Oggend:
09:00 : Nagmaal (Familiediens): Ds Johan O’Kennedy
09:00 : Nagmaal (Aandsk) Ds Friedrich Claassen
Aktiwiteite vir Gr 1-6 direk na die erediens
Modkats vir Gr 7-11 na die erediens
18:30 Interskole diens –by Swartland-Noord gemeente
Huiskerkgeleentheid soos gereël in die wyke
2. Sinodale deuroffer vir die Bediening aan Dowes. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale Deuroffer vir Straatwerk. Straatwerk is ‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad. Ons reik onder andere uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers, ens.) Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe dit ookal moontlik is (voedsel, klere, basiese mediese hulp, krisis-verblyf)
Opbrengs vir die Magdalenahuis – R740.95. Dankie hiervoor.
3. PASTORALE SPREEKKAMER: Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak. Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak. Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.
4. KERKRAADSVERGADERING vind plaas op 20 Aug 2009 in die Kerksentrum. Die gesamentlike vergadering van die Wyksrade en Kerkraad vind om 19:00 (teebediening 18:45) in die grootsaal plaas, waarná die Wyksrade verdaag en die Kerkraad met hul vergadering in die kleinsaal voortgaan.
5.LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:
Geen verjaardae hierdie week!!!
Voorbidding:
Tannie Anna Swanepoel (Aandsk) is in Tygerberg Hospitaal vir ‘n operasie.
Mnr Johan Muller, Kansakamer (oorspronklik van Hartebeespoortdam) is oorlede. Ons innige simpatie en meegevoel aan die gesin.
Leraars wat Sondag 23 Augustus die eredienste waarneem:
Oggenddiens: Ds F Truter (besoeker van Straatwerk)
Bybelskool: Ds Johan O’Kennedy
6. PROGRAM VIR DIE WEEK …
Dinsdag 18 Aug 19:00 Kooroefening
Woensdag 19 Aug Wyksbidure
Weswyk Biduur in Droëvleiwyk is geskuif na 26 Augustus 2009
Ooswyk 19:00 Grasrugwyk (Oudl Bester) by Mnr&Mev Truter de Kock, De Grendel
Sentraalwyk 19:30 Paardebergwyk (Oudl Smit) by Mnr en Mev Loffie Euvrard, Orangerie
19:00 JB-Groep
Vrydag 21 Aug 09:00 Gebedsgroep – Skoolstr 35
7. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 16 Aug – 25 Aug
Fokusteks: 1 Kon 2:10-12; 3:3-14
Ander tekste: Ps 111; Spr 9:1-6; Ps 34:9-14; Ef 5:15-20; Joh 6:51-58
8. Lidmaatskap ontvang:
Johan Conradie en Marilyn Grobbelaar (nou Cornadie) (Wolwedans) voorheen van Ceresvallei gemeente.
Baie welkom in ons Gemeente!!!
9. GEMEENTEBASAAR : SATERDAG 29 AUG : KERKSENTRUM
Konvenors:
Sameroepers: Charles en Alet Hamman 083-698-3405
Vleis: Kobus Smit 48-22053
Groente: Louw Benade 083-298-0951
Koeke en Terte: Anneli Botha 48-22187
Brood en Beskuit: Mariaan du Plessis 083-457-8456
Klein koekies: Ousus Baard 48-22412
Poeding: Wilma Rossouw 48-65831
Allerlei: Mariana Barnard 48-24298
Handwerk: Annette Frank 48-22592
Wit Olifant: Marí Roux 48-22676
Pannekoek: Mariëtte Malan 48-21207
Tee en Koffie: Mia de Beer 082-325-9330
Speelgoed: Paula Basson 084-734-5107
Wegneem-etes: Marietha Bester 48-22086
Sigrid Truter 48-22077
Alet Hamman 083-698-3405
Veeveiling: Du Toit Dürr 082-454-6801
Verwerkte produkte Rina Lock 082-225-6823
Die produkte kan vanaf die 17de ingehandig word, sodat konvenors hul beplanning kan doen. Baie dankie.
10. Die AVONTUURKAMP vir G.10 en 11-leerders vind weer vanjaar
o.l.v Ds Friedrich Claassen vanaf 23 – 28 September by die Biedouw-Vallei plaas. ‘n Kamp van ‘n leeftyd. Luilekker ontspan, vriende maak, kuier tot laatnag, praat oor die lewe, avontuur, swem, stap, sing, speel en vele meer.
Inskrywingsgelde - R500 pp en sluit alle kostes in. Plekke is beperk - 40 kinders (Hoërskool Swartland), so skryf in voor 11 September 2009 om jou plek te verseker. Gelde betaalbaar met Inskrywing. Vir navrae kontak Ds Friedrich Claassen by 087 807 7770. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die Kerkkantoor.
11. Regstelling van Kerkraadsbevestigingsdatum.
Die bevestiging vir Kerkraadslede vind plaas op Sondag 11 Oktober en nie op 12 Oktober soos gemeld in die briewe. Jammer vir enige ongerief.
12. Verkiesing vir die Kerkraad: Mev Gertruida Elizabeth Beukes se naam is per abuis uitgelaat. Sy is as Ouderling Wyksraad vir Suidwyk 16/17 verkies.
13. Lentewerkswinkels 12 September 2009
Verryking en Bemagtiging van Vrouelidmate en belangstellendes. Verryk of rus jouself toe vir groter diensbaarheid in die gemeente en gemeenskap.
Plek en koste: Ng Kerk Citrusdal 08:45 – 15:00 R70 per persoon
Inskrywings is beskikbaar by ons kerkkantoor of vir verdere inligting kontak Esther by 021 957 7190. Inskrywings sluit 1 September ’09
14. ‘n Omgee groep, met 3 lede vergader Dinsdae-aande om 19:30. Hulle is opsoek na nog lede of groepe om by aan te sluit. Kontak asb vir Jacky by 082 485 7154.
15. Kom kuier saam met Depressievegter Jeanne Els: Kom luister op Dinsdag 1 Sept 2009 om 19:00 by die Kerksaal Swartland-Noord hoe Jeanne Els, skrywer van die topverkoper boek, Ligdans, depressie-vegters se verhale van hoop, jou inspireer om hierdie siekte in die gesig te kyk en dit positief en realisties te benader. Eksemplare van die boeke, Ligdans en Tango, sal teen ‘n spesiale prys van R80 elk beskikbaar wees. Almal is baie welkom.



