Sondag 5 September
09:30 Oggenddiens– Ds Gert Hattingh
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum
Modkats direk na erediens tot 11:15
Sin. Deurkollekte: Instituut vir Dowes
18:30 Tekkiediens – Swl-Noord
Ringsitting van 5 en 6 September 2010 te NG Gemeente Wellington.
Volgende Sondag 12 September 2010
09:30 Oggenddiens– Ds Johan O’Kennedy
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum
Modkats direk na erediens tot 11:15
Sin Deurkollekte: Teologiese Kweekskool
18:00 Diens by Aandskemering:
Ds Johan O’Kennedy
Maandag 6 September
Kooroefening om 19:00
Woensdag 8 September- Wyksbiduur
Suid 8/9Wimpie en Ousus Baard, Victoriastraat 28 om 19:00
Oos 11
Mnr en Mev Gerrie Thiart, Rainierstraat 27 om 18:00
Kalbaskraalwyk
Charles en Alet Hamman, Uitspan om 19:30
Komende produksies deur Teaterwerksgroep aangebied in De Bron Teater op 11 September 2010
10h00: So 'n bek moet jêm kry
(Kinderteater met tema: idiome)
R30 per persoon
19h00: Die Naaimasjien
met Sandra Prinsloo
R100 per persoon
Kaartjies is by Kerkkantoor en by die deure beskikbaar
AMOS PLAASWERKERSKAMP 17–19 September 2010
Vanjaar se Amoskamp by Kultuursentrum, Melkbosstrand. Inskrywings sluit 10 September. Kontak Ds Gert Hattingh by 022-48 71539 indien u graag nog plek wil bespreek.
Vrydag 10 September 2010
Gebedsgroep om 09:00
Tema: Die Werkterrein van die Heilige Gees – Sus Hagen, Jer 17:7
Projekte
Die gesamentlike finalejaar katkisasiekamp van Swartland en Swartland-Noord gemeentes vind plaas DV 15-17 Okt 2010 te Bridgetown, naby Moorreesburg. Indien daar enigiemand is wat ons kan help met kos soos vleis, vrugte, melk, groente, beskuit, lekkernye, plaatkoek ens. sal dit baie waardeer word. Skakel asb met ds Johan O’Kennedy.
A.g.v die wykraadsvergadering van 2 Sept. verskuif die inligtingsessie van 9 Sept na 16 Sept om 19:00
Avontuurkamp 23–27 Sept. Enige Gr 10 en 11 leerder wat die kamp wil bywoon, kontak Ds Friedrich by 082 521 4211.
Besoekers
Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef.
Die Kerkbode van 3 September is in die vakkies by die deure beskikbaar.
ACVV
Onbederfbare produkte vir behoeftiges
U
Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:
Suid: Tuna en/of Spaghetti
Oos: Rys en/of Tamatievis
Wes: Macaroni en/of Blikkiesvleis
Sentraal: Suiker (1kg) en/of boksiemelk
Baie dankie vir u ondersteuning!
Almanakkommissie vergadering – 13 September om 18:00 in Kerksentrum
Woensdag - 8 September
19:00 – JB-Groep
Nuwe Intrekkers
Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.
GEBEDSBLAD
Ons dink aan die wêreld
-
Voorbidding vir al die leiers regoor die wêreld, met belangrike besluite wat geneem moet word.
Ons dink aan Suid-Afrika
-
Vandag Nasionale Biddag vir Dowes: Ons vra voorbidding vir die volgende: Ouers met dowe kinders en dowe kinders van horende ouers; Werksgeleenthede vir dowes; Dowes se spesiale behoeftes
Ons dink aan ons gemeenskap
-
Voorbidding vir ons boere en hul boerdery.
Ons dink aan ons gemeente
-
Mev Bea Liebenberg, Rainierstr 20, skoonsuster in die week oorlede
Ons innige meegevoel aan die familie.
Beroepingsproses
Die Kerkraad het goedkeuring gegee dat ‘n Pre-Advieskommissie saamgestel word vir die beroep van ‘n nuwe leraar in Ds Hattingh se plek. Ons wil die gemeente in die proses ken en betrek deur aan u die geleentheid te gee om name te nomineer. Nominasie vorms is by die kerkkantoor en sal ook in die nuusbrief en Boodskapper beskikbaar gestel word. Daar is ook ‘n vraelys by die kerkkantoor beskikbaar indien u insette sou wou lewer wat betref die profiel samestelling van die leraarspos. Ons hoor graag van u, want as gemeente is u deel van die beroepingsproses. Ons vra u voorbidding vir dié proses.
Tekste vir die week: 5 Sept tot 11 Sept
Fokusteks: Luk 14:25-33
Ander tekste: Jer 18:1-11;
Ps 139:1-6, 13-18
Fokusteks vir 12 Sept:
Luk 15:1-10
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
Mev Lenie Kruger, Meulstr 3, 7 September
Mev Rita Coetzee, Aandskemering, 7 Sept
Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.
Borgskappe vir kalender van 2011: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R800,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring. Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde van September by die kerkkantoor ingedien word.
Swartland-Noord Vrouediens se algemene byeenkoms: 7 September om 19:00 by Swl-Noord kerksaal. Die gasspreker is Ds Marius Falck.
Toegang R20 p/p en sluit tee en verversings in. Mans ook welkom!!
Kovsie Kerk fondsinsameling
Studente hou die September vakansie ‘n fondsinsamelingsmarathon deur die land en besoek Malmesbury op Vrydag 1 Oktober 2010. Ons beplan om die 70 studente van middagete te voorsien en nooi alle oud Kovsies en gemeentelede wat 'n bydrae wil maak om Gielie du Toit 0837752523 te kontak.
Neem kennis:
Die koster, Huibrecht Moolman se selnommer het verander. Haar nuwe nommer is 084 771 3524
'n Gespreksaand oor die doop word aangebied met die tema: “Water wat verenig of water wat verdeel.” Dr André Cilliers tree as spreker op. Kom gesels en besin saam op 12 September om 18:30 in Swartland-Noord Kerk.
Lidmaatskap ontvang:
Magdalena Johanna Thomson (nou Strydom), Rainierstr 31, vanaf Florauna Gemeente.
Baie welkom in ons gemeente!!



