@ at Malmesbury Business Directory

at-malmesbury-business-directory-logo

search-google 

NG Gemeente Swartland 13 Mrt 2011

swartland-ng-kerk
ONS ROEPING
Ons werk graag in God se oesland
Om as Geesvervulde gemeente die wil van die Here uit te leef
Om die gemeente en die gemeenskap Christelik te versorg en te ontwikkel.
Program van die week
Sondag 13 Maart 2011
09:30 Erediens - Ds Johan O’Kennedy
Geen Kinderkerk a.g.v. LSS se Kermisdiens om 09:30

Gr 7-11 kategese direk na erediens - 11:30

18:00 Diens by Aandskemering - Ds Johan O’Kennedy

Spes Deurkollekte: Murray Kinderhuis

Opbrengs: Indiërsending - R1308.25

Lofprysing met Jan de Wet by Swl-Noord is gekanselleer

Volgende Sondag 20 Maart 2011

09:30 Erediens - Ds Friedrich Claassen

Geen Kinderkerk en Gr 7-11 Kategese

Spes. Sin Deurkollekte:  Eljada Sentrum

Maandag 14 Maart 2011

Kooroefening - 19:00

Wyksbidure

Suidwyk 1/2/3 en Slotwyk

Bidure in bogenoemde 2 wyke is geskuif na Dinsdag 22 Maart

Woensdag 16 Maart 2011

Weswyk 6

Mnr en Mev Johan McKinnon, Weststr 4 om 19:00

 Nuwe Intrekkers

Baie welkom!! Ons wens u ‘n geseënde tyd in ons gemeente toe. Vul asb. vir ons die vorm vir nuwe intrekkers by een van die ingange in. Plaas dit in die houers of in die kollektesakkies.

Dankoffer-inbetalings

Vind u dit makliker om elektroniese oorbetalings te maak of per debietorder u maandelikse bydrae te gee?

Hier volg ons bankbesonderhede:

NG Kerk Swartland

ABSA-Malmesbury

Tjekrek: 380 580 039

Taknr: 632005

Ons debietordervorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

JB-Groep (Jong belydende)

Alle werkende jongmense word hartlik uitgenooi na die JB byeenkomste Woensdae om 19:00 by die kerksentrum. Ds Friedrich besoek Woensdag die JB-Groep

Projekte

Die ACVV Dienssentrum en Speelkasteel hou hul jaarlikse pretloop en braai op 31 Maart 2011. Indien u belangstel om etekaartjies te koop, kan u mev Steyn by 022 482 2245 of mev Van der Merwe by 022 482 3742 skakel.

KOMMISSIE MARKDAG!!!

Die organiseerders van die markdag dra hul opregte dank en waardering oor aan elkeen wat by die markdag betrokke was – almal wat gehelp het, diegene wat bygedra het, almal wat na die markdag toe gekom en dit ondersteun het – sonder julle sou die mark nie kon plaasvind nie. ‘n Goeie bedrag van R17 400,00 is ingesamel.

TIENERBEDIENING

Ons benodig nog kleingroepleiers. Hierdie is nie alleen ‘n bedienings-geleentheid nie, maar ook ‘n geleentheid om geestelike te groei. Kom word deel van ‘n Span wat ons tieners begelei om Jesus as Verlosser te ontdek, aan te neem en voluit vir Hom te lewe. Persone wat betrokke wil raak by die Tienerbediening op Sondae na kerk kan vir Ds Friedrich kontak (082 521 4211).

‘n Jong man, wat voorheen in ons dorp gewoon het en vir die afgelope paar jaar in die gevangenis hier was, kom binnekort uit en gaan dan tydelik by ‘n nagskuiling in die Kaap tuis. Hy het GEEN besittings nie. Hy benodig dringend no.38 jean en ‘n kleresak (reissak). Ander kerke in ons dorp is ook betrokke vir hulp. Indien u kan help, kontak asb die kerkkantoor 022 482 2411. Baie dankie

Liewe gemeente

Ons beleef ‘n baie geseënde jaar saam met die Here en die kinders van ons gemeente. Daar is tans 230 kinders wat elke Sondag bedien word met die Woord van God. Ons het ‘n wonderlike span van klein- en grootgroepleiers. (+-35 mense) wat elke Sondag pligsgetrou by hierdie bediening betrokke is.

Om die kinders effektief te kan bedien, het ons tans ‘n groot behoefte aan ten minste 6 volwassenes om ons te kom help by die gr 1-3 kinders. Is jy dalk een van hierdie bevoorregtes? Bel vir Erika 082 718 1915 of Frans 082 460 7593 sodat jy kan deel word van hierdie lewensveranderende bediening. Indien u sou belangstel word u hartlik uitgenooi om ons volgende byeenkoms by te woon.

Baie dankie - Frans Meintjes.

GEBEDSBLAD

Ons dink aan ons gemeente

  • Lammie en Roulé Smith, Hillstr 28 - se seun Ethan herstel na  armbreuk

  • Alfie Steyn was in Panorama Medi-Kliniek

  • Celia Swartz, Amandelrug 3 – sterk tuis aan na operasie

  • Dr Gerrit en Helena Higgo, vorige leraar – hul dogter, Riëtte, oorlede

Verjaarsdae van ons mees senior lidmate:

Me Ella Moller, Aandsk,  18 Mrt

Me Tokkie Esterhuyse, Moorreesstr, 18Mrt

Seënwense word u toegewens. Baie geluk

Tekste vir die week:13 Maart - 19 Maart 2011

Fokusteks: Matt 4:1-11

Ander tekste: Gen 2:15-17, 3:1-7; Ps 32; Rom 5:12-19

Fokusteks - 20 Maart: Matt 17:1-9

Staanwaaier gesoek:

Die senior kinderkerk het by een van ons gemeentelede ‘n groot staanwaaier geleen om tydens die warm maande te gebruik . Hierdie staanwaaier is egter tans nie meer by die kerksentrum nie, maar ons benodig dit dringend. As iemand dalk weet waar die waaier is, kan jy asb die kerkkantoor of die koster, Huibrecht, skakel. Tel.022-482 2411. Baie dankie

‘n Spesiale kerkraads-vergadering word gehou op

17 Maart 2011 om 19:00 in die kerksentrum. Dié vergadering is vir AL die lede van die verkleinde kerkraad. Ons wil die gemeente versoek om voorbidding te doen vir hierdie vergadering waartydens ‘n nuwe leraar vir die gemeente beroep gaan word.

Vrywilligers wat graag by Aandskemering wil help met voorlees vir verswakte bejaardes, word gevra om vir Vivien Saayman by 022 482 1466 te skakel.  Dit word baie waardeer. Baie dankie

Die Gholfdag van 14 April is uitgestel tot verdere kennis. Opgraderings aan die baan word in daardie tyd gedoen.

GRAAD 7 TIENERBEDIENING KAMP

25-27 MAART 2011

’n Kamp vir Graad 7 word vanaf 25-27 Maart 2011 te Bainskloof beplan.  Jy  sien seker al lankal daarna uit om net ‘n bietjie weg te breek. ’n Kamp spesiaal vir jou. Daarom wil ek jou nou alreeds daaraan herinner en vir jou ouers vra om jou plek vir hierdie onvergeetlike naweek te bespreek.

Omdat dit ’n Tienerbediening kamp (Kategese Kamp) is sal dit lekker wees as al die Graad 7’s dit kan bywoon. Die kinders van NG Swartland Noord word ook na die kamp uitgenooi. Ons vertrek per bus DV op Vrydag 25 Maart om 3:00 nm vanaf Hoërskool Swartland se Meisieskoshuis. Ons is weer terug op Sondag 30 Januarie om 12 :00 nm by die Meisieskoshuis.

Bring asb. die volgende saam:

1. Beddegoed (slaapsak, laken, kussing)

2. Eetgerei (bord, beker, mes, vurk, lepel, ens) en ʼn afdroogdoek.

3. Klere

4. Swemklere

5. Jou Bybel en pen/potlood

6. R300,00 vir kampgeld

7. Toiletware

Sien jou by die kamp

Ds. Friedrich Claassen

Inskrywingsvorms is in die vakkies by die deure beskikbaar.

Inskrywings vir die Kamp sluit Sondag 20 Maart 2011.

NS:  As enige van julle ouers dalk vir ons kan help met vleis, vrugte, melk, ens. sal ons dit waardeer. Skakel  asb. voor Maandag 21Maart 2011 vir Ds Friedrich (082 521 4211) as julle hiermee kan help.

As jy die Passie het om met Jongmense te werk het die Tienerbediening jou nodig. Kom kamp saam en werk so in God se Oesland. Die belewenis van hulle wat by die bediening betrokke geraak het is: “Deur te gee, ontvang in oorvloed terug.”

‘n Getroude man en vrou sonder kinders en wat by ons lidmate is, woon op die oomblik in die Nagskuiling. Iemand wat kan help met huisvesting vir hulle, skakel asb die kerkkantoor, 022-482 2411.

You are here: Church NG Gemeente Swartland 13 Mrt 2011
schoemans-chartered-accountants die-courant