@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 24 Mei 09

swartland-ng-kerk
1.  EREDIENSTE:
Oggenddiens
09:00:  Erediens: Ds Ben du Toit
Geen Kategeseklasse
Aanddiens
18:50: Samesang            
19:00: Pinksterbiduur: Ds Ben du Toit
2.             Spesiale deuroffer vanoggend vir die Christelike Lektuurfonds.
Aanstaande Sondag ‘n sinodale deuroffer vir die Studentebearbeiding.
Bediening aan studente is vir die kerk van die uiterste belang, want dit is ‘n belegging in die geestelike vorming van môre se leiers. Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word gegee vir bediening van studente op verskillende plekke. Die grootste gedeelte van fondse gaan na Moederkerk in Stellenbosch wat sedert die samesmelting met Studentekerk, verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie bediening waar die grootste konsentrasie studente is.
Opbrengs vir Aandskemering – R1 694.70. Baie dankie hiervoor.
Die BYWONINGSYFER van verlede week: Ogg:  376       

3.             PASTORALE TERAPIE: Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak. Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders. Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels? Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.

4.             KERKRAADSVERGADERING word gehou op Donderdag 4 Junie 2009 in die Kerksentrum.   Die gesamentlike vergadering van die Wyksrade en Kerkraad vind om 19:00 (teebediening 18:45) in die grootsaal plaas, waarná die Wyksrade verdaag en die Kerkraad met hul vergadering in die kleinsaal voortgaan.

5.             PROGRAM VIR DIE WEEK …                      
Voorafsang om 18:50. Pinkster-biduur begin om 19:00
Die Pinksterprogram is by die deure beskikbaar.

Maandag 25 Mei                 18:15     Kooroefening voor Pinksterbiduur en
soos gereël,  na biduur – kooroefening

Dinsdag 26 Mei                   19:00     Pinkster-biduur
Woendsdag 27 Mei            19:00     Pinkster-biduur
Donderdag 28 Mei              19:00     Pinkster-biduur

Vrydag 29 Mei                      09:00     Gebedsgroep – Skoolstraat 35
19:00     Pinkster-biduur

6. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:     
Mev Jany Laubscher (Aandskemering) 26 Mei
Mev Girlie Cruywagen (Aandskemering) 29 Mei
Baie geluk. Goeie gesondheid word u toegewens!

Voorbidding:
Mnr Eddie Pienaar (Kansa Kamer) ernstig siek.
Mev Beatrix Visagie (Hoogstr 29) is in Panorama Hospitaal vir Hartomlyning
Mnr Koos Mellet (Kochstr 11B) & Mev Elisbé Steyn is in Durbanville Hospitaal
Mev Hilde Truter (Aandsk) is in Panorama Hospitaal.
Du Toit Hamman, seun van Charl en Fernanda Hamman, is in die Hospitaal
Leraar wat aanstaande Sondag die Gesamentlike Pinksterfees diens waarneem:
Leraar:   Ds Ben du Toit

7.             Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 24 Mei – 30 Mei
Fokusteks:           1Joh 5:9-13
Ander tekste:        Hand 1:15-17, 21-26;   Ps 1;  Joh 17:6-19

8.             Ds Friedrich Claassen se selfoon nommer het verander. Vanaf 1 Junie kan u na die volgende nr skakel: 082 521 4211. Ook kan Ds by die huis gekontak word by 087 807 7770 of 022 48-21427

9.             NAGSKUILING
Ons benodig nog lepels vir die Nagskuiling. Indien enige iemand nog bydraes wil maak, kontak Tertia O’Kennedy by 022 48-21231

10.          BASAAR INSAMELINGS
Daar is bedsokkies en gebreide mussies te koop by die kerkkantoor t.b.v die basaar. Kom loer gerus in as u belangstel of kontak die kerkkantoor by 022 48-22411.

11.          Ons is opsoek na WIT Dietes plante vir die kerk se tuin. As iemand van hulle plante gaan minder maak of uithaal, kontak asb vir Desireé Dürr by 082 856 7773

12.          Die ACVV hou hul MINI-BASAAR op Vrydag 29 Mei 2009 vanaf 10:00 in ons kerksaal. Wegneem-etes is beskikbaar. Skakel die ACVV kantoor by 022 48-22245 vir meer inligting hieroor.

13.          DIE KLEREBANK – KERKKANTOOR:
Die Klerebank benodig asb wintersklere vir kinders, so ook enige ander bydraes is welkom vir die winter. Baie dankie vir al die hulp en ondersteuning

14.          GEMEENTE – ETE: Sondag 31 Mei 2009. Tafelgebed om 12:00
Ons hou ‘n ete vir die Gemeente en almal is welkom.
Buffet spyskaat:    R75 vir Volwassene
R50 vir Laerskoolkind
Voorskoolkinders gratis.
Onthou asb. eie glase en drinkgoed vir die ete. Daar is slegs 120 kaartjies beskikbaar –so gou spring om nie later spyt te wees nie!!
Kaartjies is beskikbaar by Annette Frank of die Kerkkantoor.                 

15.          Die Gebedskamer is weeksdae vanaf 08:00-13:00 en 14:00-17:00 oop indien iemand ‘n plekkie soek om stil te raak. Kontak mev Ria Engelbrecht by 072 233 9680 vir die oopsluit van die kamer. Die Gebedskamer gaan tot na Pinkster oop wees om te bepaal of daar ‘n behoefte is om dit oop te hou.

16.          Die dogters van die Uitreikaksie na Masinga in KwaZulu-Natal, benodig wol, breipenne en hekelpenne. As u enige van hierdie benodigdhede het, bring dit gerus na die kerkkantoor voor 10 Junie ‘09. Baie dankie.

17.          HADASSA VIR VROUE --Vir ‘n tyd soos dié, tot eer van die Koning!
Op 19 en 20 Junie word hierdie geleentheid in samewerking met die NG Kerke Moedergemeente en Akkerdyk by Vredenburg aangebied. Kom berei jouself voor om in te tree vir jou familie, ons land en wêreld, want die oes is groot en die arbeid min. God wil deur jou en in jou werk en jou toerus om jou unieke funksie in jou gesin, samelewing en werksplek in te neem.
Koste: R180 per persoon (inskrywing ontvang voor of op 31 Mei)
Koste:     R200 per persoon (inskrywing ontvang na 31 Mei)
Sluitingsdatum: 10 Junie 2009
Navrae: Renette – 082 877 5313/Ronel – 082 873 3757
Inskrywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.

18.DANIël vir MANNE aangebied in Piketberg deur Moreletapark!
Soos HADASSA vir vroue word Daniël vir manne met sprekers soos Angus Buchan, Elza Meyer, Dirkie van der Spuy, Peter Pollock en andere d.m.v ‘n
DVD – bediening van Piketberg gebring.
“Ons glo dat die impak van die Daniël - uitreike deur God tot groot seën gebruik sal word!”
Datum: Vrydag 5 Junie en Saterdag 6 Junie
Tyd:       Vrydag Registrasie begin 16:00 – Aanbieding 18:00 tot 21:00
Saterdag: 07:45 tot 16:30
Kostes:   R150
Sluitingsdatum 1 Junie 2009
Vir navrae skakel Ds Claassen by 087 807 7770/084 627 1427
Inskrywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Jeugwerker - Inligtingshoekie:
Vir die Jeugwerker se beradingskantoor is hulle opsoek na ‘n paar
kussings, “Beanbags” en spieëls. Indien iemand enige van hierdie
benodigdhede het, kontak ons kerkkantoor asb.
You are here: Church NG Gemeente Swartland 24 Mei 09
schoemans-chartered-accountants die-courant