Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program vir die week
Sondag 19 junie 2011
09:30 Erediens : Ds Johan O’Kennedy
Sin. Deurkollekte: Restourasiefonds
Opbrengs: Jeugwerk : R2874.40
Maandag 20 Junie 2011
19:00 Kooroefening
Woensdag 16 Maart 2011
09:30 Biduur by dienssentrum
Wyksbidure
Suid 1/2/3
Annalize de Jager Colignystraat 6 om 18:30
Slotwyk
Mari du Toit, Uitsig om 19:30
Wes 3
Isa Naudè Gordonshof 5 om 19:00
Oos 8; 9 & 10
Jaco Bester Hofstraat 20 om 19:00
Nuwe Intrekkers
Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.
Volgende Sondag 26 Junie
09:30 Erediens:Ds Johan O’Kennedy
Spes Deurkollekte : Plaaslike Hospitaalraad
Dankoffer-inbetalings
Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?
Hier volg ons bankbesonderhede:
NG Kerk Swartland
ABSA-Malmesbury
Tjekrek: 380 580 039
Taknr: 632005
Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.
ProjekteRond-om-Talie-klerekas
Dit is weer winter en die navrae by ons klerekas vir 2de handse goedere is groot. Ons benodig nog warm klere, komberse en skoene. Bogenoemde kan by die kerkkantoor afgegee word. Dit word baie waardeer. Baie dankie
‘n Groepie manne is besig met ‘n uitreik-aksie in Malmesbury. Hulle beplan om uitsluitlik komberse uit te deel, maar indien iemand kontant wil skenk gaan hul reënjasse daarvan koop. Vir verdere navrae kan u mnr Carel Nieuwoudt skakel by 084 517 5748 of die kerkkantoor kontak.
Winterhoop
BADISA neem hierdie jaar weer deel aan Projek Winterhoop om kos, klere en komberse in te samel vir mense in nood. BADISA het 54 maatskaplikewerk-kantore wat meer as ’n miljoen mense jaarliks bedien, asook ’n straatkindprogram en tehuise en dienssentrums waar baie behoeftige bejaardes dienste en versorging ontvang. Ons vra gemeentes en uitreik-aksies se hulp met hierdie insameling, want daar is voortdurend ’n tekort aan kos, klere en komberse. Skakel die kerkkantoor om reëlings tref waar u die items wil aflewer
Amoskamp vir plaaswerkers 12-14 Augustus 2011
Bridgetown- Moorreesburg
Sluitingsdatum: 29 Julie 2011
Koste: R130 per persoon vir naweek
Navrae: Mev Martha Smuts - 022 482 4468
Inskrywings beskikbaar by kerk of kerkkantoor
Basaar 2011
By die kerkkantoor is daar serpe, musse en bedsokkies te koop om u teen die koue te beskerm. Ondersteun asb hierdie insameling ten bate van die basaarfonds
GEBEDSBLAD
Lief en Leed
-
Wilma Hofmeyr, Wesstraat 6 – ma oorlede - Ons innige meegevoel aan die familie.
-
Dirk en Empie du Toit het ‘n kleinseun ryker geword - baie geluk
Voorbidding vir ondergenoemde persone se gesondheid
-
Mev de Abreu, Aandskemering - gesondheid
-
Louise Euvrard, Aandskemering - gesondheid
-
Matilda Wiese, Hugenotestraat - gesondheid
-
Nettie Rossouw, Aandskemering - gesondheid
-
Gerard Vermeulen, Skoolstraat - gesondheid
-
Mnr D vd Heever - Kansasaal
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
Mnr Thys Basson, Skoolstraat 44, vandag
Mej Jane Boonzaaier Aandsk 20 Junie
Mnr Jan Louw, Soutpan 21 Junie
Mev Katie van Heerden, Victoriastr 17, 22 Junie
Mev Blanche Struwig Amandelrug 6, 23 Junie
Mev Chrissie Nel Aandskemering, 25 Junie
Seënwense word u toegewens. Baie geluk
JB-Groep
Alle werkende jongmense word hartlik uitgenooi na die
JB byeenkomste Woensdae om 19:00 by die kerksentrum.
Goue Aar tehuis vir bejaardes het vakatures vir ‘n ingeskrewe Verpleegster (Stafverpleegster) en ‘n Drywer / Faktotum. Indien u belangstel kontak mnr JD van Wyk voor 23 Junie - tel 022 486 6240
Tekste vir die week: 19 Junie - 25 Junie
Fokusteks: 2Kor 13:11-13
Ander tekste: Gen 1:1-2:4a; Ps 8; Matt 28:16-20
Fokusteks 26 Junie: Matt 10:40-42
‘n Spesiale Kerkraads-vergadering word op 20 Junie om 19:00 in die kerksaal gehou. Die doel is om ‘n nuwe leraar vir die gemeente te beroep. Sal u asb voorbidding daarvoor doen?
Uitreik na Canzibe, Transkei
Die uitreik vind plaas 9 -16 Jul. Alle belangstellendes kan asb vir Coenie Eygelaar of die kerkkantoor skakel.
AVONTUURKAMP 2011 VIR GRAAD 10 EN 11
Hierdie is ‘n kamp wat jy as Graad 10 en 11 leerder nie mag mis nie. Ons gaan van 5-9 Augustus 2011 by Biedouw Jeugkamp in die Sederberge kamp. By die kamp gaan jy ongelooflik baie van jouself, jou maats en God leer. Nee, ons gaan nie ‘n klomp lesings hê nie. Alles wat ons leer, leer ons deur middel van aktiwiteit in die natuur! Die hoogtepunt is altyd Rotsklim, Absail en moenie die Jakob Regop vergeet nie! Skryf nou in!!! Inskrywingsvorms beskikbaar by albei Kerkkantore en by Hoërskool Swartland. Sluitingsdatum is 25 Julie 2011. Vir enige navra kontak vir Ds Friedrich by 082 521 4211.
Sopkombuis - 2011
Lidmate wat 500ml joghurt- of fetakaas houers het, kan dit asb by die kerkkantoor kom ingee. Ons wil dit vir die sopkombuis gebruik. Baie dankie.
Ons is opsoek na 2L en 5L roomysbakke wat by vanjaar se basaar gebruik gaan word. Bring dit asb na die kerkkantoor. Baie dankie.
Die terugvoer van die lidmate rondom die vraag “of so gesamentlikePinkster nodig is”, was op Donderdag 9 Junie by die gesamentlike Jeugdiens (by Swartland Noord gemeente) getoets en ook by Sondag 12 Junie by die laaste gesamentlike erediens (Swartland Moedergemeente).
Die uitslag was as volg: Gesamentlik
Aantal vraelyste Ja Nee
Do 9 Jun 77 85% 15%
So 12 Jun 247 97% 3%
9 en 12 Jun 324 94% 6%
Meer inligting oor die ander vrae is by albei die kerkkantore beskikbaar. Ons vertrou dat hierdie vir u elkeen ‘n tyd van seën was en dat ons elkeen opnuut alle eer aan God wil gee deur Hom alleen met toewyding te dien.
Seëngroete,
Namens die leraars en kerkrade van Moeder- en Noord gemeente.
Die ACVV dienssentrum Worcester bied aan:
‘n Toer na Sun City vir die Huisgenoot Skouspel, daarna ‘n heerlike rus in die Kruger Wildtuin en met die terugkom word besoek afgelê by die bekende Ludwig’s Roses.
Koste: R7 985 per persoon (ingesluit die Skouspelkaartjie, reis- en verblyf en vele etes)
Wanneer: DV 7 tot 17 Okt 2011
Navrae: Eunice van der Merwe tel 023-3420624
Kinder Vermaak by die Kerkbasaar:
Kontak asb vir Wini May Frank (0824932956) of Marelize Bester (0834526789) indien jy belangstel om te help by die Kindertafels (Kerkbasaar einde Augustus).
Begin asb solank artikels maak en kontak ons met jul lekkerste idees - lekkers, speelgoed, goeie ou kinderboeke, ens...



