Oggend:
09:00 : Doopdiens : Ds Friedrich Claassen
Biddag vir Bejaardes en Bediening aan Jode
Geen Aandbyeenkoms
2. Vanoggend ‘n Sinodale deuroffer vir Bediening aan Jode. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale deuroffer vir die Hugenote Kollege. Die Hugenote Kollege is ‘n amptelike opleidingsinstansie van ons Kerk waar jongmense opgelei word vir ‘n loopbaan in naastediens. Maatskaplike werkers en Sendingwerkers ontvang opleiding wat lei tot graad B.Diac. of ‘n diploma in Christelike Dienswerk. As professionele kundiges lewer oudstudente onmisbare diens aan seerkrymense, jongmense en mense wat op die lewenspad verdwaal het.
Opbrengs vir ons Restourasiefonds R741.75. Dankie hiervoor.
3. Bevestiging van Kerkraadslede vind aanstaande Sondagoggend 11 Okt in die Kerk plaas. Persone wat herkies is, asook diegene wat in dieselfde amp vanaf die wyksraad vir die verkleinde kerkraad gekies is, of vanaf die verkleinde kerkraad vir die wyksraad gekies is, word nie weer bevestig nie.
4. Borgskappe vir kalender van 2010: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R750,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring. Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb teen middel Oktober by die kerkkantoor ingedien word.
5. Die Kommissies vergader soos volg:
Maandag 12 Oktober
18:00 Leer & Toerusting Kleinsaal
Versorging Ontspanningsaal
19:00 Eiendomme Kleinsaal
Jeug Grootsaal
Dinsdag 13 Oktober
18:00 Getuienis Ontspanningsaal
19:00 Erediens en Sang Kleinsaal
Donderdag 15 Oktober
18:00 Finansiële Kommissie Kleinsaal
6.LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Beatie Stoffberg (Môrewag) 6 Oktober
Mev Christine van Zyl, (Amandelrug-oord nr 10) 8 Oktober
Mev Elsa Schooling,(Omega w/s 13) 8 Oktober
Mev Annie v.d Merwe,(Aandsk) 8 Oktober ‘n Baie spesiale verjaardag
Baie geluk, vrede en krag word u toegewens!!
Voorbidding:
Me Malie de Manielle en Me Rita Prinsloo ontvang albei behandeling
Me Rina Benadé is in Panorama Medi-Kliniek
Leraar wat Sondag 11 Oktober die erediens waarneem:
Kerkraadsbevestiging: Ds Johan O’Kennedy
Besoek van Oom Karolus en Lente
7. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 5 Okt 19:00 Kooroefening
Wyksbidure
Woensdag 7 Okt
Weswyk 19:00 Wes 6 (Oudl Hofmeyr) by Soos gereël in die wyk
Suidwyk 15:30 Suid 6/7 (Diak Binneman, Von Wielligh) by Mev Francis de Wet, Houtstr 19
19:00 Suid 16/17 (Oudl Gerber) by Mnr en Mev Eduard Beukes, Riebeeckstr 7
Ooswyk 18:00 Oos 11 (Oudl Faasen) by Mnr en Mev Gerrie Thiart, Rainierstr 27
Sentraalwyk Biduur in Sen 1 is geskuif na 14 Oktober saam met Sen 2.
19:00 JB-Groep
Vrydag 9 Okt 09:00 Gebedsgroep
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 4 Okt – 10 Okt
Fokusteks: Ps 8
Ander tekste: Job 1:1, 2:1-10; Ps 26; Gen 2:18-24; Hebr 1:1-4, 2:5-12;
Mark 10:2-16
9. Porterville hou vanjaar hul 4de Christusfees op 9-11 Oktober 2009. “n Naweek van lof en aanbidding in die wonderlike buitelug aan die voet van die berge. Wees saam met ander kinders van die Here sommer net bewus van Sy teenwoordigheid en Sy grootheid. Vir meer inligting gaan na www.christusfees.co.za.
10. Die Vrouediens van Swartland-Noord bied die naweek van 9 tot 11 Oktober 'n Blommefees in die kerksaal aan met die tema: "Die Goedheid van God". Die opening is Vrydagaand, die 9de, in die kerkgebou waartydens Fanie de Jager sal optree. Kaartjies vir hierdie geleentheid beloop R70 (verversings ingesluit) en is beskikbaar by die kerkkantoor (022 482-1407), Blomgogga (022 482-2001), Marie Loftie-Eaton (022 487-2531 / 072 142 2313) of Rala Lesch (022 482-3427 /
073 255 7614). Die besigtiging van die blomme is gratis die hele naweek. Donasies is egter welkom. Vrydagmiddag en Saterdag sal daar 'n teetuin bedryf word.
Besigtigingstye is as volg: Vrydag: 15:00 - 17:00 en 20:00 - 21:00 (na opening);
Saterdag: 10:00 - 19:00; Sondag: 10:30 - 12:30 en 15:00 - 17:00. Almal is baie welkom.
11. Die Boodskappers is weer beskikbaar vir die Kerkraadslede wat nog nie geneem het nie en die Kerkbode van 2 Okt is in die vakkies by die deure beskikbaar.
12. NAGSKUILING: OPEDAG
Op Woensdag 28 Oktober word daar ‘n opedag by die Nagskuiling beplan vanaf 09:00 tot 12:00. Almal is welkom om groente uit die Nagskuiling se eie groente-tuin te kom koop, asook plantjies, handgemaakte produkte, hangertjies, matjies ens. Ons sal bly wees as Kleingroep-lede en Bybelstudie groepe daardie week hulle byeenkomste los om besoek aan die Nagskuiling te bring. Kontaknommer 022 48-21231
13. Oom Karolus en Lente kom besoek ons gemeente aanstaande Sondag om 18:30. Bring jul kinders en kom geniet die aand saam met ons. Dit beloof om ‘n heerlike geleentheid te wees.
14. Finalejaar Katkisante kamp
Vanjaar se kamp vind plaas 16-18 Oktober 2009. Ons benodig nog vleis, melk, vrugte, groente of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.
15. PASTORALE SPREEKKAMER: Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak. Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak. Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.
16. Die Matriekafskeidsdiens vind plaas op 18 Oktober om 18:30 in ons Gemeente.
17. Ons jaarlikse veeveiling vind plaas op 28 Oktober 2009 om 11:00 by die Klipheuwel-veekrale. Vir enige navrae kontak mnre Du Toit Dürr 082-454-6801 of Johan Bester 022 48-22062
18. Die Gebedsgroep begin weer op 9 Oktober 2009 om 09:00 aan huis van mev Sus Hagen, Skoolstraat 35. Almal wat behoefte het aan gebed is welkom en gebedsversoeke
Die program is soos volg:
09 Okt Laat u Koninkryk kom Sus Hagen
16 Okt Laat u wil op die aarde geskied net soos in die Hemel Janet v Zyl
23 Okt Gee ons vandag ons daaglikse brood Annette Frank
28 Okt Ons besoek die Nagskuiling se Opedag saam met die Bejaardes van Aandskemering.
06 Nov Vergeef ons ons oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree. Tertia O’Kennedy
13 Nov Gebed ………………Johann Nel
20 Nov Ons hou Verjaardag
27 Nov Bevryding word bespreek BESOEKER
04 Des Afsluitingsfunksie



