@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 16 Mei 2010

swartland-ng-kerk
Program van die week
Sondag 16 mei
09:30 Pinksterdiente begin
Ds Johan O'Kennedy
09:30 Kinderkerk.
Modkats direk na erediens
Spes. Deurkollekte: CLF
Opbrengs: Ramot – R1313.15

19:00 Pinkster-biduur

18:45 Voorafsang

Volgende Sondag 23 Mei 2010

09:30 Nagmaaldiens– Ds Johan O’Kennedy

Nagmaaldiens by Aandsk: Ds Claassen 

Geen Kinderkerk en Modkats

Sin Deurkollekte: Studentebearbeiding

Pinkster Gemeente-ete om 12:00 in die Kerksentrum

Pinkster-biduur elke aand 19:00 Voorafsang 18:45

Tema: Bou brûe saam met Jesus 

Maandag 17 Mei

Mark 5:1-21, Mark 7:24-30

Dinsdag 18 Mei

Joh 4:1-42

Woensdag 19 Mei

Hand 6:1-7

Donderdag 20 Mei

Mark 5:1-21

Vrydag 21 Mei

Hand 16:11-40

Besoekers

Welkom aan alle besoekers.

Mag julle kuier aangenaam wees. Mag julle die Here vanoggend naby aan julle beleef. Geniet die diens en kom kuier asseblief weer!

Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons ‘n nuwe intrekkersvorm by die hoofingang in en kontak die kerkkantoor vir enige navrae.

Ons volgende Wyksraads- en Kerkraadsvergadering word gehou op Donderdag 27 Mei om 19:00 in die Kerksentrum.  Koffie/tee om 18:45.

Projekte

Pinkster Gemeente-ete vind plaas op 23 Mei om 12:00.

Buffet –ete. R75 per volwassene en R50 per Laerskoolkind. Voorskoolse Kinders gratis. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor.

Ons benodig die volgende bestanddele vir die gemeente ete.Indien enige iemand 'n bydra kan maak, kontak asb die Kerkkantoor by 022 48-22411

Benodighede vir 120 persone  :

10 Skaapboude           10 kg Maalvleis

3 Blomkool                    6 Butternuts

10 Uie                            3 X Butro

6 Red Peppers             5 L Vla

6 pk Potato Bake         2L Vars Room

5 kg Broodmeel

3 kg Patat

4 X 410g Tamatie uie smoor

6 Rolle Today deeg

4 Gebakte Poedings (Malvapoeding)

10 kg Aartappels

5 L Vars Melk

2,5kg Suiker                  120 Servette

30 L Groentesop           3kg Kaas

6 pk Baby Marrows       4 X Konfyt

6 pk Vars Sampioene

Vars produkte moet teen Vrydag 21 Mei by die Kerkkantoor se kombuis afgelewer word.

CVV

Onbederfbare produkte vir behoeftiges

U kan steeds bydra tot hierdie projek. Met Nagmaal kan u hierdie produkte by die deure in die mandjies plaas en ook by

Pick & Pay en Raimondi’s

Die nodige voedselsoorte is per Leraarswyke ingedeel:

Suid:       Tuna en/of Spaghetti

Oos:        Rys en/of Tamatievis

Wes:       Macaroni en/of Blikkiesvleis

Sentraal: Suiker (1kg) en/of Boksiemelk

Baie dankie vir u ondersteuning!

Die volgende Teaterproduksies vind plaas op Saterdag 5 Junie:  

om 10h00 (vir die kinders) - Kaartjies @ R30,00 per persoon

raak romanties (met Johan en Lida Botha) om 16h00 -Kaartjies @ R80,00 per persoon. Die teaterwerksgroep nooi u uit na ‘n heerlike kuiergeleentheid na die vertoning in die Ontspanningsaal.

Tekste vir die week 16 Mei – 22 Mei

Fokusteks:   Joh 17:20-26

Ander tekste:  Handl 16:16-34; Ps 97

Openb 22:12-21

Fokusteks vir 23 Mei: Joh 14:8-17

Ons benodig 2de Handse goedere en klere vir die verkoping gehou op 29 Mei. Kontak Annette Frank by 022 48-22592 of bring dit asb na die Kerkkantoor. Dankie.

GEBEDSBLAD

Ons dink aan die wêreld
  • Ons doen voorbidding vir Nederland en Serbia. Sien inligting by Sokkerwêreldbeker.

Ons dink aan Suid-Afrika

Ons dink aan ons omgewing

  • Ons bid vir Pinkster, die bywoning, die onderwerp van bespreking, die leraar se voorbereiding en deursettingsvermoë.
  • Ons bid vir ons kole se leerders en bywoning
  • Ons bid vir die koor en hul optredes

Ons dink aan ons gemeenskap

Ons vra voorbidding vir die volgende persone se gesondheid:

  • Rita Prinsloo, Abie Kriel, Martie Weyers, Hanri Nel.
  • Voorbidding vir Chris Hunsinger wat steeds in Durbanville Medi-Kliniek is en ook vir Etienne van Wyk, wat in Paarl Medi-Kliniek is.

In die brand in Dunoon is 122 “shacks” heeltemal vernietig, en het die mense alles verloor.  Daar woon gemiddeld 2-3 gesinne per shack, en die nood is groot.  As iemand dit in hul hart voel om iets uit hul huise by te dra om die nood te verlig (ou linne, hand-doeke, gordyne, breekgoed, klere, ENIGIETS), kan hulle dit by die ACVV kantore afgee (merk dit net: DUNOON).

Baie dankie, Elize Weyers

DIENSSENTRUMBESTUURDER

Saamsing by Gawie en Sus Hagen, Skoolstr 36

‘n Behoefte het ontstaan deur gemeentelede om weer, soos in die verlede, saam te sing.  Ons sing uit die Liedboek, Halleluja ens. Die eerste byeenkoms is 23 Mei om 19:00. Klavierbegeleiding deur Sunette Botha. Ander instrumente kan ook saamgebring word. Kom en geniet ‘n heerlike saamsing-aand!!!

Die JB-groep verkoop sop gedurende Pinkster in die Moederskamer teen R5.

Aandskemering – Ons neem die vrymoedigheid om te vra vir oorskiet wol. Mev Lizzie de Clerq het lappies gehekel, wat deur vrywilligers aanmekaar gewerk word vir knie kombersies.  Kontak Vivian Saayman by Aandskemering

Sokkerwêreldbeker

Ons doen voorbidding vir die lande wat aan die Sokkerwêreldbeker deelneem:

Nederland: Populasie: 16,715,999

Persentasie Christene: Roomse Katolieke 30%, Nederduits-

Gereformeerd 11%, ander Protestante 3%.

Moslem 5.8%, Ander 2.2%, Geen 42%.

Drie gebedsversoeke:

1.         Bid vir herlewing wat die nasie geestelik sal herstel

2.         Bid vir nuwe lewe vir kerke – daar word bereken dat teen 2015 meer as die helfte van kerkgangers ouer as 65 jaar sal wees

3.         Bid vir bediening aan jong mense waar so baie verwyder is van die evangelie – dis een van die mees sekulêre lande ter wêreld

Serbia: Populasie: 7,379,339

Persentasie Christene: Ortodokse Christene 85%,

Katoliek 5.5%, Protestant 1.1%.

Moslem 3.2%, Ander 2.6%, Onbekend of Ateïs 2.6%.

Drie gebedsversoeke:

1.         Bid vir vrede in die Kosovo streek en dwarsdeur Serwië. Daar is baie wedersydse teensin en seerkry.

2.         Bid dat God versoening sal bewerk tussen die Serwiërs en die Kosovo Albanese 

3.         Christelike sending aksies ondervind dit moeilik om lang termyn werkers hier te plaas. Bid dat meer werkers hiervoor geroep sal word 

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Mev Lottie Hardy, Arnaudstraat 1, verjaar vandag

Mev Beatrix Visagie,Hoogstraat 29 , 17 Mei

Mev Rita Kenny, Aandskemering, 20 Mei

Ons wens u van harte geluk en bid u die Heer se ryke seën toe.

Die Basaarlyste vir insamelings vir Junie en Julie is in die vakkies in die konsistorie beskikbaar.

Werkersdag vind plaas op 29 Mei 2010. Almal wat belangstel om te kom help, vergader om 08:30 by die Kerksentrum.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 16 Mei 2010
schoemans-chartered-accountants die-courant