Oggenddiens
09:00 : Gesam. Pinksterfees/Nagmaal : Dr Ben du Toit
09:00 : Aandskemering Nagmaal : Ds Friedrich Claassen
Aktiwiteite vir Gr 1-6 en Modkats Gr 7-11 direk na die erediens
Geen Aandbyeenkoms
2. Spesiale deuroffer vanoggend vir die Studentebearbeiding.
Aanstaande Sondag ‘n sinodale deuroffer vir Jeugwerk.
Die visie van die Jeugkommissie is om vir alle generasies ruimte te maak binne die kerk. Daarvoor doen ons navorsing, fasiliteer gesprekke en ontwerp prosesse wat gemeentes self kan gebruik om in hulle eie konteks hierdie uitdaging die hoof te bied. Die Jeugkommissie ondersteun dit met materiaal wat ontwikkel word, kursusse wat aangebied word en gestruktureerde bedieninge. Voorbeelde hiervan is die Kinderkrans.
Opbrengs vir die Christelike Lektuurfonds - R2634.60. Baie dankie.
Die BYWONINGSYFER van verlede week: Ogg: 307 Aand: 208
Huiskerkgeleentheid - 17 Mei: 101
3. ‘n Ekstra diens vir Wêreldwye Biddag word vanmiddag in Wesbank se Gemeenskapsaal om 15:00 gehou. Almal is welkom om die biddag by te woon.
4. PASTORALE TERAPIE: Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak. Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders. Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels? Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.
5. KERKRAADSVERGADERING word gehou op Donderdag 4 Junie 2009 in die Kerksentrum. Die gesamentlike vergadering van die Wyksrade en Kerkraad vind om 19:00 (teebediening 18:45) in die grootsaal plaas, waarná die Wyksrade verdaag en die Kerkraad met hul vergadering in die kleinsaal voortgaan.
6. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 01 Junie 19:00 Kooroefening
Woendsdag 3 Jun Wyksbidure
Weswyk Biduur in Wes 3 is geskuif na 10 Junie
saam met Wes 5
19:00 Wes 4 (Oudl Brits) by
Mej Lilly-Anne Louw, St Thomasstr 15c
Suidwyk 15:30 Suid 6/7 (Diak von Wielligh & Binneman) by
Mev F de Wet, Houtstr 19
19:00 Suid 14/15 (Oudl Kellerman) by
Mnr en Mev van Essen, Auctionstr 9
Ooswyk 19:00 Oos 5/6/7 (Oudl Cloete) by
Mnr en Mev Malan, Hofstr 1
Sentraalwyk 19:00 Sen 4 (Oudl Bester) by
Mnr en Mev Isaac Cronje, Pleinstr 13
Donderdag 4 Jun 19:00 Kerkraadsvergadering
Vrydag 5 Junie 09:00 Gebedsgroep – Skoolstraat 35
18:30 Koffiekroeg
7. Ds Friedrich Claassen se selfoon nommer het verander. Vanaf 1 Junie kan u na die volgende nr skakel: 082 521 4211. Ook kan Ds by die huis gekontak word by 087 807 7770 of 022 48-21427
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 31 Mei – 6 Junie
Fokusteks: Hand 2:1-21
Ander tekste: Eseg 37:1-14; Ps 104:24-34; Rom 8:22-27;
Joh 15:26-27; Joh 16:4b-15
9. Die dogters van die Uitreikaksie na Masinga in KwaZulu-Natal, benodig wol, breipenne en hekelpenne. As u enige van hierdie benodigdhede het, bring dit gerus na die kerkkantoor voor 10 Junie ‘09. Baie dankie.
10. NAGSKUILING
Ons benodig nog lepels vir die Nagskuiling. Indien enige iemand nog bydraes wil maak, kontak Tertia O’Kennedy by 022 48-21231
11. BASAAR INSAMELINGS
Daar is bedsokkies en gebreide mussies te koop by die kerkkantoor t.b.v die basaar. Kom loer gerus in as u belangstel of kontak die kerkkantoor by 022 48-22411.
12. DIE KLEREBANK – KERKKANTOOR:
Die Klerebank benodig asb wintersklere vir kinders, so ook enige ander bydraes is welkom vir die winter. Baie dankie vir al die hulp en ondersteuning
13. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Jenny Tredoux (Bergzichtstr) 31 Mei
Mev Hilda Niehaus (Aandskemering) 2 Junie
Mev Essie Rossouw (Hugenote Park w/s) 4 Junie
Mev Magriet van Zyl (Elmarhof nr 15) 6 Junie ‘n Spesiale verjaardag
Baie geluk. Goeie gesondheid en ‘n goeie lewensjaar word u toegewens.
Gelukwensing :
Rudolf en Nileta Knoetzen,(Reservoirstr 24), het ‘n seun ryker geword
Stefan en Inalize Basson (Protea plaas) het ‘n dogter ryker geword.
Ons wil ook al die oupa’s en ouma’s baie gelukwens.
Voorbidding:
Mnr Sass Fourie (Mollstr 22) is in Paarl Hospitaal.
Mnr Shaun Pretorius (Rheeboksfontein) is in Tygeberg Hospitaal.
Mev Mattie Mouton (Immelmanstr 6a) is in Paarl Hospitaal.
Mev Rhona Swanepoel (Aandskemering) is in Durbanville Hospitaal
Leraars wat aanstaande Sondag die eredienste waarneem:
Doopdiens: Ds Gert Hattingh
Tekkiediens: Ds Jan Steyn
14. HADASSA VIR VROUE --Vir ‘n tyd soos dié, tot eer van die Koning!
Op 19 en 20 Junie word hierdie geleentheid in samewerking met die NG Kerke Moedergemeente en Akkerdyk by Vredenburg aangebied. Kom berei jouself voor om in te tree vir jou familie, ons land en wêreld, want die oes is groot en die arbeid min. God wil deur jou en in jou werk en jou toerus om jou unieke funksie in jou gesin, samelewing en werksplek in te neem.
Koste: R180 per persoon (inskrywing ontvang voor of op 31 Mei)
Koste: R200 per persoon (inskrywing ontvang na 31 Mei)
Sluitingsdatum: 10 Junie 2009
Navrae: Renette – 082 877 5313/Ronel – 082 873 3757
Inskrywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.
15.DANIël vir MANNE aangebied in Piketberg deur Moreletapark!
Soos HADASSA vir vroue word Daniël vir manne met sprekers soos Angus Buchan, Elza Meyer, Dirkie van der Spuy, Peter Pollock en andere d.m.v ‘n DVD – bediening van Piketberg gebring.
“Ons glo dat die impak van die Daniël - uitreike deur God tot groot seën gebruik sal word!”
Datum: Vrydag 5 Junie en Saterdag 6 Junie
Tyd: Vrydag Registrasie begin 16:00 – Aanbieding 18:00 tot 21:00
Saterdag: 07:45 tot 16:30
Kostes: R150
Sluitingsdatum 1 Junie 2009
Vir navrae skakel Ds Claassen by 087 807 7770/082 521 4211
16. AANDAG MANS BO 50 JAAR!!!!
Gedurende Junie en Julie 2009 maak KANSA mans bewus van Prostaat kanker. ‘n PSA bloedtoets kan by u naaste dokter gedoen word. Met hierdie toets kan vroeë abnormaliteite in die prostaat opgetel word.
Vir meer inligting kan Lisna Hugo by die Kansa Weskus Streek kantoor gekontak word 022 48-21111 of jou naaste dokter op Malmesbury.



