@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 21 Jun 09

swartland-ng-kerk
1.             EREDIENSTE:

Oggenddiens

09:00:    Erediens:Ds Johan O’Kennedy

09:00:    Kinderkerk Gr 1-6

Modkats Gr 7-11 direk na die erediens

Nasionale Biddag vir Blindes

Aanddiens

18:30:Tekkiediens:Ds Friedrich Claassen

Tema:    Verhoudings – Christene kan mos ook vry!

Huiskerk soos gereël in die wyke

               

2.             Sinodale deuroffer vanoggend vir Gemeentebediening

Aanstaande Sondag ‘n spesiale deuroffer vir ons Plaaslike Hospitaalraad.

Opbrengs vir die Restourasiefonds – R857.00. Dankie hiervoor.

 

3.             PASTORALE SPREEKKAMER:  Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak.  Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders.  Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels?  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.

 

4.             AMOS PLAASWERKERKAMP 14-16 AUGUSTUS 2009

Vanjaar se Amoskamp is by Oppiesee, Melkbosstrand.  Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar.  Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase sodat soveel as moontlik mense die geleentheid kan kry om te kan gaan.  Kontak Ds Gert Hattingh by 022-48-71539 vir verdere navrae.

 

5.             Brille vir Malawi

Help asb om fisiese oë te open, sodat ook geestelike oë kan oopgaan.  Enige ou bril in ‘n laai êrens vergete is welkom.  Kontak Janet van Zyl by

022 48-24568 of 083 780 4568

 

6.             PROGRAM VIR DIE WEEK …                      

Maandag 22 Junie              kooroefening vanaf 19:00 tot 21:00

 

Woensdag 24 Junie                                Plaaswykbidure

Weswyk                                                    Preekstoelwyk

                                                                  Biduur in wyk geskuif na 22 Julie

 

Suidwyk                                                    Slotwyk

                                                                  Biduur in wyk afgestel

                               

Ooswyk                                   19:30     Riebeeksrivier (Oudl Walters) by                                                                                                                                                      Mnr en Mev Bertie Walters, Klawervlei

                                                                               

                                                 19:00     JB-Groep

               

Vrydag 26 Junie                                    Skole sluit – Geen Gebedsgroep tot vlg

                                                                                                      Kwartaal.

                                                                                               

7.             Ons benodig komberse vir die kinders om op te sit gedurende die Kinderkerk.  Diegene wat ‘n bydrae wil maak, kan dit na die Kerkkantoor bring.  Baie dankie vir almal wat reeds ‘n bydrae gelewer het.

 

8.             Ons beoog om ‘n DVD beskikbaar te stel van opnames wat gemaak is gedurende Pinkster-biduur.  Verdere inligting hieroor sal later bekend gemaak word.

 

9.             BASAAR INSAMELINGS

Daar is bedsokkies en gebreide mussies by die kerkkantoor t.b.v die bazaar, te koop. Kom loer gerus in as u belangstel of kontak die kerkkantoor by 022 48-22411.

 

10.          DIE KLEREBANK – KERKKANTOOR:

                Die Klerebank benodig asb wintersklere vir kinders.  U is ook welkom om enige ander bydraes (Komberse, ens.) vir die wintertyd na die klerebank te bring. Baie dankie vir u hulp en ondersteuning.

 

11.          Die KERKBODE van 19 Junie is in die vakkies by die deure beskikbaar.

 

12.Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 21 Junie – 27 Junie

Fokusteks:           1Sam 17:57; 18:5, 10-16

Ander tekste:        Ps 33; Job 38:1-11; Ps107:1-3, 23-32; 2Kor 6:1-13;                                                                                   Mark 4:35-41

 

13. LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:     

Mnr Jan Louw (Soutpan) 21 Junie

Mev Katie van Heerden (Victoriastr 17) 22 Junie

Mev Blanche Struwig (Amandelrug nr 6) 23 Junie

Mevv Marie van Aarde en Chrissie Nel (Aandsk) albei op 25 Junie

Ons wens u ‘n goeie lewensjaar toe. Baie geluk!

 

Voorbidding:

Mnr Gerrie Thiart (Rainierstr 27) gaan vir ‘n oogoperasie

               

Leraar wat Sondag 28 Junie die eredienste waarneem:

Erediens:               Ds Friedrich Claassen

                               

14.          Nagskuiling- afkondiging

Baie dankie aan almal wat al iets vir die Nagskuiling gegee het!!  Hulle beplan ‘n opedag later in Oktober.  Die Versorgingskommissie benodig u hulp. Enige LIDMATE met nuwe IDEES wat by die toerusting van die Nagskuiling se inwoners betrokke wil raak om aan hul handvaardighede te leer, sodat hulle iets vir die opedag kan maak en in die toekoms selfonderhoudend kan word, kontak asb. die versorginskommissie!

               

Ons benodig ook:                1L bottels (“Coke”)(saadhouers vir tuinvoëls)

                                                 Ou emalje kombuisware

                                                 Ou koekblikke, lakens (vir opskeur om matte te vleg)

                                                 Saad vir blomme en groente

                                                  Wol (2-draad en/of “chunky”)

                                                  Tuinbeplanning ens.  Baie dankie!

Versoringskommissie, kontak Luda Retief by 022 48-72004 of Tertia O’Kennedy by 022 48-21231

 

               

15.          AANDAG MANS BO 50 JAAR!!!!

Gedurende Junie en Julie 2009 maak KANSA mans bewus van Prostaat- kanker. ‘n PSA bloedtoets kan by u naaste dokter gedoen word.  Met hierdie toets kan vroeë abnormaliteite in die prostaat opgetel word. Vir meer inligting kan Lisna Hugo by die Kansa Weskus Streek kantoor gekontak word 022 48-21111 of jou naaste dokter op Malmesbury.

 

16.          Ds Friedrich Claassen se selfoon nommer het verander. Vanaf 1 Junie kan u na die volgende nr skakel: 082 521 4211. Ook kan Ds by die huis gekontak word by 087 807 7770 of 022 48-21427.

 

17.          Die dogters van die Masinga uitreik in KwaZulu-Natal, wil aan almal dankie sê vir die skenking van die wol en breipenne gedurende die paar weke.  ‘n Groot bydraes is ontvang en die dogters is trots op die gemeenskap vir hulle samewerking in hierdie verband.  Baie dankie!!

 

18.          Pukke-Koor:  NG Kerk Darling

Die Universiteitskoor van Potchefstroom o.l.v prof. Awie van Wyk, sluit hulle toer af met hulle optrede in Darling.  Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop nie!!  Geen kaartjies nie, maar ‘n kollekte sal opgeneem word.  Almal is hartlik welkom.

Plek:                      NG Kerk Darling

Tyd:                       19:00

Datum: 2 Julie 2009         

Vir verdere besonderhede skakel Libbes Loubser by 022-4512504         

 

You are here: Home
schoemans-chartered-accountants die-courant
atbellville atblaauwberg atbrackenfell atdarling atdurbanville atgordonsbay  atmalmesbury
atmoorreesburg atmosselbay atpaarl atpiketberg  atporterville atriebeekvalley  atsimonstown 
atsomersetwest atstellenbosch atstrand attulbagh atwesterncape atyzerfontein