Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 5 Des 2010
09:30 Doopdiens – Ds Friedrich Claassen
Spes Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs: Paarl Skool vir serebraal gestremdes - R1137.10
Volgende Sondag 12 Des. 2010
09:30 Oggenddiens - Ds Gert Hattingh
Spes Deurkollekte: Restourasiefonds
Woensdag 8 Desember – biduur Grasrugwyk -
Bring en braai afsluiting by Truter en Maralize de Kock, De Grendel om 19:00
Die Kerkkantoor sluit Woensdag 15 Desember 2010 om 14:00 en open weer op 10 Januarie 2011. ’n Vriendelike versoek dat Kerkraadslede asb voor of op die 15de kom inbetaal.
Baie dankie.
Nuwe Intrekkers
Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.
Besoekers
Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef.
Dankoffer inbetalings
Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?
Hier volg ons bankbesonderhede:
NG Kerk Swartland
ABSA-Malmesbury
Tjekrek: 380 580 039
Taknr: 632005
Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.
Projekte
ACVV
Onbederfbare produkte vir behoeftiges
U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas
en ook by Malmesbury SPAR
Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:
Suid: Tuna en/of Spaghetti
Oos: Rys en/of Tamatievis
Wes: Macaroni en/of Blikkiesvleis
Sentraal: Suiker (1kg) en/of boksiemelk
Baie dankie vir u ondersteuning!
Met ons “Hotdog” verkope Saterdag 27 November, het die JB-groep altesaam R2800 ingesamel vir ons Kinder-bybelveldtog vir Huis Dahlia. Ons wil graag dankie se aan Malmesbury Spar, Laerskool Swartland, gemeente lede asook ons Vader, Jesus Christus wat dit moontlik gemaak het. “JB Span"
Die ACVV beoog om oor die Kersgety +- 55 kospakkies aan behoeftige gesinne en bejaardes in die gemeenskap beskikbaar te stel. Hulle benodig blikkies kos en toiletware. Indien u graag enige skenking wil maak vir die kospakkies, neem dit asb voor 17 Desember 2010 na die ACVV kantoor. Baie dankie vir u hulp en ondersteuning in hierdie behoefte.
Indien u graag belangstel om diens te doen by die Dataprojektor en of by die klank in die Kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411.Dit sal baie waardeer word.
Die Kerkbode is in die vakkies by die deure beskikbaar.
Die Boodskappers en die Almanakke is vandag in die Moederskamer beskikbaar. Teken asb op die lys en hoeveel eksemplare u neem. Baie dankie.
NG Gemeente Philadelphia hou vanaand om 19:00 hul Kerssangdiens. Die gaspredikant is Ds Janlu Kuyler. Almal is baie hartlik welkom. Dis sal baie lekker wees as gemeentelede saam met ons die vroeë kersgety kom vier.
GEBEDSBLAD
Ons dink aan ons gemeente
-
Ons innige meegevoel aan Johan en Riette Coetzee en gesin van Loubserstr 6 met die heengaan van Riette se moeder mev Hettie Basson, Aandskemering.
-
Mev Lenie Smit, voorheen van Houtstr 20 is in die week oorlede.
Ons innige meegevoel ook aan haar familie.
Tekste vir die week : 5 Des - 11 Des
Fokusteks: Matt 3:1-12
Ander tekste: Jes 11:1-10; Ps 72:1-7, 18-19; Rom 15:4-13
Fokusteks vir 12 Des: Matt 11:2-11
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
Mev Annie Ritter, Aandskemering, 10 Des
Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.
GRAAD 8 EN 9 KATEGESEKAMP 28-30 JANUARIE 2011
’n Kamp vir Graad 8 en 9 kategese by De Doorns. Jy sien seker al lankal daarna uit. ’n Kamp spesiaal vir jou. Daarom wil ek jou nou alreeds daaraan herinner en vir jou ouers vra om aan die begin van die vakansie alreeds ’n geldjie eenkant te sit vir die kamp. Omdat dit ’n kategese kamp is sal dit lekker wees as elkeen van julle Graad 8 en 9 groep gaan. Die leerders van NG Swartland Noord word ook na die kamp uitgenooi. Ons vertrek per bus DV op Vrydag 28 Januarie om 15:00 nm vanaf Huis van Zyl Meisiekoshuis. Ons is weer terug op Sondag 30 Januarie om 15:00 nm by Huis van Zyl Meisiekoshuis.
Bring asb. die volgende saam:
1. Beddegoed (slaapsak, laken, kussing)
2. Eetgerei (bord, beker, mes, vurk, lepel, ens) en ʼn afdroogdoek.
3. Klere
4. Swemklere
5. Jou Bybel en pen/potlood
6. R300,00 vir kampgeld
7. Toiletware
Inskrywings vir die Kamp sluit Sondag 23 Januarie 2011. Die vorms is beskikbaar in die vakkies by die deure.



