@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 13 Sept 09

swartland-ng-kerk

1.   EREDIENSTE:

Oggend:
09:00    :  Erediens  : Ds Friedrich Claassen
09:00    :  Kinderkerk Gr 1-6
Modkats direk na die erediens

Aand:
18:00  : Diens by Aandskemering : Ds Friedrich Claassen
Dit is vandag Leprose- (melaatsheid) en Toerusting -Sondag.
Vanaand se Bybelskool is afgestel

 2.  Vanoggend ‘n Sinodale deuroffervir die Teologiese Kweekskool. Aanstaande Sondag ‘n Spesiale Deuroffer vir Jan Kriel Skool. Die Instituut in Kuilsrivier bemagtig leerders met spesiale onderwys behoeftes.  Die gemeente se voorbidding, belangstelling en finansiering word met dankbaarheid erken.  Kinders met bv. Disleksie, epilepsie en ander leerbehoeftes kry geleentheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel.  By Jan Kriel word “belasting-afhanklikes” belasting betalers en selfstandige burgers van die Here se Koninkryk.

Opbrengs vir die Instituut vir Dowes R2099.35.  Baie dankie hiervoor.

3.  Aanstaande Sondag 20 Sept:

Die oggend is ‘n gesamentlike Kinderdiens in die kerk waartydens kinderdankoffers opgeneem word.

Die aand is ‘n Orreluitvoering om 16:30 aangebied deur Winand Grundling en Johann Enslin.

Neem Kennis – Die jaarlikse Matriekafskeidsdiens, is verskuif na 18 Oktober 2009 om 18:30 in ons Gemeente.  

 4.  WOEKERPROJEK

Ons begin ‘n WOEKERPROJEK t.b.v ons Oortrokke Bankrekening.  Ons nooi almal om deel te neem, saam te werk en saam te gesels.  U kry ‘n koevert met R10 in waarmee u moet woeker.  U moet dan ASB!! R200 of MEER terugbring na die Kerkkantoor voor 30 November 2009

Koeverte is vandag beskikbaar in die Moederskamer en vanaf môre by die kerkkantoor.

5.LIEF EN LEED ...

Verjaardae van ons mees senior lidmate:    

Mev Sue Fryer (Jacominehof 8)  Vandag!!

Mej Stiena Groenewald (Aandskemering) 14 September

Mev Beatrix Woeke en Mev Rina Jordaan (Aandsk) 15 Sept

Mnr Andries Liebenberg (Aandsk) en Mnr Wynand Beukes (Sarel Cillierstr 49) albei verjaar op 19 September.

Van harte geluk, seën en vrede word u toegebid!!

Voorbidding:

Dink asb ook in u voorbidding aan die Sending aan Melaatses.

Mev Rina Benade (Lippizanerstr 2) was in die Hospitaal.

Mev Isabel Theunissen (Reservoirstr 4) was in die Hospitaal.

Jacques en Anneke Viviers(De Molen 16)se seuntjie JW, is in Paarl Medi-Kliniek

Mev Tiekie Theron (Meulstr 8) se skoonsuster is oorlede.

Ons innige meegevoel aan die familie. Mag die Here julle krag en vrede gee in hierdie hartseer tyd.

Leraar wat Sondag 20 September die erediens waarneem:

Oggenddiens : Ds Friedrich Claassen

(Tema:“Nuwe Harte Gee om”)

6.    PROGRAM VIR DIE WEEK …         

Maandag 14 Sept 19:00   Kooroefening

Wyksbidure          

Woensdag 16 Sept                                    

Weswyk  19:00   Wes 5 (Diak Kotze) Soos gereël in die Wyk

Ooswyk  19:00   Oos 8/9/10 (Oudl Retief ) by Dr en Mev Johan Faasen, Skoolstr 26

19:00  JB-Groep

Donderdag 17 Sept

Suidwyk 19:00  Suid 14/15 (Oudl Kellerman) by Mnr & Mev Matthysen, Prospectstr 11

Vrydag 18 Sept  09:00   Gebedsgroep – Skoolstr 35

7.  Bedanking – Ringsitting

Ons wil baie dankie sê aan al die dames wat behulpsaam was met die skink van die tee, voorbereiding en bedienning van die etes gedurende die Ringsitting op 6 en 7 September.  Soos met alle funksies was alles weer uit die boonste rakke.  Baie dankie.

8.  Die AVONTUURKAMP vir G.10 en 11-leerders vind o.l.v. Ds Friedrich Claassen vanaf 23 – 28 September by die Biedouw-Vallei plaas. Ons benodig vrugte, groente, melk, joghurt of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak Ds Friedrich Claassen by 087 807 7770.

9.  Finalejaar Katkisante kamp

Vanjaar se kamp vind plaas 16-18 Oktober 2009. Ons benodig nog vleis, melk, vrugte, groente of enige ander kos en lekkernye vir die naweek. Kontak asb vir ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.

10.   Beradingskursus : Opvolg

Al die lidmate wat die afgelope 3 jaar reeds die eerste kursus  “Beradings-vaardighede: vaardighede vir die vertel en herskryf van verhale” bygewoon het, word uitgenooi na die opvolgkursus, Module 3:  Nagedink oor God in mense se lewensverhale

 Die doel van hierdie module is:

v  Om na te dink oor God in Lyding:

v  Om 'n openheid vir verskillende godsbeelde te ontwikkel en uit te bou

v  Om na te dink oor eie godsbeelde

v  Om blokkasies in mense se verhouding met God te verstaan

v  Om nuut ontdekte godsbeelde deel te maak van my verhaal

v  Om beraders te help om saam met mense te soek na God in hulle lyding.

Die koste beloop slegs R20 vir die materiaal.

Datum: 19 Sept 2009 om 8:00 to 13:00 in die kerksaal.

Skryf asb in voor die 16 September 2009 by die kerkkantoor, of skakel vir Ds Gert of Anita Hattingh by 022 487 1539.

11.     Tekste vanuit die Leesrooster vir die week 13 Sept – 19 Sept

Fokusteks:   Mark 8:27-38

Ander tekste:  Spr 1:20-33;  Ps 19;  Jes 50:4-9a;  Ps 116:1-9;  Jak 3:1-12

12.Orreluitvoering deur Winand Grundling en Johann Enslin

Winand Grundling en Johann Enslin is twee baie vaardige orreliste by onderskeidelik die Wellington-Oos en Wellington-Noord gemeentes.  Hierdie twee jong manne kom hou ‘n orreluitvoering op ons orrel op 20 September 2009 om 16:30.  Daar gaan ook ‘n kort voorprogram aangebied word deur van ons plaaslike talent.  Die kaartjies is R30 en is beskikbaar by die kerkkantoor 022 48-22411 en by Carina Zöllner – 083 560 9849.

13. Ons benodig dringend ‘n stofsuier vir die Kerk.  Indien iemand hiermee behulpsaam kan wees, kontak asb die Kerkkantoor by 022 48-22411. Baie dankie.

14.   Borg ‘n toebroodjie

Ons beleef tans een van die moeilikste ekonomiese tye sedert 1970. Voedselnood raak ‘n al groter realiteit.  Die gevolge hiervan word al meer sigbaar en as Kerk van Christus kan ons nie toe kyk sonder om ‘n verskil te probeer maak nie.  Dit het onder ons aandag gekom dat daar soms nie brood in ‘n huis is om vir ‘n kind ‘n toebroodjie skool toe in te sit nie.  Hier kan ons ‘n verskil maak!  As jy kan, wil jy nie asb vir jou kind ‘n ekstra toebroodjie in sit skool toe nie?  Op hierdie manier kan jou kind vir ‘n maatjie, wat nie ‘n toebroodjie het nie, ‘n toebroodjie aanbied.  Kom ons maak ‘n wêreldse verskil vir iemand!!  Indien u self of u weet van iemand wat nood het, kontak asb. een van die leraars.  DIT SAL VERTROULIK HANTEER WORD.  Dankie.

 

15.   EREDIENSTYE vanaf 1 Januarie 2010

Die Kerkraad het op Donderdag 20 Augustus 2009 die volgende besluit geneem:

Die Eredienstye van 2009 wat om 09:00 begin het, was slegs vir ‘n proeftyd van ‘n jaar.  Na evaluering van die tyd het die Kerkraad besluit dat Eredienstye vanaf 1 Januarie 2010 na 09:30 verander.  Die Kerkraad is van mening dat 09:30 vir NG Gemeente Swartland en die gemeenskap van Malmesbury, die mees geskikte tyd is. 

Om in die proses na Lidmate te luister, word daar aan lidmate die geleentheid gegee om per brief te reageer op besluite van die Kerkraad.  Hulle kan alle korrespondensie aan die Voorsitter van die Kerkraad rig.

Baie dankie vir u begrip en volgehoue ondersteuning.  SAAM WERK ONS GRAAG IN GOD SE OESLAND, om as ‘n Geesvervulde gemeente die wil van die Here ten volle uit te leef en om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.

16. PASTORALE SPREEKKAMER:  Wil jy dalk met iemand gesels? Die lewe stel aan ons almal eise wat soms te veel raak.  Kontak Ds Friedrich by 087 807 7770/ 082 521 4211 vir ‘n afspraak.  Woensdae 09:00 tot 12:00 en Donderdae 09:00 tot 12:00.

 17. Borgskappe vir kalender van 2010: U word genooi om u sake-onderneming teen ‘n borgskap van R750,00 op ons kalender vir aanstaande jaar onder aandag te bring.   Die borgskap van September by die kerkkantoor ingedien word. tesame met ‘n voorbeeld van die inligting wat u wil plaas, moet asb voor die einde

 18. Almal wat belangstel om na ‘n besige kwartaal weg te breek:  ‘n Gemeente in die Kaap, nooi ons uit om saam op die Oranjerivier te roei 27 Sept – 2 Okt.  Skakel asb ds Johan O’Kennedy by 022 48-21231.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 13 Sept 09
schoemans-chartered-accountants die-courant