@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 19 Sept 2010

swartland-ng-kerk
Program van die week
Sondag 19 September
09:30 Kinderdiens– Ds Friedrich Claassen
Geen Kinderkerk
Geen Gr 7-10 Kategese
Spes. Deurkollekte: Jan Kriel Skool
18:30 Bybelskool: Dr Ben du Toit
Tema: Die Belydenis van Belhar
Opbrengs –Teologiese Kweekskool: R1681.40

Volgende Sondag 26 September 2010

09:30 Oggenddiens–Ds Gert Hattingh

Spes Deurkollekte: Restourasiefonds

Geen Kooroefening op 20 en 27 Sept nie. Kooroefening hervat op 4 Okt.

Woensdag 22 Sept- Plaasbidure

Riebeeksrivierwyk

Bertie en Selma Walters, Klawervlei om 19:30

Slotwyk

Mnr en Mev Zeelie, Die Slot om 19:30

19:00 - JB-Groep

Donderdag 23 Sept - Skole Sluit

WOEKERPROJEK - 2010

Ons loods weer ‘n Woekerprojek met koeverte (terug op aanvraag van vorige deelnemers). Fondse gaan t.b.v die oortrokke bankrekening.

Ons soek 120 deelnemers (verlede jaar het 99 gemeentelede deelgeneem en was ons poging baie suksesvol).

Ons het R27 696 ingesamel. Alles is inbetaal om ons oortrokke bankrekening te verminder. Kom neem asb. deel en geniet dit. Deelnemers het verlede jaar baie verhale vertel hoe hulle gewoeker het. Deelnemers het kreatief gedink en gedoen. Hulle het hul talente ontdek en tot eer van die Here gebruik. Ons loof en prys die Here, want Hy seën ons met ontelbare seëninge.

Koeverte is na elke kerkdiens by die moederskamer beskikbaar, tot 31 Okt 2010. Ook voortdurend beskikbaar by die kerkkantoor.

Projekte

Kunsuitstalling vanaf 28 Okt 2010

Ons gaan weer ‘n kunsuitstalling hou ten bate van ons gemeente se fondse, maar ons gaan dit ‘n bietjie anders doen vanjaar: Ons rig ‘n versoek aan ons kunstenaars (skilders) om een skildery te skenk. As dit moontlik is, geraam of geblok. Ons sal dit uitstal in ons kerksentrum se portaal met die pryse by, wat mense dan kan koop soos hulle daarvoor sin kry. Kontak asseblief vir Petro by die kerkkantoor, voor 21 Oktober 2010, as u bereid is om ‘n skildery te skenk. Baie dankie vir deelname en ondersteuning.

Die gesamentlike finalejaar katkisasiekamp van Swartland en Swartland-Noord gemeentes vind plaas DV 15-17Okt 2010 te Bridgetown, naby Moorreesburg. Indien daar enigiemand is wat ons kan help met kos soos vleis, vrugte, melk, groente, beskuit, lekkernye, plaatkoek ens. sal dit baie waardeer word. Skakel asb met ds Johan O’Kennedy.

ACVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas en ook by  Malmesbury SPAR

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

Borgskappe vir kalender van 2011: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R800,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring.   Die borgskap tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde van September by die kerkkantoor ingedien word.

GEBEDSBLAD

Ons dink aan die wêreld

Ons dink aan Suid-Afrika

Ons dink aan ons gemeenskap

Ons dink aan ons gemeente

Mev Magriet van Zyl, Elmarhof, in hospitaal

Mev Engela Hall, Piet Retiefstr 41 was in vir ‘n operasie

Mnr Hennie de Jongh, Prospectstr 4, se moeder is oorlede.  Ons innige meegevoel aan die familie

Mev Bessie Retief van Bredasdorp, voorheen van Malmesbury, se begrafnis vind plaas Maandagoggend om 11:00.

Die volgende persone is by die Wyksraadsvergadering van 2 September verkies:

Ouderlinge Kerkraad:

Bester, Chritiaan Petrus Johannes (Herk)

Gerber, Phillippus Johannes

Buhr, Lothar Peter (1jr)

Ouderlinge Wyksraad

Cloete, Mariana (Herkies)

Dreyer, Wilhelm

Rossouw, Johanna Magrietha Magdalena (Herk)

Diakens Kerkraad

Dawson, Gideon Stephanus (1jr)

Geldenhuys, Jan Willem (1jr)

Stoffberg, Pieter Swart Uys (1jr)

Swanepoel, Jan Andries

Diakens Wyksrade:

Bruwer, Bianca

Burger, Nicolaas Elmar

Coetzee, Dana Jacobus (Herk)

Dürr, Joseph Barry Smalberger (Herk)

Van Deventer, Niël

Dienswerkers

Calitz, Jacoba Frederika

Carstens, Alewyn Jacobus (snr)

Hall, Karen Lorraine

Schreuder, Laura

Smit, Anton

ACVV-Dienssentrum: Lashies Boetiek kom besoek die sentrum op 7 Oktober vanaf 10:00 om hul somerreeks bekend te stel. Vir lekker gesellig kuier, gaan daar ook ‘n teekamer beskikbaar wees. Vir meer inligting, skakel Natalia Steyn by 022 482 2245.  Huis Andrew Murray wil graag opreg dankie sê aan elke lidmaat wat bygedra het tot die toiletware-insamelings wat aan die sentrum geskenk is. Elke item wat geskenk is dra by om ons kinders goed te versorg.

Besoekers

Welkom aan alle besoekers. Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Kovsie Kerk fondsinsameling

Studente hou die September vakansie ‘n fondsinsamelings-marathon deur die land en besoek Malmesbury op Vrydag 1 Oktober 2010. Ons beplan om die 70 studente van middagete te voorsien en nooi alle oud Kovsies en gemeentelede wat n bydrae wil maak om Gielie du Toit 0837752523 te kontak.

Die jaarlikse Christusfees in Porterville is vanjaar 8-10 Oktober. Indien u enige verdere inligting wil bekom, besoek www.christusfees.co.za of kontak Willie Opperman – 083 650 1640

Die Kerkbode van 17 September is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mnr Andries Liebenberg, Aandsk, vandag

Mnr Wynand Beukes, Sarel Cillierstr 49, vandag

Mev Maxie Hubach, Huis Amen w/s 3, 22 September

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

Tekste vir die week: 19 Sept - 25 Sept

Fokusteks: 1Tim 2:1-7

Ander tekste: Jer 8:18, 9:1; Ps 79:1-9; Luk 16:1-13

Fokusteks vir 26 Sept: 1Tim 6:6-19

You are here: Church NG Gemeente Swartland 19 Sept 2010
schoemans-chartered-accountants die-courant