1. EREDIENSTE:
09:00 : Oggenddiens : Ds Johan O’Kennedy
Geen Kategese en Aandbyeenkoms
2. Spesiale deuroffer vanoggend vir Aandskemering
Aanstaande Sondag ‘n sinodale deuroffer vir Zim/Malawi/Mosambiek
Opbrengs vir Radio Kansel – R918.75 Dankie hiervoor.
3. BAIE DANKIE: Die Kerkraad wil ons lidmate bedank vir u bydrae die afgelope ses maande. Baie dankie vir u positiewe insette, dankoffer bydraes, bywoning van wyksbidure en eredienste. Saam is SWARTLAND GEMEENTE besig om ‘n verskil in God se Koninkryk in Malmesbury te maak. Hoop ons kinders het ‘n wonderlike vakansie gehad en dat almal veilig tuis is.
4. Die Kommissie-vergaderings vind die week soos volg plaas:
Let op: Donderdag se plek van vergadering het verander.
Maandag 20 Julie:
Leer en Toerusting: 18:00 Kleinsaal
Versorgingskommissie: 18:00 Ontspanningsaal
Eiendomskommissie: 19:00 Grootsaal
Dinsdag 21 Julie:
Getuieniskommissie: 18:00 Ontspanningsaal
Eredienskommissie: 19:00 Kleinsaal
Donderdag 23 Julie:
Finansiële Kommissie: 18:00 Kerkkantoor
Jeugkommissie: 19:00 Grootsaal
5. Die Jaarlikse Kerkraadsverkiesing vind Sondagaand (26 Julie) direk ná die Bybelskool plaas. Alle Kerkraads- en Wyksraadlede van die vier leraarswyke vergader direk ná die Bybelskool by hul betrokke pastorie.
Kerkraadslede van Weswyk woon die vergadering soos volg by:
Wes 1, 2 en Droëvlei – Ds Johan O’Kennedy
Wes 3, 4, Tierfontein en Kalbaskraal – Ds Friedrich Claassen
Wes 5, 6 en Preekstoel – Ds Gert Hattingh
6. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Maandag 20 Julie19:00 Kooroefening
19:00 JB-Groep
7. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Mnr Gerrie Thiart (Rainierstr 27) 20 Julie
Mev Hannie Hanekom (Gordonshof nr 1) 21 Julie ‘n Baie spesiale verjaardag
Mej Erna Conz (Amandelrug nr 18) 22 Julie
Ons bid vir julle God se rykste seën toe. Baie geluk!
Voorbidding:
Mev Regina Jacobs (Aandsk) is in Paarl Medikliniek.
Mev Hester Rust en Mev Gerrie Schepherd (Aandsk) is oorlede.
Ons innige meegevoel aan die families. Mag die Here hul krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.
Leraar wat Sondag 26 Julie die eredienste waarneem:
Oggenddiens: Ds Johan O’Kennedy
Bybelskool: Ds Friedrich Claassen
8. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 19 Julie – 25 Julie
Fokusteks: Mark 6:30-34, 53-56
Ander tekste: Ps 89:20-37; Ps 23; 2 Sam 7:1-14a; Ef 2:11-22; Jer 23:1-6
9. Bedanking: Siphumeze Educare Centre wil baie dankie sê aan almal wat gedurende Pinkster ‘n bydrae van “bruin geld” gemaak het. Saam met die kinders se bydrae het ons die mooi bedrag van R790 ingesamel. Dit help ons om vanaf hierdie kwartaal elke dag vir 80 kinders kos te gee.
10. PASTORALE SPREEKKAMER: Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak. Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders. Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels? Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.
11. Gebedsgroep begin weer 24 Julie om 09:00 aan huis van Sus Hagen, Skoolstr 35. Almal wat behoefte het aan gebed is welkom. Gebedsversoeke is ook welkom. Die program is soos volg:
24 Julie Die groot Gebede boekSus Hagen
31 Julie Ons Vader wat in die Hemel isTertia O’Kennedy
07 Aug “Waarom bid?”Annette Frank
14 Aug “Ons Vader”Janet van Zyl
21 Aug Vader se outoriteitMariaan v.d Spuy
28 Aug “Laat U naam geheilig word.” Wilma van Zyl
04 Sept GebedJohan Nell
11 Sept Uitstappie
18 Sept Besoek Aandskemering - Bejaardes
12. GEMEENTEBASAAR : SATERDAG 29 AUG : KERKSENTRUM
Kerkraadslede sal gedurende Junie en Julie in alle wyke besig wees met die insameling. Ons herinner vriendelik daaraan dat die basaarinsameling ‘n ekstra fondsinsameling is en word die gewone maandelikse dankoffers steeds gedurende hierdie tydperk opgeneem.
Konvenors:
Sameroepers: Charles en Alet Hamman083-698-3405
Vleis: Kobus Smit 48-22053
Groente:Louw Benade 083-298-0951
Koeke en Terte: Anneli Botha 48-22187
Brood en Beskuit:Mariaan du Plessis083-457-8456
Klein koekies: Ousus Baard48-22412
Poeding:Wilma Rossouw 48-65831
Allerlei:Mariana Barnard 48-24298
Handwerk: Annette Frank 48-22592
Wit Olifant: Marí Roux48-22676
Pannekoek: Mariëtte Malan48-21207
Tee en Koffie: Mia de Beer082-325-9330
Speelgoed:Paula Basson48-24463/084-734-5107
Wegneem-etes: Marietha Bester en48-22086
Sigrid Truter en48-22077
Alet Hamman083-698-3405
Veeveiling: Du Toit Dürr082-454-6801
Verwerkte produkte Rina Lock 082-225-6823
13. Lidmaatskap ontvang
Matthys Louis Carstens, Zwartlandhof 43, voorheen van Vredenburg.
Baie welkom hier in Swartland Gemeente!
14. Nagskuiling - Afkondiging
Baie dankie aan almal wat al iets vir die Nagskuiling gegee het!! Hulle beplan ‘n opedag later in Oktober. Die Versorgingskommissie benodig u hulp. Enige LIDMATE met nuwe IDEES wat by die toerusting van die Nagskuiling se inwoners betrokke wil raak om aan hul handvaardighede te leer, sodat hulle iets vir die opedag kan maak en in die toekoms selfonderhoudend kan word, kontak asb. die versorgingskommissie!
Ons benodig ook: 1L bottels, vir saadhouers vir tuinvoëls, Ou emalje kombuisware, Ou koekblikke, lakens (vir opskeur om matte te vleg), saad vir blomme en groente, Enige wol (2-draad/of “chunky”), Tuinbeplanning ens. Baie dankie! Kontak Luda Retief by 022 48-72004 of Tertia O’Kennedy by 022 48-21231
15. BESOEKURE - AANDSKEMERING
SOGGENS : 10:00 TOT 11:00
MIDDAE : 15:00 TOT 16:00
17:00 TOT 17:30
Ons maak op besoekers staat om besoekure van die tehuis asb te respekteer. Indien besoekers van ver af buite besoekure aankom of as u werksure u verhinder om by die ure aan te pas, moet die hoof of suster in bevel in kennis gestel word. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staat maak. (Kontak nr 022 48-21466) Mev V Saayman – Hoof van Aandskemering tehuis.
16. AMOS PLAASWERKERKAMP 14-16 AUGUSTUS 2009
Vanjaar se Amoskamp is by Oppiesee, Melkbosstrand. Inskrywingsvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar. Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase sodat soveel as moontlik mense die geleentheid kan kry om te kan gaan. Kontak Ds Gert Hattingh by 022-487 1539 vir verdere navrae.
17. Besoek van Retha McPherson - Malmesbury
Hierdie is ‘n interkerklike aand vir mans en dames en die tema is:
Sagaria 4:6 “nie deur krag of geweld nie, maar deur my gees.”
Datum en tyd: 6 Aug 2009 om 18:30
Plek: Hoërskool Swartland Skoolsaal
Koste: R40 per persoon
Navrae by Mareza 084 200 2433 en kaartjies beskikbaar by Hoërskool Swartland Toerismekantoor/CPM
18. ‘n 2de Handse verkoping word gehou op 31 Julie en 1 Aug. Enige klere en huisware kan by die kerkkantoor afgegee word vir die verkoping. Skakel Annette Frank vir meer enige navrae - 022 48-22592



