@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 26 Jul 09

swartland-ng-kerk
1.                EREDIENSTE:

Oggend:

09:00 : Oggenddiens : Ds Johan O’Kennedy

09:00 : Kinderkerk Gr 1-6

Direk na die erediens – Modkats Gr 7-11

18:30 : Bybelskool:Lewe na die dood-vervolg  Ds Friedrich Claassen

Kerkraadsverkiesing direk na die Bybelskool by die onderskeie

 pastorieë

               

2.             Sinodale deuroffer vir Zimbabwe/Malawi/Mosambiek

Aanstaande Sondag ‘n spesiale deuroffer vir Kansa

Opbrengs vir Aandskemering – R932.05  Dankie hiervoor.

 

3.             BAIE DANKIE:  Die Kerkraad wil ons lidmate bedank vir u bydrae die afgelope ses maande. Baie dankie vir u positiewe insette, dankoffer bydraes, bywoning van wyksbidure en eredienste. Saam is SWARTLAND GEMEENTE besig om ‘n verskil in God se Koninkryk in Malmesbury te maak. Hoop ons kinders het ‘n wonderlike vakansie gehad en dat almal veilig tuis is.

 

4.             Gebedsgroep het weer begin - 09:00 aan huis van Sus Hagen, Skoolstr 35.  Almal wat behoefte het aan gebed is welkom.  Gebedsversoeke is ook welkom.  Die program is soos volg:

24 Julie  Die groot Gebede boek                       Sus Hagen

31 Julie  Ons Vader wat in die Hemel is            Tertia O’Kennedy

07 Aug   “Waarom bid?”                                      Annette Frank

14 Aug   “Ons Vader”                                          Janet van Zyl

21 Aug   Vader se outoriteit                                Mariaan v.d Spuy

28 Aug   “Laat U naam geheilig word.”              Wilma van Zyl

04 Sept  Gebed                                                   Johan Nell

11 Sept  Uitstappie

18 Sept  Besoek Aandskemering - Bejaardes

 

5.             Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 26 Julie – 1 Aug

Fokusteks  : Joh 6:1-21

Ander tekste : 2 Sam 11:1-15;  Ps 14;  2Kon 4:42-44;  Ps 145:10-18; Ef 3:14-2

 

6.             PROGRAM VIR DIE WEEK                           

Maandag 27 Julie                 19:00     Kooroefening

Woensdag 29 Julie                             Wyksbidure

Weswyk                                 19:00     Wes 6 (Oudl Hofmeyr)

                                                              Mnr & Mev Gerrit Bruwer,Rothmanstr 1

Suidwyk                                 19:00    Suid 1/2/3 (Oudl de Jager)

                                                              Mnr & Mev Len Geldenhuys,Dagbreekstr 5

Ooswyk                                 18:00     Oos 11 (Oudl E Faasen)

                                                              Mnr&Mev Gerrie Thiart, Rainierstr 27

Sentraalwyk                                         Biduur van Sen 1 is geskuif na 5 Aug

                                                              saam met Sen 2.

          19:00     JB-Groep

               

Vrydag 24 Julie                   09:00     Gebedsgroep – Skoolstr 35

                                              18:30     Koffiekroeg -Rest. aand en Geestelike sokkie

 

7. LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:     

Mev Aletta Russouw (Gordonhof 13) 27 Julie

Mev Caroline Hanekom (Aandsk) 28 Julie

Ons bid vir julle God se rykste seën toe. Baie geluk!

 

Voorbidding:

Mev Hester Smit (Du Toitstr 5) se broer is oorlede en haar man Clyde Smit is in die Hospitaal.

Mnr Koos Gouws (Immelmanstr 4) se broer is oorlede

Mnr Etienne Cloete (tot onlangs op Wolwedans) is in die hospitaal.

Mnr Phillip Olivier (Prospectstr 17) is oorlede.

Mev Rina Benade (Skaapkraal) is in Panorama Hospitaal

Mnr Thys Walters (Taaibosfontein) is in Durbanville Hospitaal

Ons innige meegevoel aan die families, mag die Here julle krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.

 

Leraar wat Sondag 2 Augustus die erediens waarneem:

Doop:  Ds Friedrich Claassen

 

Gelukwensing:

Baie geluk aan Sarel en Anelda Steyn, Reservoirstr 22, met die geboorte van hul  dogtertjie.  Ook baie geluk aan die oupa’s en ouma’s.

 

8.             GEMEENTEBASAAR : SATERDAG 29 AUG : KERKSENTRUM

Kerkraadslede sal gedurende Junie en Julie in alle wyke besig wees met die insameling.   Ons herinner vriendelik daaraan dat die basaarinsameling ‘n ekstra  fondsinsameling is en word die gewone maandelikse dankoffers steeds gedurende hierdie tydperk opgeneem.

Konvenors:

Sameroepers:       Charles en Alet Hamman                 083-698-3405      

Vleis:                       Kobus Smit                                       48-22053             

Groente:                  Louw Benade                                   083-298-0951

Koeke en Terte:     Anneli Botha                                     48-22187

Brood en Beskuit: Mariaan du Plessis                           083-457-8456

Klein koekies:        Ousus Baard                                     48-22412

Poeding:                 Wilma Rossouw                                48-65831

Allerlei:                    Mariana Barnard                               48-24298

Handwerk:              Annette Frank                                    48-22592                                             

Wit Olifant:             Marí Roux                                           48-22676

Pannekoek:           Mariëtte Malan                                   48-21207

Tee en Koffie:       Mia de Beer                                        082-325-9330

Speelgoed:           Paula Basson                                     48-24463/084-734-5107  

Wegneem-etes:   Marietha Bester                                  48-22086

                              Sigrid Truter                                         48-22077

                              Alet Hamman                                       083-698-3405

   Veeveiling:        Du Toit Dürr                                         082-454-6801

   Verwerkte produkte         Rina Lock                             082-225-6823

 

9.             Lidmaatskap ontvang

Maria Dorethea Gunter (nou Truter), Pleinstr 6, vanaf Moorreesburg.

Maria Magdalena Brand (nou Kitshoff), Hofstr 19, vanaf Strand-Noord.

Johan Petrus Swanepoel, Smutsfontein, vanaf Riebeek-Wes

Franco Nienaber, Mollstr 14b, vanaf Swartland Noord

Baie welkom in Swartland Gemeente!!!

 

10.          Die Interskole diens van 2 Augustus het geskuif na Sondag 16 Aug om 18:30 by Swartland-Noord Gemeente.  Op Sondag 2 Augustus is die Gospel-afsluiting by Swartland-Noord Gemeente om 18:30.

 

11.          PASTORALE SPREEKKAMER:  Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak.  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 /082 521 4211 vir ‘n afspraak.  Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00

 

12.          Nagskuiling - Afkondiging

Baie dankie aan almal wat al iets vir die Nagskuiling gegee het!!  Hulle beplan ‘n opedag later in Oktober.  Die Versorgingskommissie benodig u hulp. Enige LIDMATE met nuwe IDEES wat by die toerusting van die Nagskuiling se inwoners betrokke wil raak om aan hul handvaardighede te leer, sodat hulle iets vir die opedag kan maak en in die toekoms selfonderhoudend kan word, kontak asb. die versorgingskommissie!

Ons benodig ook:  1L bottels, vir saadhouers vir tuinvoëls, Ou emalje kombuisware, Ou koekblikke, lakens (vir opskeur om matte te vleg), saad vir blomme en groente, Enige wol (2-draad/of “chunky”), Tuinbeplanning ens. Baie dankie! Kontak Luda Retief by 022 48-72004 of Tertia O’Kennedy by 022 48-21231

 

13.          AMOS PLAASWERKERKAMP 14-16 AUGUSTUS 2009

Vanjaar se Amoskamp is by Oppiesee, Melkbosstrand.  Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar.  Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase sodat soveel as moontlik mense die geleentheid kan kry om te kan gaan.  Kontak Ds Gert Hattingh by 022-487 1539 vir verdere navrae.

 

14.          ‘n 2de Handse verkoping word gehou op 31 Julie en 1 Aug.  Enige klere en huisware kan by die kerkkantoor afgegee word vir die verkoping.  Skakel Annette Frank vir meer enige navrae - 022 48-22592

 

15.          Bedanking:  Siphumeze Educare Centre wil baie dankie sê aan almal wat gedurende Pinkster ‘n bydrae van “bruin geld” gemaak het.  Saam met die kinders se bydrae het ons die mooi bedrag van R790 ingesamel.  Dit help ons om vanaf hierdie kwartaal elke dag vir 80 kinders kos te gee.

 

16.          T.b.v die Kerkbode-Kersfonds

Die wêreldbekende Tygerberg-Kinderkoor het ingestem om op Saterdag, 15 Augustus, ‘n spesiale uitvoering ten bate van die Kerkbode-kersfonds te gee. Kom luister na hemelse musiek deur die beste kinderstemme in die Wes-Kaap.

Plek : Hugo Lambrechts-Ouditorium, Parow

Tyd : 20:00

Koste :R60 elk

Om te bespreek, stuur ‘n epos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 021 864-8304

You are here: Church NG Gemeente Swartland 26 Jul 09
schoemans-chartered-accountants die-courant