Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 15 Mei 2011
09:30 Erediens - Ds Friedrich Claassen
Spes Deurkollekte: Radio Kansel
Opbrengs: Ramot: R1367.15
Aand: HUISKERK
Maandag 16 Mei
19:00 kooroefening
Woensdag 18 MeiSuid 10/11
Mnr en Mev Flip Gerber, Auctionstr 29 om 18:30
Vlakfonteinwyk
Mnr en Mev SP van Blerk, Vlakfontein om 20:00
Babylonstorenwyk
Mnr en Mev Willie Hewett, Nuwerus om 19:00
Kalbaskraalwyk - biduur is geskuifVolgende Sondag 22 Mei
09:30 Erediens - Ds Johan O’Kennedy
09:30 Kinderkerk - Kerksentrum
Gr 7-11 Kategese na erediens tot 11:30
18:30 Tekkiediens - Swl-Noord
18:30 Bybelskool - Kerksentrum
Sin. Deurkollekte: Studente bearbeiding
Nuwe IntrekkersBaie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.
Dankoffer-inbetalings
Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?Hier volg ons bankbesonderhede:
NG Kerk Swartland
ABSA-Malmesbury
Tjekrek: 380 580 039
Taknr: 632005
Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.
Gebedsgroep - Vrydae om 09:00 by die Kerksentrum Almal is baie welkom om dit by te woon!!
Projekte
Indien u belangstel om diens te doen by die klank in die kerk, kontak asb die kerkkantoor - 022 48-22411. Dit sal baie waardeer word
Kom toer saam: DV 7-17 Okt 2011 Ons toer na Sun City vir die Huisgenoot Skouspel. Hierna rus ons in die Kruger Wildtuin en met die terugkom besoek ons die bekende Ludwig’s Roses.Kostes: R7 985 pp.(ingesl Skouspel toegangskaartjie, reis- en verblyfkostes asook alle etes)
Kontak Eunice v.d Merwe by ACVV Dienssentrum Worcester, 023-3420624 vir meer besonderhedeMy pa dink hy’s Elvis met Ben Kruger en Viljé Maritz -
Goeie gesinsvermaak
Waar: De Bron teaterDatum: 1 Junie 2011 om 19:00
Prys: Volw: R100.00
Skoliere: R50.00
Kaartjies is beskikbaar by die Moedergemeente Kerkkantoor en Superfoto - De Bron sentrumRond-om-Talie-klerekas
Dit raak weer winter en die navrae by die klerekas vir 2de handse goedere is groot. Ons benodig nog warm klere, komberse en skoene. Bogenoemde kan by die kerkkantoor afgegee word. Dit word baie waardeer. Baie dankieEster konferensie aangebied deur NG Kerk Moedergemeente Vredenburg en Akkerdyk
GOD MAAK JOU BEKOORLIK, VIR HOM!Datum: 17-18 Junie 2011
Tyd: Vanaf 17:00 (Vrydag - 17de)08:00 - 16:30 (Saterdag - 18de)
Kostes: R180 p.p (sluit etes enkonferensiemateriaal in)Plek: NG Moedergemeente, Vredenburg
Inskywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.
Vir navrae skakel Renette, 082 877 5313 of Ronel, 082 873 3757GEBEDSBLAD
Ons dink aan ons gemeente
-
Mev Sarina Steyn, Aandskemering - Tygeberg Hospitaal - gesondheid
-
Mev Marleen Ligthart, Mollstr 9 - gesondheid
-
Dr Higgo, afgetrede leraar van ons gemeente, is oorlede. Ons innige meegevoel aan sy vrou, familielede en vriende.
-
Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:
-
Mev Lottie Hardy, Aandskemering, 16 Mei
-
Seënwense word u toegewens. Baie geluk
-
Bybelskool geleentheid word aangebied op Sondag 22 Mei om 18:30 in die Kerksentrum.
-
Prof Hendrik Bosman van Stellenbosch se Kweekskool kom gesels oor die tema “Raar maar waar”. Dit handel oor die eerste 11 hoofstukke van die boek Genesis. Dit beloof om insiggewend en baie interessant te wees.
Tekste vir die week:15 Mei 2011 - 21 Mei 2011
Fokusteks: Joh 10:1-10
Ander tekste: Ps 23; Hand 2:42-47; 1Pet 2:19-25
Fokusteks - 22 Mei: Hand 7:55-60
‘n Kerkraadsvergadering vind plaas op 26 Mei om 19:00 by die kerksentrum. Vooraf tee om 18:45. Al die kerkraadslede is welkom om die vergadering by te woon.Kinderteater: Dolf Wolf en die drie Varkies word aangebied op Saterdag 21 Mei by De Bron Teater om 10h00. Kaartjies kos R30 en is te koop by die Kerk-kantoor en ook by Superfoto.
Altasorg TrollieprojekDie Altasorg-nasorgsentrum het ‘n trollieprojek begin vir volwasse persone met intellektuele gestremdhede.
Vir die trollieprojek benodig hulle die volgende basiese toiletware: tandepaste, seep, deodorant, lyfroom en sneesdoekies.Benodigdhede kan voor einde Junie by die kerkkantoor afgegee word. Baie dankie
TIENERBEDIENINGOns benodig nog kleingroepleiers. Hierdie is nie alleen ‘n bedienings-geleentheid nie, maar ook ‘n geleentheid om geestelike te groei. Kom word deel van ‘n span wat ons tieners begelei om Jesus as Verlosser te ontdek, aan te neem en voluit vir Hom te lewe. Persone wat betrokke wil raak by die Tienerbediening op Sondae na kerk kan vir Ds Friedrich kontak 082 521 4211.
Groter samewerking Swartland Noord en Moedergemeente!
Die Dagbesture van Swartland Noord en –Moeder gemeente het in 2010 met mekaar gesels oor die moontlikheid van meerdere samewerking. Die persone teenwoordig was verwonderd oor hoe algemeen die begeerte was om nog meer en beter saam te werk en dien. Voorleggings is aan beide kerkrade gedoen en die kerkrade het die meerdere samewerking verwelkom en aangemoedig. Dit het daartoe gelei dat die finalejaar kategese kamp saam met Moedergemeente plaasgevind het en dat dit vir vanjaar ook so beplan word. Daarmee saam het die kerkrade ‘n gesamentlike Pinkster vir 2011 goedgekeur en is die moontlikheid van ‘n gesamentlike Kerssangdiens vir 20 November 2011 voorlopig beplan. Oor die Kerssangdiens word daar nog besin en wil ons ook graag u as gemeente se inset na die gesamentlike Pinkster hê.Pinkster 2011
Daar word vir die 2 gemeentes 2 eredienste tydens Pinkster aangebied. ‘n Meer tradisionele reeks by Moedergemeente wat deur Dr Malan Nel gelei word en ‘n Jeug-reeks by Noord gemeente wat deur Ds Irenee Heyns aangebied word.
Sondagoggende 5 en 12 Junie word ‘n gesamentlike erediens by Moedergemeente aangebied. Sondagaand 5 Junie tot Vrydagaand 10 Junie word daar 2 dienste by Noord- en Moedergemeente gedurende dieselfde tyd aangebied (18:45 vir 19:00). Meer detail oor die tema’s, kore en optredes volg nader aan die tyd.‘n Gesamentlike piekniek vir al die families van die 2 gemeentes word by die Landbousaal op Sondag 12 Junie net na die Pinksterafsluiting rondom 11h00 beplan.
Namens die kerkrade van Swartland Noord en Moedergemeente


