@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 14 Jun 09

swartland-ng-kerk
WELKOM BY DIE EREDIENS VAN 14 JUNIE 2009
1.    EREDIENSTE:
Oggenddiens 09:00: Oggenddiens:    Ds Friedrich Claassen
Geen Kategeseklasse en Aanddiens
Vandag Biddag vir Jeug en Kategese

2. Spesiale deuroffer vanoggend vir ons Restourasiefonds
Aanstaande Sondag ‘n sinodale deuroffer vir Gemeentebediening. Die kommissie se opdrag is die normale gebou en toerusting van die gemeente in sy verskillende ampte en bedieninge,opbou van die gemeente tot ‘n feesvierende gemeente sowel as die opbou van die huweliks- en gesinslewe en aandag aan kerkvervreemdes. Opbrengs vir die Jeugwerk – R1205.60. Baie dankie hiervoor. Die BYWONINGSYFER van verlede Sondag: Ogg: 347  Tekkiediens: 30

3. PASTORALE TERAPIE:  Die lewe stel aan ons eise wat soms te veel raak.  Dit het ‘n impak op jou, jou werk, jou huwelik en jou verhouding met jou kinders.  Wil jy of dalk jou kind met iemand gesels?  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770 vir ‘n afspraak.

4. GEMEENTE-ETE             
Ons wil almal bedank wat gehelp het met die beplanning en voorbereiding vir die gemeente ete wat gehou was op Sondag 31 Mei 2009. Ons wil spesifiek vir Bertie en Selma Walters baie dankie sê vir die GROOT beesvleis skenking wat hulle vir ons gemaak het om die stroganoff te kon maak. Dankie aan almal wat die ete bygewoon het.  ‘n Stewige bedrag van R4355.00 is ingesamel.

5. AMOS PLAASWERKERKAMP 14-16 AUGUSTUS 2009
Vanjaar se Amoskamp is by Oppiesee, Melkbosstrand.  Inskrywingvorms is by die kerkkantoor en by die kerk beskikbaar.  Versprei asb die vorms onder julle werkers en ook aan buurplase sodat soveel as moontlik mense die geleentheid kan kry om te kan gaan.  Kontak Ds Gert Hattingh by 022-48-71539 vir verdere navrae.

6. PROGRAM VIR DIE WEEK …       
Maandag 15 Junie
Geen Kooroefening, maar Maandag 22 Junie – kooroefening vanaf 19:00 tot 21:00

Woensdag 17 Junie Plaaswykbidure
Weswyk 19:00 Tierfonteinwyk (Oudl Benade) by Mnr&Mev Lennard v Wyk, Schoonspruit
Suidwyk 20:00 Vlakfonteinwyk (Oudl Visser) by Mnr & Mev Matty Visser, Droëvlei
Ooswyk Geen plaasbiduur
Sentraalwyk 19:30 Paardebergwyk (Oudl Kobus Smit) by Mnr & Mev Pieter Dreyer Goedeverwachting
19:00    JB-Groep

Vrydag 19 Junie
09:00    Gebedsgroep – Skoolstraat 35
18:30    Koffiekroeg

7. Ds Gert Hattingh gaan met verlof 23 Junie tot 3 Julie.  Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy of ds Friedrich Claassen in geval van siekte en nood.    

8. Die Boodskapper gaan volgende Sondag 21 Junie vir Kerkraadslede beskikbaar wees in die Konsistorie.  ‘n Lys is beskikbaar waarby geteken moet word vir die aantal Boodskappers geneem.

9. Ons benodig komberse vir die kinders om op te sit gedurende die Kinderkerk.  Diegene wat ‘n bydrae wil maak, kan dit na die Kerkkantoor bring.  Baie dankie vir almal wat reeds ‘n bydrae gelewer het.

10. Ons beoog om ‘n DVD beskikbaar te stel van opnames wat gemaak is gedurende Pinkster-biduur.  Verdere inligting hieroor sal later bekend gemaak word.

11. BASAAR INSAMELINGS
Daar is bedsokkies en gebreide mussies by die kerkkantoor t.b.v die bazaar, te koop. Kom loer gerus in as u belangstel of kontak die kerkkantoor by 022 48-22411.

12. DIE KLEREBANK – KERKKANTOOR:
Die Klerebank benodig asb wintersklere vir kinders.  U is ook welkom om enige ander bydraes (Komberse, ens.) vir die wintertyd na die klerebank te bring. Baie dankie vir u hulp en ondersteuning.

13. Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 14 Junie – 20 Junie
Fokusteks: 1Sam 15:34 – 16:13
Ander tekste: Ps 20; Eseg 17:22-24; Ps 92:1-4, 12-15; 2Kor 5:6-13; Mark 426-34

14. LIEF EN LEED ...
Verjaardae van ons mees senior lidmate:   
Mev Bettie Smit (Amandelrug nr 14) 17 Junie
Mnr Chris vd Merwe (Omega w/s 3) 18 Junie
Mnr Thys Basson (Skoolstr 44) 19 Junie
Mev Beatrix Loftus (Aandsk) 19 Junie
Mej Jane Boonzaaier (Aandsk) 20 Junie
Ons wens u ‘n goeie lewensjaar toe. Baie geluk!

Voorbidding:
Mev Hanekom (Aandsk) is in Paarl Hospitaal vir ‘n heupoperasie.
Mev Sophia Crous (Aandsk) is in die week oorlede.
Mnr M Koen (Aandsk) is ook in die week oorlede.
Mnr Johann Nel, Vredestraat 3A ,se moeder,mev Martie Nel (Aandsk) is verlede Sondag oorlede. Ons innige meegevoel aan die families– Mag die Heer hul krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.

Leraar wat Sondag 21 Junie die eredienste waarneem:
Erediens: Ds Johan O’Kennedy
Tekkiediens: Ds Friedrich Claassen   
Huiskerk soos gereël in die wyke

15. As u weet van iemand wat ‘n gemeubileerde kamer of klein woonstelletjie beskikbaar het om vanaf 1 Julie te verhuur, kontak asb die kerkkantoor by 022 48-22411.

16. AANDAG MANS BO 50 JAAR!!!!
Gedurende Junie en Julie 2009 maak KANSA mans bewus van Prostaat- kanker. ‘n PSA bloedtoets kan by u naaste dokter gedoen word.  Met hierdie toets kan vroeë abnormaliteite in die prostaat opgetel word. Vir meer inligting kan Lisna Hugo by die Kansa Weskus Streek kantoor gekontak word 022 48-21111 of jou naaste dokter op Malmesbury.

17. BEDANKING – SKENKING VAN BABAKLERE
Namens die ACVV wil ons vir die gemeente baie dankie sê vir die skenking van die baba benodigdhede soos aangevra.  Ons waardeer julle hulp en ondersteuning opreg – A Rainsford (Maatskaplike Werker)

18. Ds Friedrich Claassen se selfoon nommer het verander. Vanaf 1 Junie kan u na die volgende nr skakel: 082 521 4211. Ook kan Ds by die huis gekontak word by 087 807 7770 of 022 48-21427.
You are here: Church NG Gemeente Swartland 14 Jun 09
schoemans-chartered-accountants die-courant