 2010 op die Oranjerivier te roei, kan hul name by die Kerkkantoor ingee.  Navrae by 022 48-22411. Beperkte aantal plekke beskikbaar.

18.     Lidmaatskap ontvang:

Jan-Paul Louw en Hester Snyman (nou Louw), Percheronstr 30, vanaf Swartland-Noord.  Baie hartlik welkom in ons gemeente

                                                  VOORBIDDING VIR ZIMBABWE

Dankie vir julle belangstelling in die Zimbabwe boere, hier is 'n paar gedagtes rakende gebedsbehoeftes:

Vir 'n stabiele omgewing op ons plase waar ons sekuriteit en beskerming kan geniet vir ons families, ons werkers en hul families . . .

. . . en waar daar 'n probleem is, vir 'n omgewing waarin die probleme op 'n rasionele manier bespreek kan word, sonder dat reg in eie hande geneem word . . .

. . . vir samewerking tussen die regering en die boere om 'n permanente oplossing te vind vir die konflik rondom grond . . .

. . . vir ons werkers wat bitter swaar kry, huise, inkomste ensovoorts verloor het . . .

. . . vir ons bejaardes, kinders en vrouens - finansiële nood, ontwrigte families

. . . vir ons boere en andere wat vervolg word in die howe . . . 

. . .  Bid vir Zimbabwe, hier is so baie nood . . .  bid vir die regte leiding/leiers vir Zimbabwe, ons oplossing gaan begin by goeie leiding/leiers. 

You are here: Church NG Gemeente Swartland 6 Des 09
schoemans-chartered-accountants die-courant