@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 29 Mei 2011

swartland-ng-kerk
ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 29 Mei 2011
09:30 Doopdiens - Ds Friedrich Claassen
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Gr 7-11 Kategese na erediens tot 11:30

Spes Deurkollekte: Aandskemering

Opbrengs:

Studentebearbeiding: R1 523.05

18:00 Diens by Aandskemering - Ds Johan O’Kennedy

Maandag 30 Mei

19:00 Kooroefening

Woensdag 1 Junie

Geen bidure

Donderdag 2 Junie

19:00 Hemelvaartdiens

Spes Deurkollekte: Restourasiefonds

Die Kerkkantoor is gesluit op Donderdag 2 Junie - a.g.v Hemelvaartdag

Volgende Sondag 5 Junie

09:30 Pinksterdiens - Dr Malan Nel

09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Gr 7-11 Kategese na erediens tot 11:30

19:00 Pinkster-dienste

Samesang vanaf 18:45

Spes. Deurkollekte: CLF

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Dankoffer-inbetalings

Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?

Hier volg ons bankbesonderhede:

NG Kerk Swartland

ABSA-Malmesbury

Tjekrek: 380 580 039

Taknr: 632005

Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

JB-Groep - 1 Junie

Alle werkende jongmense word hartlik uitgenooi na die JB byeenkomste Woensdae om 19:00 by die kerksentrum.

Projekte

Pinkster

5-12 Junie 2011

Lidmate word vriendelik gevra om onbederfbare produkte vir minderbevoorregte persone tydens die pinksterreeks na die kerk te bring. In die voorportaal sal daar houers wees waarin u dit kan plaas, Dit word opreg waardeer.

My pa dink hy’s Elvis met Ben Kruger en Viljé Maritz - Goeie gesinsvermaak

Waar:  De Bron teater

Datum: 1 Junie 2011 om 19:00

Prys: Volw:      R100.00

Skoliere: R  50.00

Kaartjies is beskikbaar by die Moedergemeente Kerkkantoor en Superfoto -  De Bron sentrum

Ons is opsoek na 2L en 5L roomysbakke wat by vanjaar se basaar gebruik gaan word. Bring dit asb na die kerkkantoor. Baie dankie.

Rond-om-Talie-klerekas

Dit raak weer winter en die navrae by die klerekas vir 2de handse goedere is groot. Ons benodig nog warm klere, komberse en skoene. Bogenoemde kan by die kerkkantoor afgegee word. Dit word baie waardeer. Baie dankie

Uitreik na Canzibe, Transkei

Die uitreik vind plaas 9 -16 Jul. Alle belangstellendes kan asb vir Coenie Eygelaar of die kerk-kantoor skakel.

Sinode van Wes- en Suid-Kaap

‘n Gespreksaand vind op 14 Junie om 19:00 by Swartland-Noord se kerksaal plaas. Die gemeente word hartlik uitgenooi om dit by te woon.

Ds Nelis van Rensburg, assesor van die Sinode, sal teenwoordig wees om vrae te hanteer oor sommige besluite wat tydens die sinodesitting geneem is, bv die doop, Belhar en geslagsgelykheid.

‘n Gesin van 4 is opsoek na korttermyn huisvesting in Malmesbury.

Albei ouers is werkloos en die gesin ontvang slegs ‘n klein bydrae vanaf die staat. Indien enige iemand behulpsaam kan wees, skakel vir Tokkie of me H Venter by die ACVV - 022 482 2245.

GEBEDSBLAD

Ons dink aan ons gemeente

  • Mev Blance Struwig, Aandskemering - in Durbanville Medi-Kliniek.

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Jenny Tredoux, Bergzigstr 60, 31 Mei

Mev Hilda Niehaus Aandsk, 2 Junie

Mev Essie Rossouw Hugenote W/s, 4 Jun

Seënwense word u toegewens. Baie geluk

Die Pre-advieskommissie vergader Maandagaand 30 Mei om 19:00 by die kerksaal. Enige lidmaat is welkom om nog ‘n leraar te nomineer. Gee asb die naam in voor Maandagmiddag 12:00 by die kerkkantoor.

Indien daar by die kerksentrum bakke of skinkborde is wat aan u behoort, kan u reëlings tref om dit te kom afhaal. Baie dankie

Tekste vir die week: 29 Mei 2011 - 4 Junie 2011

Fokusteks: Hand 17:22-31

Ander tekste: Ps 66:8-20; 1 Pet 3: 13-22; Joh 14:15 -21

Fokusteks 5 Junie -1 Pet 4: 12 - 14, 5: 6 - 11

Die Dienssentrum nooi elkeen uit om op 15 Junie om 09:00 deel te wees van die Nasionale Dag teen Mishandeling van ouer persone. Mev Pat Lyndgren van “Action on Elder Abuse SA” gaan ‘n praatjie lewer, waarna Schoonspruit Sekondêre Skool se drama-groep gaan optree. Kaartjies vir sop en sjerrie @ R20 en strikkies @ R5 is beskikbaar by die ACVV kantoor. Die oggend gaan plaasvind by Swl-Noord gemeente.

Gesamentlike Pinkster 2011

05 - 12 Junie 2011

NG Gemeente Swartland en Swartland-Noord

“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!” (Ps 133: 1)

Swartland (Moeder): Gewone dienste (almal welkom): Prediker: Prof Malan Nel

Tema: Die Heilige Gees het gekom!

Hy help ons om Jesus Christus se volgelinge te wees

(So. ogg: 5 Jun - gesamentlike diens – geen Jeugdiens by Swl-Noord)

(So. ogg: 12 Jun - gesamentlike Pinksterfees/Nagmaal –  geen Jeugdiens by Swl-Noord)

Die Heilige Gees help:

So. 05 Junie: 09:30: Hand 1:8                              met ons agenda as volgelinge van Christus

So. 05 Junie: 19:00: Hand 2:36                            met ons verstaan van Jesus, die Christus

Ma. 06 Junie: 19:00: Hand 2:43-47                      met ons verstaan van onsself as dissipels

Di. 07 Junie: 19:00: Hand 2:43-47; 4:32-37       met ons verstaan van mededeelsaamheid

Wo.08 Junie: 19:00: Hand 3:1-10                        met ons verstaan van ons wêreld

Do. 09 Junie: 19:00: Hand 4:1-21                       met ons verstaan van ons getuienis taak

Vr. 10 Junie: 19:00: Hand 4:23-31                      met ons verstaan van gebed

So. 12 Junie: 09:30: Hand 2:1-13                       met ons verstaan van ons pinkstergestalte

So. 12 Junie:15:00: Global day of Prayer-byeenkoms: Wesbank Gemeenskapsaal.

Swartland-Noord: Jeugdienste (almal welkom): Prediker: Ds Irenée Heyns

Tema: Swem!

So. 5 Junie: 09:30: Gesamentlike diens by Moedergemeente

So. 05 Junie: 19:00: Joh 4                    God is Gees…  Hou kop bo water!

Ma. 06 Junie: 19:00: Ps 23                   Haal diep asem

Di. 07 Junie: 19:00: 2 Kor 5                 ‘n Emosioneel gesonde spiritualiteit

Wo. 08 Junie: 19:00: Jona 1                Storms en visse

Do. 09 Junie: 19:00:                              Swemgala

Vr. 10 Junie: 19:00:                               Lofprysing en aanbidding met Nedine Blom

So. 12 Junie: 09:30:                              Gesam. Pinksterfees/Nagmaal by Moedergemeente

  • Samesang 15 min. voor elke diens.

  • Kerkkore en Jeugkore gaan Here loof.

  • Kollektes vir Gemeentebediening en kostes van Pinkster

  • Bring en Braai by Oloksaal: Son. 12 Junie: Begin 11:00 – 11:30: Vuur word voorsien.

Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.” (Hand 2: 44).

  • Stel jou verwagting op die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 29 Mei 2011
schoemans-chartered-accountants die-courant