Oggend:
09:00 : Kinderdiens : Ds Friedrich Claassen
(Tema: “Nuwe Harte Gee om”)
Modkats Gr 7-11 direk na die erediens
Aand:
Vanaand: Orreluitvoering om 16:30 aangebied deur Winand Grundling en Johann Enslin.
Neem Kennis – Die Jaarlikse Matriekafskeidsdiens, is verskuif na 18 Oktober om 18:30 in ons Gemeente.
2. Vanoggend ‘n Spesiale deuroffer vir die Jan Kriel Skool. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale Deuroffer vir ons Restourasiefonds.
Opbrengs vir die Teologiese Kweekskool R1481.70. Baie dankie hiervoor.
3. Borgskappe vir kalender van 2010: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R750,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring. Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde van September by die kerkkantoor ingedien word.
4. WOEKERPROJEK
Ons begin ‘n WOEKERPROJEK t.b.v ons Oortrokke Bankrekening. Ons nooi almal om deel te neem, saam te werk en saam te gesels. U kry ‘n koevert met R10 in waarmee u moet woeker. U moet dan ASB!! R200 of MEER terugbring na die Kerkkantoor voor 30 November 2009
Koeverte is vandag beskikbaar in die Moederskamer en vanaf môre by die kerkkantoor.
5. PASTORALE SPREEKKAMER: Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak. Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak. Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.
6.LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mev Maxie Hubach (Rainierstr 7), 22 September
Van harte geluk, seën en vrede word u toegebid!!
Voorbidding:
Mev Malie de Manielle, Renosterbosstr 10, ons bid vir haar gesondheid.
Jacques en Anneke Viviers, De Molen 16, se seun JW herstel na ‘n operasie, wat suksesvol was, in die Vincent Palotte Hospitaal.
Mev Comien Smit en Mev Beatrix Woeke, albei van Aandsk, is terug na hulle in die hospitaal was.
Mev Oerson, is in die Kansa-kamer opgeneem.
Leraar wat Sondag 27 September die erediens waarneem:
Oggenddiens:Ds Gert Hattingh
7. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 21 Sept
19:00 Kooroefening
18:00 Almanak-kommissie vergadering
Woensdag 23 Sept Geen Wyksbidure
19:00 JB-Groep
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 20 Sept – 26 Sept
Fokusteks: Ps 1
Ander tekste: Spr 31:10-31; Jer 11:18-20; Ps 54; Jak 3:13, 4:3 en 7-8a, Mark 9:30-37
9. Bedanking vir Kollekte aan Aandskemering
Graag sê ons opnuut en weereens hartlik dankie vir die bydrae ontvang. Dit is ontsaglik baie werd en baie welkom, omdat ons ook die druk van die strawwe ekonomiese klimaat ervaar. Dankbare groete Vivian Saayman – Aandskemering.
10. Die Boodskappers is vandag beskikbaar vir al die Kerkraadslede.
Die Kerkbode van 18 September en eksemplare van “Nuwe Harte Gee Om! is in die vakkies by die deure beskikbaar. Baie dankie.
11. LET WEL:
Daar is wel Biduur by die ACVV Dienssentrum op 23 Sept om 09:30.
12. Die AVONTUURKAMP vir G.10 en 11-leerders vind o.l.v. Ds Friedrich Claassen vanaf 23 – 28 September by die Biedouw-Vallei plaas. Ons benodig vrugte, groente, melk, joghurt of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak Ds Friedrich Claassen by 087 807 7770.
13. Finalejaar Katkisante kamp
Vanjaar se kamp vind plaas 16-18 Oktober 2009. Ons benodig nog vleis, melk, vrugte, groente of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.
14. Almal wat belangstel om na ‘n besige kwartaal weg te breek:
‘n Gemeente in die Kaap, nooi ons uit om saam op die Oranjerivier te roei 27 Sept – 2 Okt. Skakel asb ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.
15. Oom Karolus en Lente kom besoek ons gemeente op Sondag 11 Okt 2009 om 18:30. Bring jul kinders en kom geniet die aand saam met ons. Dit beloof om ‘n heerlike geleentheid te wees.
16. EREDIENSTYE vanaf 1 Januarie 2010
Die Kerkraad het op Donderdag 20 Augustus 2009 die volgende besluit
geneem:
Die Eredienstye van 2009 wat om 09:00 begin het, was slegs vir ‘n proeftyd van ‘n jaar. Na evaluering van die tyd het die Kerkraad besluit dat Eredienstye vanaf 1 Januarie 2010 na 09:30 verander. Die Kerkraad is van mening dat 09:30 vir NG Gemeente Swartland en die gemeenskap van Malmesbury, die mees geskikte tyd is.
Om in die proses na Lidmate te luister, word daar aan lidmate die geleentheid gegee om per brief te reageer op besluite van die Kerkraad. Hulle kan alle korrespondensie aan die Voorsitter van die Kerkraad rig.
Baie dankie vir u begrip en volgehoue ondersteuning. SAAM WERK ONS GRAAG IN GOD SE OESLAND, om as ‘n Geesvervulde gemeente die wil van die Here ten volle uit te leef en om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
17. Baie dankie vir lidmate wat reageer het op die dingende versoek van ‘n stofsuier vir ons Kerkkantoor. Ons het reeds een ontvang en wil baie sê aan die persone wat dit aan ons geskenk het.
18. Porterville hou vanjaar hul 4de Christusfees op 9-11 Oktober 2009. “n Naweek van lof en aanbidding in die wonderlike buitelug aan die voet van die berge. Wees saam met ander kinders van die Here sommer net bewus van Sy teenwoordigheid en Sy grootheid. Vir meer inligting gaan na www.christusfees.co.za.
19. Kairos Malmesbury uitreik: Die uitreik by Malmesbury Gevangenis vind plaas vanaf Donderdag 24 September – Sondag 27 September 2009. Die sluiting seromonie vind Sondagmiddag plaas en u word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon. Bid vir die spanlede en dat die Heilige Gees geharde mense se lewens sal verander. Vir meer besonderhede, skakel Peter Hardcastle by 083 628 9668.



