@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 17 April 2011

swartland-ng-kerk
ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 17 April 2011
09:30 Erediens - Ds Johan O’Kennedy

09:30 Kinderkerk - Kerksentrum

Gr 7-11 Kategese direk na erediens - 11:30

Sin Deurkollekte: BADISA

18:00 Diens by Aandskemering

18:30 Tekkiediens - Swl-Noord

Opbrengs:

Zimbabwe, Malawi en Mosambiek: R1049

Maandag 18 April

Kooroefening om 19:00

Woensdag 20 April

Wyksbidure

Slotwyk biduur is uitgestel

Tierfonteinwyk is afgestel

Goeie Vrydag - 22 April 2011

09:00 Nagmaal - Ds Friedrich Claassen

Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds

Paasfees Sondag 24 April

09:30 Erediens - Ds Friedrich Claassen

Geen Kinderkerk en Gr7-11 Kategese

Spes. Deurkollekte: Restourasiefonds

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Dankoffer-inbetalings

Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?

Hier volg ons bankbesonderhede:

NG Kerk Swartland

ABSA-Malmesbury

Tjekrek: 380 580 039

Taknr: 632005

Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

JB-Groep- Woensdag 20 April

Alle werkende jongmense word hartlik uitgenooi na die JB byeenkoms om 19:00 by die kerksentrum.

Projekte

Indien u belangstel om diens te doen by die klank in die kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411. Dit sal baie waardeer word

Kommissie vergaderings

Maandag - 18 April

18:00  -  Versorgingskomm

19:00  -  Eiendomskomm

19:00  -  Jeug & Gesin komm

Dinsdag - 19 April

18:00 - Gesam.vergadering

             Getuienis en Leer &Toerusting

19:00 - Erediens & Sangkomm

Donderdag - 5 Mei

18:00  - Finansiële kommissie

Kom toer saam: DV 7-17 Okt 2011 Ons toer na Sun City vir die Huisgenoot Skouspel. Hierna rus ons in die Kruger Wildtuin en met die terugkom besoek ons die bekende Ludwig’s Roses.

Kostes: R7 985 pp.(ingesl Skouspel toegangskaartjie, reis- en verblyfkostes asook alle etes)

Kontak Eunice v.d Merwe by ACVV Dienssentrum Worcester, 023-3420624 vir meer besonderhede

TIENERBEDIENING

Ons benodig nog kleingroepleiers. Hierdie is nie alleen ‘n bedienings-geleentheid nie, maar ook ‘n geleentheid om geestelike te groei. Kom word deel van ‘n span wat ons tieners begelei om Jesus as Verlosser te ontdek, aan te neem en voluit vir Hom te lewe. Persone wat betrokke wil raak by die Tienerbediening op Sondae na kerk kan vir Ds Friedrich kontak (082 521 4211).

Ester konferensie aangebied deur

NG Kerk Moedergemeente Vredenburg en Akkerdyk

GOD MAAK JOU BEKOORLIK, VIR HOM!

Datum: 17-18 Junie 2011

Tyd:    Vanaf 17:00 (Vrydag - 17de)

08:00 - 16:30 (Saterdag - 18de)

Kostes: R180 p.p (sluit etes enkonferensiemateriaal in)

Plek:  NG Moedergemeente, Vredenburg

Inskywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Vir navrae skakel Renette, 082 877 5313 of Ronel, 082 873 3757

GEBEDSBLAD

Ons dink aan ons gemeente

  • Elize Kotze, Pinardstr 1a – haar vader oorlede
  • Abie Kriel, Arcadiastr 30 –  in die week oorlede
  • Joey Louw – Annahof 3 – haar  broer oorlede.

Ons innige meegevoel aan die families.

  • Piet van Staden, Victoriastr 16 - bid vir sy gesondheid.
  • Voorbidding vir padveiligheid gedurende Paasnaweek en dat ons saam met alle Christene sal feesvier oor die groot dade van God.
  • Voorbidding vir die Sinodesitting - 9-13 Mei te Goudini:

9 temas word bespreek: armoede, barmhartigheid en restitusie; toerusting en begeleiding van lidmate; jeug; getuienis; die eenheid van die kerk; identiteit; geslag en diversiteit; die Belhar-belydenis; die doop. Bid vir onderskeidingsvermoë wanneer oor dié uiteenlopende sake gedink, gepraat en leiding gegee moet word.

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Margie Rust, Aandsk, 23 April

Seënwense word u toegewens. Baie geluk

Gebedsgroep - Vrydae om 09:00 by die Kerksentrum Almal is baie welkom om dit by te woon!!

‘n Algemene vergadering vind plaas by Aandskemering op 21 April om 15:00 waartydens die begroting en fondsinsameling ter sprake sal wees.

Dit sal baie waardeer word indien soveel as moontlik persone die vergadering kan bywoon.

Baie dankie

Tekste vir die week:

17 April 2011 - 23 April 2011

Fokusteks: Ps 31:9-16

Ander tekste: Matt 21:1-11;Ps 118:1-2, 19-29; Jes 50:4-9a;Fil 2:5-11; Matt 26:14-27

Fokusteks - 17 April: Kol 3:1-4

You are here: Church NG Gemeente Swartland 17 April 2011
schoemans-chartered-accountants die-courant